RSG Landbou Archives
The RSG Landbou Archive. Right click on the audio and select Save As. This allows you to download the sound clip to your device.
2026 Archive
Vrydag, 3 Julie 2026
Pogings word voortgesit om bek-en-klouseer die nekslag toe te dien. Noue samewerking tussen boere, veeartse en die regering is besig om vrugte af te werp. Die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, bring ons op hoogte van die stand van sake. Ons hoor wat alles in die jongste uitgawe van die gratis landboutydskrif, Agriprobe, gelees kan word. Die wynmaker by De Grendel, Morgan Steyn, praat oor die waarde van mentorskap in die landbou.
Saterdag, 4 Julie 2026
Ons vier ons die Vroue Landbouvereniging. Het jy geweet dat talle vroue buite die landbousektor by hulle aansluit, deels om eendersdenkende vroue se humanitêre hulpverleningpogings te steun?
Vrydag, 10 Julie 2026
Thuynsma, bestuurder van Brandondersteuningsdienste by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, het onlangs sy 40ste diensjaar in brandbestryding gevier. Hy verduidelik dat daar onlangs ‘n aanpassing gemaak is wat verband hou met die uitreik van permitte. Die Jack Human Bewaringslandbouweek word van 5 Augustus af aangebied. Ons vind uit waarna produsente en belanghebbers kan uitsien.
Saterdag, 11 Julie 2026
Ons klink ‘n glasie op die ontwikkeling van alkoholvrye wyn. Dié wêreldwye tendens word tans nagevors, met Suid-Afrika aan die wetenskaplike voorpunt. Ineke Herholdt is op ouderdom 24 doenig met haar doktorale studies wat te make het met mondgevoel. Wessel du Toit is ‘n vol professor in wynkunde by die departement wingerd en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is onlangs deur die Kaapse Wynmeesters aangewys as Wynpersoonlikheid van die jaar.
Vrydag, 16 Julie 2026
Saterdag, 17 Julie 2026
Vrydag, 23 Julie 2026
Saterdag, 24 Julie 2026
Vrydag, 30 Julie 2026
Saterdag, 31 Julie 2026
Vrydag, 6 Augustus 2026
Saterdag, 7 Augustus 2026
Vrydag, 13 Augustus 2026
Saterdag, 14 Augustus 2026
Vrydag, 20 Augustus 2026
Saterdag, 21 Augustus 2026
Vrydag, 27 Augustus 2026
Saterdag, 28 Augustus 2026
Vrydag, 6 September 2026
Saterdag, 7 September 2026
Vrydag, 13 September 2026
Saterdag, 14 September 2026
Vrydag, 20 September 2026
Saterdag, 21 September 2026
Vrydag, 27 September 2026
Saterdag, 28 September 2026
Vrydag, 3 Oktober 2026
Saterdag, 4 Oktober 2026
Vrydag, 10 Oktober 2026
Saterdag, 11 Oktober 2026
Saterdag, 17 Oktober 2026
Saterdag, 18 Oktober 2026
Saterdag, 24 Oktober 2026
Saterdag, 25 Oktober 2026
Vrydag, 1 November 2026
Saterdag, 2 November 2026
Vrydag, 8 November 2026
Saterdag, 9 November 2026
Vrydag, 15 November 2026
Saterdag, 16 November 2026
Vrydag, 22 November 2026
Saterdag, 23 November 2026
Vrydag, 29 November 2026
Saterdag, 30 November 2026
Vrydag, 5 Desember 2026
Saterdag, 6 Desember 2026
Vrydag, 12 Desember 2026
Saterdag, 13 Desember 2026
Vrydag, 19 Desember 2026
Saterdag, 20 Desember 2026
Vrydag, 26 Desember 2026
Saterdag, 27 Desember 2026
Vrydag, 2 Januarie 2026
Marline Burger, kuddebestuurder van die Percheron-perdestoet by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, gesels oor die herkoms van dié diere, en hedendaagse boere wat steeds sin daarin het om hulle as werksperde op plase in te span. Sy bespreek ook die melkkudde se bestuur op die Elsenburg-navorsingsplaas buite Stellenbosch. Dr. Ronald Heath, direkteur van navorsing en beskerming by Bosbou Suid-Afrika, praat oor die gebruik van hommeltuie in die bosboubedryf.
Saterdag, 3 Januarie 2026
Wat weet jy van merries en hingste? Die Percheron is ‘n dier wat homself al eeue lank bewys het as ‘n beeldskone lewende standbeeld. Wanneer jy hoor wat telers vir hierdie perde vra, besef jy gou dat trou nie sommer duurder as perdekoop is nie.
Vrydag, 9 Januarie 2026
Dr. Mike Ferreira’n ‘n spesialiswetenskaplike by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, praat oor die jongste verwikkelinge met buffergewasse, biomassa-deklae en beheermaatreëls met onkruidbestryding. Wian Smith, ‘n seniorgewasadviseur, gesels oor die voorkoms en bekamping van rooispinnekop.
Saterdag, 10 Januarie 2026
Ons vind meer uit van kunsmatige intelligensie-toepassings wat van waarde vir produsente kan wees. Ferdie Endemann, ‘n landbouvoorligter in akwakultuur, verduidelik hoe om die ouderdom van reptiele te bepaal, aan die hand van krokodille en skilpaaie wat al ouer as 120 jaar is.
Vrydag, 16 Januarie 2026
Prof. Willem Landman van die Universiteit Pretoria werp lig oor wat die res van die somerreënseisoen vir Suid-Afrika inhou. Prof. Johan Fourie van die Departement Ekonomie by Universiteit Stellenbosch beklee die leerstoel vir ekonomie, geskiedenis en beleid. Hy is ook skrywer van die boek, SKATRYK: WAAROM ONS BETER LEEF AS ONS VOORSATE. Hy beskryf die unieke bewysbare eienskappe van Suid-Afrikaanse boere. Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika se Sitrus Sekondêr-program skep ‘n geleentheid vir leerders om ‘n reeds erkende plantproduksie-kwalifikasie op hoërskool te behaal.
Saterdag, 17 Januarie 2026
Marline Burger is kuddebestuurder van die Percheron-perdestoet by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Sy vertel die storie van die eerste virtuele perdeskou waarby sy betrokke was. Sou dit jou droom wees om met perde te boer, het Marline bruikbare wenke oor kursusse in dié verband.
Vrydag, 23 Januarie 2026
Ná onlangse brande in die Franschhoek-omgewing vind ons uit wat die uitwerking op veral wyndruiwe en produksieprosesse is. Die keldermeester by La Motte, Edmund Terblanche, verduidelik ook waaraan vanjaar se vroeë oes toe te skryf is. Andrew Hofmeyr van die Stigting vir Persone met Gestremdhede verduidelik hoe die insluiting van persone met gestremhede in landbou nie ‘n bysaak is nie. Dit lê op die kruispunt van armoedevermindering, voedselsekuriteit, innovasie en klimaatsveerkragtigheid.
Saterdag, 24 Januarie 2026
Jannie Strydom, die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, het die jongste nuus oor bek-en-klouseer. Hy praat ook oor die Wes-Kaap se damme, en verduidelik hoe gebeure buite die landsgrense plaaslike boere raak.
Vrydag, 30 Januarie 2026
Die afgelope ry-gewasseisoen sal onthou word as een waarin wisselvallige en ongewone reënval produsente in sekere produksiegebiede gedwing het om vinnig aan te pas. Volgens ry-gewas-spesialis, Gerrie Ludick, is dit juis nou die tyd vir produsente om terug te kyk én vooruit te beplan. Die Reisende Klaskamer is ‘n skool wat na kinders toe gaan. Twee mobiele rekenaar- en biblioteekklaskamers reis deur die wynlande en besoek 19 laerskole op ‘n tweeweeklikse basis. Ree du Toit vertel van hierdie inisiatief, wat onlangs ‘n internasionale toekenning ontvang het.
Saterdag, 31 Januarie 2026
Shannon Robertson van die Boschendal-wynlandgoed is die Wes-Kaap se Landbouwerker van 2025. Dié toekennings word jaarliks deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou aangebied. Landbouwerkers word in 11 afdelings vereer, nie net vir hulle bydrae tot die landboubedryf nie, maar ook vir hulle eie unieke bydrae tot ‘n gesonde werksomgewing op hulle plase. Shannon is die jongste wenner in die geskiedenis van die kompetisie.
Vrydag, 6 Februarie 2026
Die Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnolgie-ontwikkelingsdienste by die Departement Landbou Wes-Kaap, dr. Filicity Vries, vertel waarna boere in 2026 kan uitsien met KI-toepassings. Veekundige dr. Chris de Brouwer praat oor die verantwoordelikhede van veeartse en veekundiges. Hy verduidelik ook die waarde van vrugbaarheid in vleisbeeskoeie.
Saterdag, 7 Februarie 2026
Dr. Willem Botha is die uitgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hy verbreed ons landbou-leksikon, enhoor watter Afrikaanse woorde en uitdrukkings hulle bestaan te danke het aan landbou.
Vrydag, 13 Februarie 2026
Die hoof van Agri Wes-Kaap, Jannie Strydom, praat oor belangrike datums op die landboukalender. Hy benadruk ook die rol van naspeurbaarheid in die konteks van bek-en-klouseer. Bertus Myburgh, ‘n navorsingstegnikus by die Outeniqua-navorsingsplaas, vertel van die Anguskudde op die plaas, en die navorsing wat verband hou daarmee.
Saterdag, 14 Februarie 2026
Ons ontmoet ‘n jong landbouleier met ‘n hart vir diere en ‘n oog op die toekoms. In ons Valentynsdag-uitgawe hoor ons ‘n landbouliefdesverhaal. Shannon Robertson is ‘n assistent lewendehawebestuurder by die Boschendal-wynlandgoed. Die belangrikste lesse wat sy in haar lewe geleer het, verewig sy as tattoeëermerke op haar linkerarm. Sy gesels oor haar landboudrome.
Vrydag, 20 Februarie 2026
Dr. Albert Strever, hoof van die Departement Wingerd en Wynkunde by die Universiteit Stellenbosch, praat oor studenteopleiding in landbou – van spesialiste in dissiplines tot veerkragtigheid in ‘n moderne werkplek en in industrieë met uitdagings. Hy vertel hoe universiteitsopleiding moet aanpas by die werkplek van die toekoms.
Saterdag, 21 Februarie 2026
In ‘n spesiale aflewering van RSG Landbou vier ons boere-humor – sêgoed en staaltjies oor Suid-Afrikaanse plase en die mense wat daarop woeker. Ons stel ondersoek in na idiome met ‘n landbouherkoms, van ‘n kapokhaan tot ou koeie in die sloot.
Vrydag, 27 Februarie 2026
Professor Stephanie Midgley, spesialiswetenskaplike in klimaatsverandering by die departement van landbou in die Wes-Kaap, was ’n spreker by COP, die VN se konferensie oor klimaatsverandering. Sy praat oor die moontlike implikasies vir Suid-Afrika sou reënwoude in die tropiese gebiede van Suid-Amerika tot niet gaan. Ná ‘n onlangse sneeustorting in Kalifornië vind ons ook uit of sneeustortings as natuurramp geklassifiseer word.
Saterdag, 28 Februarie 2026
In ‘n snel veranderende landbou-omgewing is daar heelwat uitdagings waarmee boere te kampe het. Hoe verstaan ons die rol van private veearste in die huidige voorkoms van bek-en-klouseer? Hoe maak ons sin van beleggingsgeleenthede en die belofte van groei? Daneel Rossouw, hoof van verkope in landbou by Nedbank, werp lig op die kwessies.
Vrydag, 6 Maart 2026
Word kurrikulums aangepas en hersien weens die huidige voorkoms van bek-en-klouseer? Marietjie Cornelissen, adjunkdirekteur van kwaliteitsbestuur by die Elsenburg Landbou Opleidingsinstituut, praat hieroor.
Saterdag, 7 Maart 2026
Wilfred Fortuin is aangewys as die wyn-agriwerker van die jaar deur die departement van landbou in die Wes-Kaap. Op ouderdom 31 het hierdie kelderassistent hom reeds gevestig as leier en mentor in die bedryf. Hy ag sy ouers as sy rolmodelle, en leef daarvoor om ‘n verskil in die lewe van ander te maak. Sy grootste droom is om self wynmaker te wees.
Vrydag, 13 Maart 2026
’n Onlangse uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof sê dat produsente slegs sekere beperkte landboumiddels mag aankoop en aanwend sonder om as plaagbeheeroperateurs geregistreer te wees. Dit plaas die kollig op verantwoordelikheid in die landbouwaardeketting. Veekundige dr. Chris de Brouwer praat oor langlewendheid en moedereienskappy by vleisbeesrasse. Ons vind ook uit wat ‘n kalfie-kleuterskool is.
Saterdag, 14 Maart 2026
Dr. Jeanne Brand, ’n dosent in wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, is een van twee navorsers in die land wat protokolle vestig oor die inspan van viervoetnatneuse wat nuttige take op plase verrig. Ons vind ook uit hoe wynterminologie meer verstaanbaar gemaak word deur kunsmatige intelligensie, op ‘n eg Suid-Afrikaanse manier.
Vrydag, 20 Maart 2026
Die winsgewende verbouing van koring kom onder die soeklig. Ons bespreek die funksie van korter rotasies, met ‘n verduideliking waarom produsente liefs nie canola op canola moet plant nie. Kunsmis in korter rotasiestelsels, asook die plantdatum en blomdatum van canola, is iets waarvan navoringstegnikus Piet Lombard heelwat weet.
Saterdag, 21 Maart 2026
Ons ontmoet Livingstone Stanley. Hy is ‘n geliefde landbouleier, en glo in generasionele oordrag van kennis. Hy is ook hoof by die Breerivier Bottelerings koöperasie. Hy verduidelik waarom landbou in Suid-Afrika ‘n blink toekoms het.
Vrydag, 27 Maart 2026
Professor Johann Strauss van die departement van landbou in die Wes-Kaap werk op uiteenlopende stelselproewe waar verskillende gewasrotasies getoets word. Hy praat oor die inspan van biostimulante en navorsing wat in dié verband gedoen word.
Saterdag, 28 Maart 2026
Daneel Rossouw, hoof van verkope in landbou by Nedbank, praat oor die aanwending van skuld, en hoe om groei te finansier. Hy praat ook oor tariefverhogings en die ontwrigting van wêreldmarkte.
Vrydag, 3 April 2026
Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, dr. Ivan Meyer, sluit by ons aan met ‘n belangrike boodskap oor bek-en-klouseer en die vervoer van diere oor die Paasnaweek.
Saterdag, 4 April 2026
Ons vier boere-humor. Ons stel ondersoek in oor idiome met ’n landbouherkoms – van “‘n gegewe perd in die bek bek kyk” tot “varkies op hok”, saam met dr. Willem Botha, uitgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Vrydag, 10 April 2026
Suid-Afrikaners drink jaarliks 3,5 miljard koppies rooibostee. Dié inheemse tee het onlangs ‘n verskyning gemaak in ‘n bekende reeks op Apple TV+. ‘n Geleentheid vir vroue in die landbou-waardeketting vind eersdaags in die Suid-Kaap plaas. Die Sy Wat Bly-samekoms word georganiseer deur twee vroue landbou-entrepreneurs.
Saterdag, 11 April 2026
Ons vind meer uit van die navorsing wat tot dusver gedoen is alkoholvrye wyn. Soos die internasionale vraag daarna verhoog, is Suid-Afrikaanse landboutegnici op die voorpunt van nuwe produkontwikkeling. ‘n Kunsmatige intelligense-toepassing is ook onlangs bekendgestel om reuk- en smaakbeskrywings soos ‘perske’ of ‘vanielje’ netjies te koppel aan natuurlike plaaslike terme is ses van ons amptelike tale. ‘n Dosent in wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, dr. Jeanne Brand, verduidelik.
Saterdag, 17 April 2026
Senior multimediajoernalis by Landbouweekblad en landbou.com, Alani Janeke, verduidelik waarom die oprigting van weerstasies op plase in Suider-Afrika belangrik is. Nie net word mikroklimate ontleed nie, maar boere span dit ook in vir veiligheid. Slakke veroorsaak op die oomblik ernstige probleme vir boere. Navoringstegnikus by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Piet Lombard, verduidelik jy met sukses van sowel die naakslak as die dopslak ontslae kan raak.
Saterdag, 18 April 2026
“O, die donkie is ‘n wonderlike ding,” sing Chris Blignaut in sy bekende liedjie van 1969. In wese is die donkie ook ‘n dier met ‘n wil van sy eie. Shannon Robertson is assistentlewendehawe-bestuurder by die Boschendal-wynlandgoed. Sy vertel van die suksesvolle reddingspoging om nie net die donkies, maar al die ander diere op die plaas, na veiligheid te bring tydens die brande in Franschhoek, wat in Januarie vanjaar verwoesting gesaai het.
Saterdag, 24 April 2026
Veekundige van Kaapstad, dr. Chris de Brouwer, praat oor die onderhoudsbehoefte van vleisbeesrasse, en sy liefde vir veral Nguni’s. Die saadhandelsmerk, Croplan®, wat wêreldwyd met hoëprestasie-genetika en uitgebreide proefdata geassosieer word, is eersdaags plaaslik beskikbaar. Die eerste kultivar in die reeks is ’n witmielie wat oor die afgelope paar jaar op proefpersele en produsente se plase geëvalueer is, en binnekort by die 2026 NAMPO-oesdag vertoon sal word.
Saterdag, 25 April 2026
Ons kyk na voedselveiligheid in ‘n tyd van verhoogde brandstofpryse en stygende lewenskoste. Pieter Gouws, ‘n professor in voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch se Department Voedselwetenskap en direkteur van die Sentrum vir Voedselveiligheid, praat ook sake wat verband hou met vervaldatums op kosverpakking.
Vrydag, 1 Mei 2026
Professor Stephanie Midgley, ‘n spesialiswetenskaplike in klimaatsverandering by die departement van landbou in die Wes-Kaap, was onlangs by ‘n konferensie oor besproeiing in Australië. Professor Johann Strauss is sinoniem met bewaringslandbou in Suid-Afrika. Hy werk op uiteenlopende stelselproewe, waar verskillende gewasrotasies getoets word. Wêreld Sauvignon Blanc-dag word op 1 Mei gevier. Elunda Basson, die voorsitter van Sauvignon Blanc SA en keldermeester by Steenberg Vineyards, verduidelik waarom dié dag ‘n belangrike een is op die kalender vir sowel produsent as verbruiker.
Saterdag, 2 Mei 2026
Dr. Willem Botha, die uitgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, praat oor idiome met ‘n landbouherkoms, soos IN DIE WIELE GERY WORD en WYSHEID IN DIE KAN. Ons leer ook meer van die Afrikaanse digter en skrywer. Boerneef. Daneel Rossouw, die hoof van verkope in landbou by Nedbank, vertel van opwindende nuwe loopbaangeleenthede in die landbou.
Vrydag, 8 Mei 2026
Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria werp lig oor die voorspelling van ‘n komende El Niño-seisoen, ook in terme van somergewasse. Pieter Gouws, ’n professor in voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch se department van voedselwetenskap, vertel van nuwe loopbaangeleenthede in dié veld. Angus McIntosh van die plaas, Spier buite Stellenbosch in die Wes-Kaap, het ‘n video geneem van sy seun Hamish wat vir die trop Loumousin/Red Angus saksofoon speel. Die uiteinde van die eksperiment was verhoogde produksie by melkkoeie.
Saterdag, 9 Mei 2026
Die Straat van Hormoes is ‘n smal seestraat wat die Persiese Golf met die Golf van Oman verbind. Dit is 55 km wyd. Gegewens oor die sluiting daarvan dra by tot ‘n toename in brandstofkoste. Louw Pienaar, ‘n senior landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat oor die geopolitiek, wat Suid-Afrikaanse produsente vandag beïnvloed.
Vrydag, 15 Mei 2026
Die evolusie van biodiversiteitswetenskap in ‘n Afrika-konteks, is ‘n onderwerp waaroor professor Guy Midgley graag gesels. Hy is direkteur van die skool vir klimaatsudies aan die Universiteit Stellenbosch. Om meer te produseer met minder risiko, is die doel van ‘n weerstasie-ontplooiing. ‘n Lid van die uitvoerende adviesraad van ‘n projek wat dit ten doel het, dr. Ilse Trautmann, verduidelik. Wilfred Fortuin is aangewys as die wyn-agriwerker van die jaar deur die departement van landbou in die Wes-Kaap. Dié jong kelderassistent was deel van ‘n uitruilprogram na Frankryk.
Saterdag, 16 Mei 2026
Ons stel ondersoek in na nuwe kultivarontwikkeling. En, die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 hou bepaalde voordele vir Suid-Afrikaanse boere in.
Vrydag, 22 Mei 2026
Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad verwelkom die aankondiging van tariefvrye toegang vir rooibos-uitvoere na China, en beskryf dit as ‘n beduidende geleentheid om die bedryf se globale voetspoor uit te brei. As die wêreld se grootste teeverbruikende mark, bied China sterk groeipotensiaal vir rooibos, veral namate verbruikers toenemend na premium, kafeïenvrye en gesondheidsgerigte drankies soek. Die afgelope jaar was daar merkbare sielkundige nood onder beesboere weens bek-en-klouseer. Dr. Louise van Coller is ‘n spesialis berader, en stel veral belang in die welstand van mense wat die aarde bewerk. Sy sluit by ons aan met praktiese raad vir boere.
Saterdag, 23 Mei 2026
Catharina Ras word gereken as een van Suid-Afrika se eerste landboupioniers. In 1662 het sy in die Kaap aangeland. Sy was 21 jaar oud, en vermom as ‘n man. Haar lewensverhaal het vele uitdagings en avonture ingesluit. Elunda Basson, die keldermeester by Steenberg Wynlandgoed, vertel Catharina. se storie
Vrydag, 29 Mei 2026
Daar is 45 beesrasse in Suid-Afrika. Ons praat met veekundige dr. Chris de Brouwer oor vleisbeesproduksie, meting, rekordhouding en vleisbeesraamgroottes. Bertus Geldenhuys , ‘n ingenieur en kenner op die gebied van energie-infrastruktuur, praat oor betroubare pasgemaakte stelsels op plase.
Saterdag, 30 Mei 2026
Arie van Ravenswaay van die Wes-Kaapse Departement van Landbou leef aan die voorpunt van tegnologie. Hy glo vas dat die wil om ‘n waardevolle bydrae te maak tot die lewe van mense, sentraal moet staan in enige vorm van kreatiwiteit.
Vrydag, 5 Junie 2026
Professor Stephanie Midgley, ‘n spesialis wetenskaplike in klimaatsverandering, praat oor landbou-aktiwiteite wat met rubberbome in Brasilië verband hou. Joe Swart, ‘n direkteur by die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, verduidelik hoe rooibos aan internasionale markte voorgestel word. Wessel du Toit, professor in Wynkunde by die Departement Wingerd en Wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, is onlangs deur die Kaapse Wynmeesters aangewys as Wynpersoonlikheid van die Jaar.
Saterdag, 6 Junie 2026
Christi van den Heever is drie jaar gelede aangewys as Jongboer van die jaar in die Wes-Kaap. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. Hy tree gereeld op as beoordelaar by jeugskoue. Arie van Ravenswaay van die Departement van Landbou ijn die Wes-Kaap verduidelik hoe hommeltuie as vervoermiddel ingespan word.
Vrydag, 12 Junie 2026
Louis Strydom van Omnia Nutriologie SA praat oor die voorsieningsketting van rou en verwerkte produkte in die vervaardiging van kunsmis, en verduidelik die uitdagings wat op die oomblik in dié verband bestaan. Torsten van Oort, ‘n internasionale digitale bemarkingsbestuurder by ‘n firma wat spesialiseer in oorgrensbetalings, praat oor valutabeheer en -bestuur.
Saterdag, 13 Junie 2026
Agri-Expo is met ’n toptoekenning vir bedryfsinnovasie vereer by die 2026 Wes-Kaap Ekonomie-innovasietoekennings, aangebied deur die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid. Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, bevestig hierdie erkenning die organisasie se verbintenis om mededingendheid te bevorder deur innovasie, samewerking en volhoubare bedryfsontwikkeling.
Vrydag, 19 Junie 2026
Prinses Anne is eersdaags op pad na Suid-Afrika om die Statebond Landboukongres by te woon. Breyton Milford, die hoof van Agri Expo, verduidelik die waarde van die besoek en geleentheid vir plaaslike boere. Ons praat met dr. Chris de Brouwer’n veekundige, oor vleisbeesproduksiestelsels, aangeplante weidings en kuddegesondheid, veral bek-en-klouseer.
Saterdag, 20 Junie 2026
Jannie Strydom, die hoof van Agri Wes-Kaap doen ‘n bestekopname van die eerste helfte van 2026, en bring ons op hoogte van die huidige stand van sake met bek-en-klouseer.
Vrydag, 26 Junie 2026
Jack Human word beskou as die pionier van bewaringslandbou in Suid-Afrika. Hy was 65 toe hy in 2015 ná ’n fratsongeluk op sy plaas oorlede is. Die Jack Human Bewaringslandbouweek word in Augustus aangebied. Professor Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou, vertel waarna produsente kan uitsien. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf dra miljarde tot die ekonomie by, ondersteun werksgeleenthede, lok toeriste van regoor die wêreld en voer wyn uit na meer as 100 lande. Tog gaan een van die belangrikste gesprekke wat die toekoms daarvan vorm, nie net oor wyn nie. Dit gaan oor mense, geleenthede, en om te verseker dat meer Suid-Afrikaners betekenisvol kan deelneem aan die bedryf se sukses. Phil Bowes, bestuurder van inklusiewe groeistrategieë by South Africa Wine, verduidelik.
Saterdag, 27 Junie 2026
Morgan Steyn, wynmaker by De Grendel, is ‘n jongman wat hom uitleef met behulp van tydvereerde tegnieke. Op 32 het landbou hom ‘n paspoort na die wêreld gegee. Al die internasionale uitnodigings wat hy kry, is ’n bewys van sy kundigheid.