RSG Landbou Archives
The RSG Landbou Archive. Right click on the audio and select Save As. This allows you to download the sound clip to your device.
2023 Archive
Vrydag, 6 Januarie 2023
Boere en bewaringsmense in die Karoo is bekommerd oor die skielike vrektes onder troetelkonyne en hase. Die Trust vir Bedreigde Dierelewe is besorg dat die omvang van die vrektes verdere druk op getalle van die bedreigde oewerkonyn sal plaas. Bonnie Schumann verduidelik wat boere te doen staan sou hulle dooie hase in die veld kry. Die bedryfshoof van die Beefmaster-groep, Gert Blignaut, praat oor beesvleisuitvoere na Saoedi-Arabië.
Saterdag, 7 Januarie 2023
Durbanville-boer en eiendomsontwikkelaar André Brink van Groot Phesantekraal, is aangewys as Suid-Afrika se Graanprodusent van die Jaar vir 2022. Brink, wat in 1985 saam met sy pa op hulle familieplaas begin boer het, het die titel verower as ‘n rolmodel in die gemeenskap en ook vir winsgewende en volhoubare graanproduksie.
Vrydag, 13 Januarie 2023
Die jaarlikse Vinpro-inligtingsdag is ‘n belangrike geleentheid vir belanghebbendes in die sektor. Vinpro se bestuurshoof, Rico Basson, vertel van die dag wat op 19 Januarie plaasvind. Ons hoor ook by hom wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf het, wat geen ander land het nie. Die assistentbestuurder van Nampo en Bemarking by GraanSA, Toit Wessels, het onlangs produsente in die Wes-Kaap besoek. Hy praat oor verlede jaar se graanoes en die 2023 produksiejaar.
Saterdag, 14 Januarie 2023
Nigel Klaasen, die juniorproduksiebestuurder van die plaas, Fruitways Glen Elgin, is in November verlede jaar aangewys as die wenner van die jaarlikse Wes-Kaap Prestige Agri-toekennings. Altesaam 994 plaaswerkers in 15 streke van die Wes-Kaap het in elf kategorieë deelgeneem. Hy sluit by ons aan.
Vrydag, 20 Januarie 2023
Danksy die Peritum Gapjaar in Landbou het skoolverlaters vanjaar ’n nuwe, opwindende opsie wanneer hulle hulle toekomsplanne smee. Studente sal vanaf Februarie tot Desember nuwe landboukennis, praktiese landbouervaring, asook noodsaaklike persoonlike en interpersoonlike vaardighede aanleer. Die nuwe HortiDemoCentre in Stellenbosch spesialiseer in beskermde tuinbou, en sal die nuutste Nederlandse tuinboutegnologie ten toon stel. Die sentrum beywer hom daarvoor om ‘n lewensvatbare besigheid te wees deur innoverende Nederlandse tegnologieë vir winsgewende, produktiewe, volhoubare en klimaatslim agronomie te implementeer en opleiding aan studente en opkomende boere te bied.
Saterdag, 21 Januarie 2023
Nigel Klaasen, junior produksiebestuurder van die plaas Fruitways Glen Elgin, is in November verlede jaar aangewys as die wenner van die jaarlikse Wes-Kaap Prestige Agri-toekennings. Hy verduidelik hoe hy sy drome laat waar word. Een daarvan is dat sy plaaslike gemeenskap moet gedy. Hy glo vas dat landbou vele van ons land se werkloosheidskwessies kan oplos.
Vrydag, 27 Januarie 2023
In ‘n tyd waar beurtkrag boere hoofbrekens besorg, is dit goed om daarvan kennis te neem dat daar tans hard gewerk word ten einde gouer as later oplossings te vind. Daneel Rossouw van Nedbank se landbou-afdeling verduidelik waarop daar in 2023 gefokus sal word. Volgens die Hortgro-boomsensus was daar 549 hektaar kersieboorde in Suid-Afrika in 2021, waarvan byna tweederdes jonger as ses jaar was. Kersie-uitvoere het meer as verdubbel van 216 ton af in 2019 tot 445 ton in 2021. Anton Rabe van Hortgro verduidelik waaraan die sukses toegeskryf kan word, en vertel van ‘n nuwe befondsingskema vir boere. Bennie Engelbrecht is ‘n stigterslid van Saffricon. Hulle is aan die stuur van die groei van die plaaslike saffraanbedryf. Engelbrecht gesels oor die uitdagings en oplossings in die bedryf. Suiwelboer Johannes Loubser van Fair Cape Dairies in Durbanville is verlede jaar gekroon as die Landbounavorsingsraad se Meestersuiwelboer van die Jaar. Volgens hom is dit uiters belangrik om gereeld met kenners te skakel. Hy verduidelik dit aan die hand van voorbeelde.
Saterdag, 28 Januarie 2023
Planne vir die ontwikkeling van die plaaslike saffraanmark is goed op dreef, en kan daartoe lei dat Suid-Afrika ʼn beduidende produsent en uitvoerder van die produk (by verre die wêreld se duurste spesery) word. Dis goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie aangesien die uitvoer van saffraan ʼn waardevolle bron van buitelandse valuta kan wees. Dit kan terselfdertyd help met die vestiging van opkomende, kleinskaal boere. Voorts bied dit kommersiële boere ʼn alternatiewe, gediversifiseerde bron van inkomste, veral in die lig van immer veranderende weerpatrone en marktendense, asook ander veranderlikes wat inwerk op boere se bestaande bedrywighede. Bennie Engelbrecht, ‘n stigterslid en direkteur van Saffricon, deel goeie nuus oor plaaslike saffraan wat onlangs ‘n internasionale veer in die hoed gekry het.
Vrydag, 3 Februarie 2023
‘n Boer van Wellington in die Wes-Kaap is onlangs op sy plaas deur ‘n Kaapse kobra gebyt. Die voorval het tydens beurtkrag plaasgevind. Eduan Niemand, ‘n bekende slangvanger van die omgewing was gou op die toneel om die slang te identifiseer, verwyder en om die boer te hulp te snel. So het hy ook die boer se lewe gered. Hy sluit by ons aan om wenke te deel oor wat mens te doen staan sou jy ‘n giftige slang op jou plaas teekom. Ons praat oor hoe om agriwerkers, boere en plaasdiere teen slange te beveilig gedurende die somermaande. Dr. Vivian Malan is staatsveearts in die Boland-kantoor en verbonde aan die Wes-Kaapse Departement Landbou. Hy bring ons op hoogte van die huidige stand van sake van hondsdolheid.
Saterdag, 4 Februarie 2023
Dr. Michael Jordaan het op 36-jarige ouderdom die hoof van FNB geword. Onder sy leiding is die bank aangewys as die mees innoverende bank ter die wêreld. Benewens sy sakebelange het hy ook ‘n hart vir landbou met belange in die wynbedryf. Jordaan was onlangs spreker by die jaarlike Vinpro-inligtingsdag, en ons het hom uitgevra oor onsekerhede en hoe mens dit die hoof behoort te bied.
Vrydag, 10 Februarie 2023
Ons kyk na die gebruik van biomassa in volhoubare energie-opwekking. Die Lotusplant is die nasionale blom van Indië en Viëtnam. Die maak van tee met hierdie plant se blomme is algemeen. Dit het kalmerende eienskappe en is effektief in die behandeling van kwale soos hoofpyn, slapeloosheid, neusbloeding, verkoue en hoes. Dit versterk ook die immuunstelsel. Liesl van der Walt is tuinier by Babylonstoren waar meer as 300 vrugte en plantvareiteite voorkom. Sy verduidelik hoe een van die oudste blomme op aarde ook plaaslik gedy.
Saterdag, 11 Februarie 2023
Dr. Rhoda Malgas is ‘n dosent in bewaringsekologie aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit landbouwetenskappe. Sy het in Desember ‘n doktorsgraad verwerf. Die onderwerp van haar tesis het verband gehou met haar persoonlike oortuiging dat die soeke na volhoubaarheid eintlik die soeke na gemeenskap is. Luister na ‘n storie oor die voorkoms van veldtee, en ‘n navorser wat met die ondersteuning van ‘n boeregemeenskap haar drome verwesenlik het.
Vrydag, 17 Februarie 2023
Inskrywings vir die Concours Mondial du Sauvignon sluit op 17 Februarie 2023. Indien jy ernstig is oor Sauvignon Blanc, het jy nou die kans om jou wyn te meet aan sowat 1 000 ander Sauvignon Blanc-wyne van regoor die wêreld. Die kompetisie vind vanjaar vir die eerste keer buite Europa plaas in Franschhoek in die Kaapse Wynlande. RJ Botha, Sauvignon Blanc SA se voorsitter, sluit by ons aan om oor die kompetisie te gesels. Hy het ook onlangs ‘n Sauvignon Blanc-werkswinkel bygewoon waar veral Nieu-Seelandse wyne ondersoek is. Volgens staatsveearts dr. Vivian Malan is daar op die oomblik ‘n tekort aan entstof vir Afrika-perdesiekte. Hy verduidelik hoe mens jou diere teen die siekte kan beskerm, gee wenke oor hoe om perde tussen provinsies te verskuif, en deel kontakbesonderhede indien jy raad soek.
Saterdag, 18 Februarie 2023
Prof. Pieter Gouws van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch gesels oor sy nuwe boek, Living with little monsters. Die boek verduidelik die voorkoms van allerlei onsigbare mikrobes – beide goed en gevaarlik. Hy gee ook wenke vir ouers oor hoe om heilsame kosblikke vir kleingoed te verseker.
Vrydag, 24 Februarie 2023
Die Wes-Kaapse Departement Landbou onderneem vanjaar weer opwindende navorsingsprojekte. Hierdie proewe by die departement se navorsingsplase sal van groot waarde wees vir veral graanboere. Die toediening van swamdoders, dekgewasse asook vele ander kwessies sal van nader bekyk word. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller praat oor die voorkoms van aarskroei op koring asook ander navorsings-nuus. Ná vele uitdagings wat die bosboubedryf die afgelope paar jaar in die gesig moes staar, is dit verblydend om te verneem dat vooruitsigte vanjaar veel beter lyk. Wat loopbaangeleenthede betref is daar goeie nuus, en daar is geleenthede vir nuwe toetreders. Die Direkteur van Navorsing en Beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, verduidelik.
Saterdag, 25 Februarie 2023
‘n Krisis-tydperk. ‘n Onsigbare gevaar. Moedverloor se vlakte. Die oortuiging van ‘n groep mense wat lief is vir landbou, wat saamgespan het om oplossings te vind. Dis die elemente van ‘n goedvoelstorie in die wynbedryf. Volgens die bestuurshoof van Vinpro, Rico Basson, het grendeltyd vele foute uitgewys. Hy sê ook dat die destydse swaarkry ‘n wedergeboorte in die wynbedryf tot gevolg gehad het. Ons vind uit wat die huidige stand van sake is met die ontwikkeling van nie-alkoholiese wyn.
Vrydag, 3 Maart 2023
Alex Bosman is landskapstegnoloog en hooftuinier by die plaas, Babylonstoren buite Franschhoek in die Wes-Kaap. Sogenaamde biologiese middels is iets waaroor hy graag sy kennis deel. Hy verduidelik wat dit behels en hoe dit vir boere van waarde kan wees. Die verdamping van plaasdamwater is veral gedurende die somermaande ‘n probleem. Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum sê dat hierdie kwessie nou aan die hand van innovasie met sukses aangepak word.
Saterdag, 4 Maart 2023
Het jy geweet daar word elke dag meer as een miljoen bottels Suid-Afrikaanse wyn wêreldwyd verkoop? Daar is min mense met diepdomein kennis oor die wynbedryf soos Vinpro se bestuurshoof, Rico Basson. Maar wat van die toekoms? Veral ná ‘n tyd waar die bedryf in die kielwater van Covid hard moes werk om nie te sink nie. Vir meer as 200 dae nie kon daar nie handel gedryf word nie. Dit was een van die vele uitdagings, nou gelukkig in die truspieël.
Vrydag, 10 Maart 2023
Die oudste Landbougenootskap in Suid-Afrika, Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap, wat handel dryf as Agri-Expo, het aan die einde van 2022 noodsaaklike herstrukturering ondergaan. Die ly van beduidende verliese as gevolg van projekte wat die laaste paar jaar geen wins gegenereer het nie, asook die swak ekonomiese klimaat, het gelei tot hierdie besluit. Breyton Milford is ná die proses as hoofbestuurder van Agri-Expo aangestel. Hy was voorheen die operasionele bestuurder. Die verkoeling van bederfbare produkte, asook die vervoer daarvan is op die oomblik ‘n uitdaging weens beurtkrag. Deon Roux is ‘n meganiese ingenieur van Pretoria. Hy verduidelik dat daar ander volhoubare praktyke en maniere is om die probleem te omseil.
Saterdag, 11 Maart 2023
Dr. Rhoda Malgas, ‘n dosent in bewaringsekologie in die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, en stigter van die studentgesentreerde Small Things Fonds, het in Desember 2022 haar doktorsgraad ontvang. Haar verhandelimg fokus op landelike gemeenskappe wat ‘n bestaan maak daaruit om inheemse rooibos- en heuningbostee te oes. Die Small Things Fonds word deur vrywilligers befonds en ondersteun studente met klein geldelike bedrae. In sommige gevalle het bydraes uit die fonds al die verskil gemaak tussen ‘n student se besluit om sy of haar studies te staak, of daarmee aan te gaan.
Vrydag, 17 Maart 2023
Die adjunkdirekteur-generaal: landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, praat oor die gratis landboupublikasie, Agriprobe. Dr. Ivan Meyer gaan eersdaags een van die sprekers wees by ‘n geleentheid wat in Laingsburg gehou word. Prof. Manie Spamer, een van die organiseerders, het die besonderhede.
Saterdag, 18 Maart 2023
Die plaas, Vaatjie, in die Melkbosstrand-omgewing is onder andere bekend vir sand. Daar is ook beeste en ‘n 4×4-baan, asook een van die mees ongewone vertakkings van landbou waaroor ons nog ondersoek ingestel het. Bekende internasionale films en TV-reekse soos The Crown is daar verfilm.
Vrydag, 24 Maart 2023
Dr. Stephano Haarhoff is landboukundige in die Agri Carbon Koolstofkredietprogram by Climate Neutral Group Suid-Afrika. Hy sluit by ons aan om die jongste tendense in herlewinglandbou-boerderystelsels te bespreek. Ons gesels oor gediversifiseerde wisselboustelsels, minimale grondversteuring en hoe om klimaatslim boerderystelsels te bou. Ons bespreek ook die waarde van grondbiologie. Die assistentdirekteur: innovasie, tegnologie-ontwerp en -oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, verduidelik hoe uitvoerkwaliteit van volstruisleer met behulp van innoverende tegnieke verhoog word.
Saterdag, 25 Maart 2023
Prof. Pieter Gouws van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch beskryf internasionale kostendense. Die lewering van gesonde, veilige voedsel begin by boere. Hy beskryf hoe daar innoverend geboer word om onder andere veganistiese kostradisies te bevorder. Klimaatsverandering het voedselwetenskapnavorsing heelwat verander in onlangse tye. Ander innovasies soos die suiwering van water sonder elektrisiteit kom onder bespreking.
Vrydag, 31 Maart 2023
Die rol van die gesondheidsinspekteur vereis dat daar deurlopend van vele veranderlikes kennis geneem moet word. Ons bespreek die beroep as moontlike werksgeleentheid, asook die belangrikheid daarvan dat daar deurgaans met produsente geskakel moet word om die aard van rou produkte te verstaan. Die effek van reën op wyndruiwe tydens die rypwordingsperiode word met ‘n wingerdkonsultant bespreek. Met Suid-Afrika se uiteenlopende klimaattipes moet mens in gedagte hou dat die maak van biltong verskillende metodes vereis, afhangend van waar mens die taak aanpak. Ons deel handige wenke in dié verband.
Saterdag, 1 April 2023
Ontwerper Natalie Green het twee jaar gelede haar breidragonderneming op die been gebring. Sedertdien is sy besig om met vesel en volhoubaarheid haar patroon vir sukses te verfyn. Sy dra haar hart op haar mou, in dié geval hoë gehalte truie, wanneer sy praat oor boere. Natalie maak slegs gebruik van plaaslik geproduseerde sybokhaar en wol. Met elke kledingstuk eer sy ook die boere wat sorg vir die spoggerige materiale waarvan sy gebruik maak, en wanneer jy met hierdie saggemanierde sakevrou kennis maak, besef jy dat die volgende hoofstuk van hierdie storie sal handel oor werkskepping en uitbreiding.
Vrydag, 7 April 2023
Dr. Yolandi Schoeman, ‘n post-doktorale wetenskaplike in ekologiese ingenieurswese, praat oor natuurgebaseerde oplossings vir klimaatsverandering. Sy verduidelik hoe ekostelsels herstel kan word deur toepassings in landbou. Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria deel sy seisoenale weervoorspelling vir die herfs en winter. Ons vind ook by hom uit of daar ‘n el niño of la niña vanjaar te wagte kan wees. Dietmar Keil boer met alpacas naby die Paarl. Hy gesels oor sy landboubedrywighede en gee raad aan nuwe en voornemende toetreders.
Saterdag, 8 April 2023
Dr. Rhoda Malgas, ‘n dosent in bewaringsekologie in die Fakulteit Agriwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, glo dat die landbousektor die plek is waar daar vele oplossings vir werkskepping gevind kan word. Volgens haar is die ouerhuis ‘n ideale wegspringplek vir die oordrag van kennis. Sy sê daar is in bewaringsekologie ook legio geleenthede vir jongmense.
Vrydag, 14 April 2023
Lukas Burger boer met boerbokke buite Griekwastad in die Noord-Kaap. Volgens hom is daar ‘n groot toekoms vir die bedryf in Suid-Afrika. Hy beywer hom vir die uitbreiding en verbetering daarvan deur onder andere van goeie rekordhouding gebruik te maak. Hy deel sy suksesresep met ons. Dr. Sarah Venter is direkteur van The Baobab Foundation. Die kremetartboom is ‘n spesiale deel van ons landskap. Sy verduidelik waarom sy haar lewe daaraan wy om dit te beskerm en om ander mense daaroor te leer. Die assistentdirekteur: innovasie, tegnologie-ontwerp en -oordrag by die Departement Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, bespreek ‘n navorsingsprojek wat nog nooit vantevore in Suid-Afrika onderneem is nie. Met gebruik van lasertegnologie en 3D-drukkers is hy besig om ‘n metode te verfyn waar volstruiskuikens mekaar met minder krapmerke laat.
Saterdag, 15 April 2023
Die plaas, Vaatjie, vind jy 40 kilometer buite Kaapstad in die omgewing van Melkbosstrand. Daar is vleisbeeste, hoenders, honde, ‘n 4×4 pad en ‘n sandmyn. Tesame hiermee, ook ‘n hele klomp nagdiere. Sommige van hulle baie raar, soos die strandjutwolf. Hettie Stoffberg Welleman verklaar sê diere is haar lewe. Ons hoor hoe sy oor 23 jaar van die mees bedreigde spesies op die plaas gered en gerehabiliteer het.
Vrydag, 21 April 2023
Die Wes-Kaapse Department van Landbou het in Maart ‘n boeredag vir groenteboere in Bredasdorp aangebied. Dis bygewoon deur sowat 60 kleinboere en voornemende boere. Dr. Ian Godie van Nooitgedacht Vars Produkte het gesels oor die ontstaan, groei en huidige stand van sake van die hidroponiese plaas by Bredasdorp Park. Die projek is in September 2019 as ‘n demonstrasie-projek vir NAMPO Kaap begin. Die eerste direkte lewering van produkte in die plaaslike markte het November 2021 ‘n aanvang geneem. Dr. Tracy Davids, ‘n landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat oor die Bruto Binnelandse Produk. Elandri Snyman, koördineerder van die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar-kompetisie, vertel wat vanjaar op die spel is en die vereistes vir die kompetisie.
Saterdag, 22 April 2023
Wat is Chat GPT en waarom het dit die wêreld aan die gons? Die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie is volgens dr. Albert Strever nie net hier om te bly nie, maar ook besig om die landbou handomkeer te verander. Strever is dosent en navorser by die Fakulteit Landbouwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Ons hoor hoe die plaas van die toekoms moontlik kan lyk.
Vrydag, 28 April 2023
Dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Departement van Landbou bespreek ‘n kannabisplan wat onlangs deur die departement bekend gestel is. Warren Bam produseer organiese tafeldruiwe wat hy na die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie, Noord-Amerika en China uitvoer. Hy boer in Saron in die Wes-Kaap. Sy uitdagings, wat beurtkrag en klimaatsverandering insluit, pak hy strategies aan. Arie van Ravenswaay van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap verduidelik hoe die opsporing van sklerotinia nou met die gebruik van kamerategnologie gedoen word.
Saterdag, 29 April 2023
Lize Erasmus sê sy is ‘n professionele student. Sy het vanjaar met haar doktorsgraad begin aan die Universiteit van Pretoria. Veekunde, spesifiek veewelsyn, is haar veld van belangstelling. Wanneer die liefde vir musiek en diere paaie kruis, sorg dit vir ‘n unieke landboustorie. Tsjaikofski vir koeie, of Mendelsohn ter wille van melkproduksie? Lize wil vasstel of stresvlakke by diere verlaag kan word met behulp van musiek, terwyl melkproduksie verhoog word.
Vrydag, 5 Mei 2023
Ons kyk na organiese onkruidbestryding, veral in die Wes-Kaap. Tienie du Plessis boer met Dohne-merinos naby Steynsburg in die Oos-Kaap. Hy het ook sy eie skeerdienste-onderneming. Du Plessis is besig om hard voor te berei om ‘n Suid-Afrikaanse rekord op te stel vir die hoeveelheid skape geskeer in 24 uur. Tesame hiermee hoop hy om geld in te samel vir borskankernavorsing. Ons gesels ook oor loopbaangeleenthede vir jongmense in dié verband. Catherine Milward-Bridges is redakteur van die SA Vrugte Joernaal. Sy sluit by ons aan om te gesels oor die publikasie se mondigwording.
Saterdag, 6 Mei 2023
Ons kuier in Namakwaland en vind uit wat die halfmens is. Ons leer spesies ken soos gifmelkbos, varkiesknol en Jan Twak. Ons loer in by ‘n termietheuwel en ondersoek die voordele van die elandsvy en haasgras. Die boere van die omgewing en die Richtersveld het volgens dr. Peter Carrick ‘n bonatuurlike kennis van die aarde. Carrick is ‘n ekoloog verbonde aan die plantbeskermingseenheid van die Universiteit van Kaapstad, en ook stigter van die Namaqualand Restoration Initiative.
Vrydag, 12 Mei 2023
Die room van Suid-Afrika se suiwelkenners het onlangs in Durbanville byeengekom vir die beoordeling van die 190e Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika. Altesaam 929 produkte van 71 Suid-Afrikaanse suiwelvervaardigers het oor twee dae by Eensgezind om die aandag van 80 beoordelaars meegeding. Graham Sutherland, ‘n suiweltegnoloog en een van die beoordelaars, praat oor die take en verantwoordelikhede van iemand wat hierdie beroep volg. Joseph Barnard van die Witzenberg Munisipaliteit verduidelik hoe die plaaslike boeregemeenskap self ingespring het om die ernstige uitdagings, wat watertekorte veroorsaak, die hoof te bied. Die verbetering in kommersiele beskikbaarheid van bokvleis kom ook onder bespreking.
Saterdag, 13 Mei 2023
Denise Stubbs is die bestuurshoof van die bemagtigings onderneming, Thokozani, en direkteur by Diemersfontein Wyne in Wellington in die Wes-Kaap. Wendy Petersen is uitvoerende operasionele bestuurder by die SA Wynindustrie se transformasie-eenheid. Om dié twee dames uit te vra oor hulle onlangse wedervarings by internasionale wynuitstallings in onder andere New York, vul mens se glas met ‘n verhaal van nederigheid en optimisme.
Vrydag, 19 Mei 2023
Die Assistentdirekteur: Innovasie, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, verduidelik hoe kunsmatige intelligense-toepassings al hoe meer van waarde vir boere kan wees. As dit kom by verslaggewing of die uitbetaling van eise weens veediefstal of siekteverwante vrektes, bly die berekening van akkurate veewaardes ’n warm besprekingspunt. Algemene benaderings wat gebruik word om veewaardes te bepaal, sluit die berekening van die markwaarde of die vervangingswaarde in. Agri Wes-Kaap het ‘n simpleks radiofrekwensie by ICASA laat registreer om boere met ‘n kommunikasiemiddel te bemagtig, wat nie staatmaak op enige kragvoorsiening of selfoonsein nie. Die stelsel sal boere in staat stel om hulp te ontbied waar ook hulle hul in die Wes-Kaap bevind.
Saterdag, 20 Mei 2023
‘n Onlangse byeenkoms van boere, wetenskaplikes en regeringsverteenwoordigers het ‘n dialoog tot gevolg gehad wat jou moontlik anders sal laat dink oor kwessies soos klimaatsverandering en beurtkrag. Professor Stephanie Midgeley is ‘n navorser en wetenskaplike vir klimaatsverandering en risikobestuur by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en dr. Ilse Trautmann is Adjunkdirekteurgeneraal: Landbounavorsing en Regulatoriese Dienste by dieselfde departement. Beide van hulle het die geleentheid bygewoon.
Vrydag, 26 Mei 2023
Saterdag, 27 Mei 2023
Vrydag, 3 Junie 2023
Saterdag, 4 Junie 2023
Vrydag, 3 Junie 2023
Saterdag, 4 Junie 2023
Vrydag, 3 Junie 2023
Saterdag, 4 Junie 2023
Vrydag, 3 Junie 2023
Saterdag, 4 Junie 2023
2022 Archive
Vrydag, 1 Julie 2022
Dr. Vivian Malan, ‘n staatsveearts in die Boland-kantoor en verbonde aan die Wes-Kaapse Departement Landbou. bring ons op hoogte van alles wat ons van Afrika-perdesiekte behoort te weet. Ons hoor ook wat die huidige stand van sake met bek-en-klouseer is, en waar boere in kan aanklop vir hulp en raad.
Saterdag, 2 Julie 2022
Ian Cunningham onlangs aangewys as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer van die Jaar. Hy boer met sagtevrugte en wyndruiwe op Elgin en Villiersdorp. Hy sê hy werk aan ‘n nalatenskap wat sinoniem is met innovasie en kwaliteit, en waar elke lid van sy span hulle volle potensiaal kan bereik. Die oordrag van vaardighede en kennis is deel van die boustene van sy boerdery. Jannie Strydom, bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, sê hoewel vanjaar se deelnemers almal sterk kandidate was, het Ian aan die kompetisie se streng kriteria voldoen. Cunningham sal die Wes-Kaap verteenwoordig by die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie.
Vrydag, 8 Julie 2022
Suid-Afrika sal in 2023 die tuiste wees van die Concours Mondial du Sauvignon. Dis ‘n wynkompetisie wat jaarliks die beste Sauvignon Blancs in die wêreld vereer. Dit sal die eerste keer in die kompetisie se 14-jarige bestaan wees dat dit in Suid-Afrika gehou word. RJ Botha, Sauvignon Blanc SA se voorsitter, vertel ons meer van die geleentheid. ‘n Plantpatologie-navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Gert van Coller, vertel van navorsing wat onlangs op graangewasse gedoen is, en van projekte wat eersdaags aangepak sal word met canola.
Saterdag, 9 Julie 2022
Hendrien Vercueil is wynmaker by Piekenierskloof Wyne in Citrusdal. Haar 2020 Old Vine Bergendal Chenin Blanc is as Suid-Afrika se beste Chenin Blanc by die Londen Wynkompetisie aangewys. Dié passievolle jong wynmaker sluit by ons aan.
Vrydag, 15 Julie 2022
Cape Wine 2022 is die grootste wynskou in die Suidelike Halfrond. Maryna Calow van Wines of South Africa verduidelik waarom dit ‘n spesiale geleentheid sal wees vir plaaslike produsente. Die direkteur van navorsing en beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, vertel van geleenthede vir nuwe toetreders. Hy praat ook oor bosbou se uitwerking op die omgewing en die volhoubaarheid van hulpbronne.
Saterdag, 16 Julie 2022
Suid-Afrika se eerste robothond, Smoof, het in Januarie vanjaar hier aangeland. Prof. Wynand Steyn van die Universiteit van Pretoria verduidelik hoe hierdie viervoet en soortgelyke robotte van groot waarde vir boere in die toekoms sal wees.
Vrydag, 22 Julie 2022
Die adjunk-direkteurgeneraal van landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, vertel van ‘n gratis landboupublikasie. Michelle Gouws, ‘n meestersgraadstudent in veekunde aan die Universiteit Stellenbosch, praat oor haar studie van alternatiewe byvoermiddels tot algemene ioonvoer in kalf-kruidvoer.
Saterdag, 23 Julie 2022
Chris-Thys Groenewald het ‘n gemengde boerdery op Riviersonderend, met ‘n toekomsvisie om innoverend en winsgewend te bly boer. Hy glo in spanwerk en eerlikheid, en sê hy hoop om eendag sy kennis en passie aan die volgende generasie boere oor te dra.
Vrydag, 29 Julie 2022
Janika de Beer is ‘n gekwalifiseerde veekundige en tweedejaar Meesterstudent aan die Universiteit Stellenbosch. Sy vertel van haar navorsing oor kleinboere. Prof. Wynand Steyn van die Universiteit van Pretoria verduidelik die waarde van nuwe sensortegnologie vir sonneblomboere.
Saterdag, 30 Julie 2022
Chris-Thys Groenewald het ‘n gemengde boerdery op Riviersonderend. Hy vertel wat hy geleer het tydens sy tyd as boer in Amerika. Praktiese besparingsmetodes in ‘n tyd van droogte is iets wat hy goed onder die knie het. Hy is ook van mening dat dit uiters belangrik vir boere is om by georganiseerde landbou aan te sluit.
Vrydag, 5 Augustus 2022
Die Wes-Kaapse Departement Landbou het verlede maand sy heel eerste Klimaatsverandering en Jong Landbouers Konvensie aangebied. Daneel Rossouw, die hoof van Nedbank se landbou-afdeling, was een van die paneellede tydens. Hy praat oor nuwe loopbaangeleenthede binne die sfeer van klimaatsverandering, en die rol van die private sektor om volhoubare praktyke te befonds. Die eerste week van Augustus is Nasionale Wetenskapsweek. Dr. Mike Wallace, ‘n spesialis-wetenskaplike en spanleier van die Geografiese Inligtingstelsel-afdeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel van nuwe tegnologiese ontwikkelings wat verband hou met gewasmodulerings.
Saterdag, 6 Augustus 2022
By Ostriland Meat in Citrusdal in die Wes-Kaap word volstruis en wildvleis van hoë gehalte vir supermarkte en uitvoer verwerk. Hulle vervaardig ook troeteldierhappies. Hulle produkte kan by 800 veeartse en troeteldierwinkels in Suid-Afrika, Namibië en Botswana gevind word. Van die produkte word ook na verskeie ander lande uitgevoer. Voedselwetenskaplike Carin-Marie Pienaar leef haar passie, en het reeds op ‘n jong ouderdom baie diep landbouspore getrap.
Vrydag, 12 Augustus 2022
‘n Elektroniese nuusbrief wat kwartaaliks verskyn, word deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou uitgereik. Prof. Stephanie Midgeley is verbonde aan die departement Hortologie aan die Universiteit Stellnbosch, en dien ook as navorser en wetenskaplike vir klimaatsverandering en risikobestuur by die Wes-Kaapse Departement Landbou. Hy vertel wat in die nuusbrief is wat vir boere van groot waarde sal wees. Die Smart Agri Barometer bevat ook navorsingsnuus wat verband hou met klimaatsverandering. Tarryn Wettergreen van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifindustrie gee besonderhede van vanjaar se inligtingsdae wat aanstaande week afskop.
Saterdag, 13 Augustus 2022
“Ek het 19 jaar gelede met sampioene begin boer. Dit was nog altyd ʼn droom vandat ek een oggend deur een van ons beeskrale gery en gesien het dat sampioene ná die reën orals opgekom het.” Marietjie Kruger van Chanmar Mushrooms buite Heidelberg in Gauteng het destyds bekendheid verwerf as Limpopo se heel eerste vroue-sampioenboer. Sy deel haar landboupad met ons.
Vrydag, 19 Augustus 2022
Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land, en een van die bekendste seisoenale voorspellers internasionaal. Hy praat oor navorsing wat hy behartig het, en oor sy seisoenale voorspelling vir die laaste kwartaal van 2022. Hy verduidelik ook die verskil tussen El Niño en La Niña. Wêreldwyd word meer as genoeg voedsel geproduseer om die wêreldbevolking te voed, maar ongeveer 829 miljoen mense ly steeds honger. Voedselproduksie moet teen 2050 met 70% toeneem om aan die wêreldwye vraag te voldoen. Tog gaan een derde van voedsel wat geproduseer word jaarliks verlore. Volgens statistiek vermors Europa en Noord-Amerika ongeveer 95 tot 115 kg kos per persoon per jaar. Shane Rudolph,’n landbou-ekonoom by Agri Enterprises, verduidelik hoe hierdie vermorsing moontlik bekamp kan word.
Saterdag, 20 Augustus 2022
Dr. Kandas Cloete is verbonde aan die Buro vir Voedsel en Landboubeleid. Sy bestudeer onder andere kwessies wat verband hou met produsente wat beplan om hulle landboubedrywighede te staak, en wat die moontlike impak daarvan sal wees op uitvoere en nuwe toetreders.
Vrydag, 26 Augustus 2022
Ná ‘n afwesigheid van twee jaar het die grootste landbou-tentoonstelling in Afrika, Nampo, in Mei vanjaar met groot sukses plaasgevind. Nou word daar vere reggeskud vir Nampo Kaap. Toit Wessels is assistentbestuurder Nampo en bemarking. Hy sluit by ons aan om te vertel waarna ons kan uitsien vanaf 14 tot 17 September. Die geleentheid word in Bredasdorp in die Wes-Kaap aangebied. Senior SAUK-verslaggewer en TV-nuusleser, Liezl Olivier, gee ‘n blik agter die skerms na tendense en tegnieke, asook die voorreg om in die media verslag te doen oor vroue-landbouers.
Saterdag, 27 Augustus 2022
Op die vooraand van die lenteseisoen kuier ons by een van die bekendste tuiniers en vroue-boere in Suid-Afrika. Jacky Goliath van De Fynne-kwekery net buite die Paarl se innoverende en volhoubare landboumetodes het al talle nasionale toekennings ingepalm. Haar liefde vir laventel en die rede daarvoor, deel sy met ons.
Vrydag, 2 September 2022
Teenstortingstariewe op ingevoerde hoender, al is dit net voorlopig, bring ‘n mate van geregtigheid vir diegene wat al jare daarvoor baklei, aldus die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging. Grant Hendricks van die SA Assosiasie vir Vleis In- en Uitvoere, verduidelik die implikasies hiervan. Wat bek-en-klouseer betref is dit allerbelangrik om biosekuriteitsmaatreëls toe te pas. Dr. Vivian Malan, ‘n staatseearts in die Boland-kantoor en verbonde aan die Wes-Kaapse Departement Landbou, verduidelik hoe dit gedoen kan word. In entings vir Afrika-perdesiekte kan nog gedoen word tot die einde van die maand.
Saterdag, 3 September 2022
Teenstortingstariewe op ingevoerde hoender, al is dit net voorlopig, bring ‘n mate van geregtigheid vir diegene wat al jare daarvoor baklei, aldus die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging. Grant Hendricks van die SA Assosiasie vir Vleis In- en Uitvoere, verduidelik die implikasies hiervan. Wat bek-en-klouseer betref is dit allerbelangrik om biosekuriteitsmaatreëls toe te pas. Dr. Vivian Malan, ‘n staatseearts in die Boland-kantoor en verbonde aan die Wes-Kaapse Departement Landbou, verduidelik hoe dit gedoen kan word. In entings vir Afrika-perdesiekte kan nog gedoen word tot die einde van die maand.
Vrydag, 9 September 2022
Prof. Karin Jacobs is die afgelope 19 jaar verbonde aan die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ‘n internasionaal bekroonde mikrobioloog, en een van die stigters van Sporatec. Hoe die grond lyk waarin gesonde plante groei, is wat hulle navors. Hulle weet ook hoe om grond gesond te kry. Sy vertel van onlangse navorsing wat vir boere van groot waarde sal wees.
Saterdag, 10 September 2022
Hoe kommunikeer en deel die moderne Suid-Afrikaanse boer inligting? Hoe gemaak in ‘n land waar ons elf amptelike tale het? Wat is boere se verkose medium van nuus? Wat is die rol van hedendaagse kommunikasieplatforms, en hoe kan dit verfyn word? G.P. van Rheede van Oudtshoorn, ‘n bekroonde onafhanklike kommunikasiekonsultant, het die antwoorde.
Vrydag, 16 September 2022
Annalene Swanepoel is hoof van die Direktoraat Plantwetenskappe by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Sy vertel onder meer van graangewasnavorsing wat hulle doen. Sy verduidelik ook wat die rol van die Wes-Kaapse Departement van Landbou by vanjaar se Nampo Kaap is.
Saterdag, 17 September 2022
Die Wes-Kaapse Departement Landbou het vanjaar sy heel eerste Klimaatsverandering en Jong Landbouers Konvensie aangebied. Prof. Eugene Cloete, viserektor van die Universiteit Stellenbosch, was een van die sprekers. Hy praat oor navorsingsresultate wat verband hou met klimaatsverandering. Hy brei uit oor die rol van die toekomslandbouer, en deel fassinerende feite oor bevolkingsaanwas.
Vrydag, 23 September 2022
Europese tekstielfabrieke is een van die grootste verbruikers van Suid-Afrikaanse hout. Selfs sjirurgiese gesigmaskers benodig dit as bestanddeel. Volgens die Direkteur van Navorsing en Beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, gaan dit goed met die bedryf. Daar is volgens hom ook ruimte vir heelparty nuwe toetreders. Hanno van Schalkwyk is ‘n wingerdkonsultant by Vinpro. Volgens hom het agriwerker-opleiding op wingerdplase vir wynproduksie ‘n splinternuwe tegnologiese aanslag. Opleiding sluit in tegnieke oor snoei, loofbestuur en besproeiing. Meer as 6 000 mense is reeds deur Vinpro opgelei. Hy verduidelik hoe dit tot reuse sukses lei.
Saterdag, 24 September 2022
Dis ‘n groot lekkerte om met ‘n kenner te gesels oor die toekoms. Hoewel mens nie aldag beheer daaroor het nie, is dit tog moontlik, en opwindend om voorbereid daarop te wees. Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het vanjaar sy heel eerste Klimaatsverandering en Jong Landbouers Konvensie aangebied. Prof. Eugene Cloete is viserektor by die Universiteit Stellenbosch. Hy bespreek die realiteite van hierdie en ander kwessies. Volgens hom sal klimaatsverandering landbouleer heeltemal verander.
Vrydag, 30 September 2022
Slakboerdery in Suid-Afrika sorg tans vir die een suksesverhaal op die ander. Nie net lewer boere gehalte uitvoerprodukte nie, maar innovering soos velsorgprodukte word deur plaaslike boere ontwikkel. Wihan Coetzer is ‘n slakboer van Witrivier in Mpumalanga, en bring ons op hoogte van die jongste verwikkelings. Dr. Gert van Coller, ‘n plantpatologie-navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, praat oor toedieningstegnologie wat verband hou met nuwe swamdoders vir graangewasse.
Saterdag, 1 Oktober 2022
Dit is opwindend en ‘n voorreg om ‘n landboustorie met jou te deel wat in die komende week wêreldwyd opslae gaan maak. Wat ‘n lekkerte om dit eerste op RSG Landbou te vertel. Buiten die veer in ‘n Namakwaland-boer se hoed, is dit ook ‘n verhaal van volhoubaarheid en dankbaarheid. Stefan en Pikkels Gerber is ‘n egpaar wat hulself as agri-entrepreneurs beskryf. Ook die drywers agter gehalte wolprodukte en klerasie wat bekend staan as Gerber & Co.
Vrydag, 7 Oktober 2022
Die adjunkdirekteur-generaal: landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, vertel van ‘n gratis landboupublikasie. ‘n Nuwe aanlynoplossing om voorspellings in droëlandgebiede relevant te maak, word bespreek. Ons hoor ook dat boere besig is om hulle eie weervoorspellings te maak.
Saterdag, 8 Oktober 2022
Die derde aanbieding van NAMPO Kaap, en die grootste nog, het in September plaasgevind. Graan SA en Bredasdorp Park NPC is dankbaar vir die rekord 32,640 besoekers wat NAMPO Kaap oor die vier dae besoek het, om die meer as 500 uitstallings te besigtig. Ons gesels met Victor Matfield, een van die uitstallers, die minister van landbou in die Wes-Kaap en die bestuurshoof van GraanSA.
Vrydag, 14 Oktober 2022
Die eerste Rosé-uitdaging in Suid-Afrika het vir sowat 130 wyn- en spiritualieë-inskrywings gesorg. Die beoordelaars paneel het die Kaapse Wynmeesters dr. Caroline Snyman en dr. Winifred Bowman ingesluit. Bonnievale Wines het vir die The Vale Cinsault Rosé Brut en The River Collection Cinsault Rosé 2022 gouemedaljes gewen. Pieter Taljaard, bestuurshoof van GraanSA, verduidelik die kompleksiteite van voorsieningskettings en die noue band tussen landbou en vervoerstrukture. Dr. Mogale Sebopetsa, hoof van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, sê sy besoek aan Nampo Kaap het sy optimisme verstewig oor die inspan van hedendaagse tegnologie in landbou.
Saterdag, 15 Oktober 2022
Ons deel ‘n landbouverhaal vir die eeue met jou. Een waar ‘n moedige jong man gevind het dat alle paaie hom eindelik sou teruglei na ‘n familieplaas in die Overberg. Ons hoor hoe Kleinjan Teubes, ‘n bedrewe jong man van 33, teen alle verwagtinge in, meer as een kalf uit die put gered het. Volhoubare bestuurspraktyke en ‘n positiewe werksomgewing is waarvoor hy graag onthou sal wil word.
Vrydag, 21 Oktober 2022
Om met miniatuurperde te boer is ‘n landbou-aktiwiteit waarvan mens nie aldag hoor nie. Tertius en Alida le Roux van Riversdal doen dit voltyds. Jannie Strydom, die bestuueshoof van Agri Wes-Kaap, deel sy gedagtes oor die ontvolking van plattelandse gebiede en die ekonomiese implikasies daarvan. Frans Hugo van die OVK in die Suid-Kaap beantwoord vrae oor die klassifisering van wol, en gesels oor die kuns van skaapskeer en die beskikbaarheid van kundiges om hierdie taak te verrig. Christo Visser van Swellendam was destyds ‘n landboumasjinerie-bemarker. Sedertdien het hy kennis gemaak met kangaroeleer-produkte, en vandag bestempel hy homself as agri-entrepreneur.
Saterdag, 22 Oktober 2022
Kaapse Kobras. Skoolonderwyseresse. ‘n Droom om as spreker by die Verenigde Nasies op te tree. ‘n Belangstelling in leierskap, en hoe ‘n aanneem-hondjie die begin van ‘n liefdesverhaal beteken het tussen twee mense. Hierdie is van die staaltjies wat jy gaan hoor. Ons kuier by ‘n jong Overbergse boer, wat sy lyf ook graag radio-aanbieder hou by ‘n plaaslike gemeenskapstasie. Kleinjan Teubes is onlangs aangewys as Raisin SA se Jong Produsent van die jaar.
Saterdag, 28 Oktober 2022
Vier jaar gelede het die span by Boland Wynkelder besluit om ‘n nuwe volhoubaarheidsprojek te begin. ‘n Nuwe reeks lae-alkohol wyn het die lig gesien, en dis veral die Afrika-heuningby wat hierby gebaat het. Bakterieë vir dier-, grond- en plantgesondheid is ‘n innovasie waarmee ‘n Italiaanse firma hulle mee besig hou, en nou ook in Suid-Afrika. Ons hoor by ‘n kenner watter voordele dit inhou. Die direkteur van sake-ontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik die provinsie se Afrikastrategie.
Saterdag, 29 Oktober 2022
Afgesien van ‘n reuse internasionale eer wat haar onlangs te beurt geval het, bly dit haar vennootskap met die natuur wat haar vir soveel jare al geliefd maak. Dit, en haar hart vir plaasgemeenskappe. Haar wil om ander op te hef, bly sentraal in haar kuns. En as mens die storie hoor van ‘n eertydse regspraktisyn en joernalis wat toor met winderde, dan weet jy jy het te make met ‘n meester. Rosa Kruger is onlangs in Decanter se heldesaal opgeneem vir haar werk met ou wingerde en ouwingerdwyne.
Vrydag, 4 November 2022
Enkelmaag- en herkouervoere kom onder bespreking. Selfmeng-opsies is op die oomblik legio. Ons sit die gesprek voort oor die Wes-Kaap se Afrikastrategie. Vrae oor volhoubare bestuurspraktyke, en hoe om landbou op die kontinent te laat gedy, is van die vrae waarvoor daar antwoorde en oplossings gesoek is.
Saterdag, 5 November 2022
Volgens onlangse navorsing is rooibos die tweede koelste drankie, wat deur plaaslike jongmense geniet word.
Vrydag, 11 November 2022
Danksy ‘n ooreenkoms wat ná meer as tien jaar van onderhandelinge onlangs onderteken is, kan Suid-Afrikaanse beesvleis en ander rooivleisprodukte dalk al IN 2023 na Saoedi-Arabië uitgevoer word. Die bestuurshoof van die Beefmaster Groep, Louw van Reenen, sê die ooreenkoms sal na verwagting daartoe lei dat Saoedi-Arabië tot 1000 ton beesvleis per jaar bestel, wat die land die grootste uitvoermark vir Suid-Afrikaanse beesvleis sal maak. Hy verduidelik ook hoe produsente dwarsoor die land moontlik hierby sal baat.
Saterdag, 12 November 2022
In die Breedekloof kan jy plaasverblyf geniet. In die Slanghoekberge kan jy bergklim, of wyn of bier saam met kolwyntjies of wafels proe. Daar is ook trekkerritte en pieknieks, wat veral by gesinne gewild is. Dis van die lekkertes wat jy kan verwag as jy saam met Lizelle Wentzel van Western Cape Microadventures aansluit vir ‘n naweek van plaaspret en kopskoonmaak. Hulle neem ons saam op een so ‘n avontuur.
Vrydag, 18 November 2022
As Suid-Afrika se topverkoper-kultivar wat die landsvlag hoog laat wapper in uitvoermarkte dwars oor die wêreld, verwag wynliefhebbers net die beste Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc. Vanjaar se beoordelaars van die 2022 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie was dit eens: SA Sauvignon Blanc het dit alles. Gehalte, tekstuur, balans tussen vrug en suurstruktuur, kompleksiteit, elegansie én ʼn wye verskeidenheid van style is van die kenmerke wat uitgelig is deur ʼn uitgesoekte paneel van vooraanstaande wynkenners tydens die beoordeling waar 161 wyne van 102 produsente geproe is.
Saterdag, 19 November 2022
Ons besoek die Alternatiewe Voedselproduk-bekendstellingsdag by die Universiteit Stellenbosch, en luister na stories oor hoe nuwe produkte met name soos die Bo-Kaap Bite ontwikkel is, en watter ander innovasies vanjaar se studente voor gesorg het.
Vrydag, 25 November 2022
Die rol van die staatsamptenaar is om die beleid waarop besluit word, te fasiliteer. In ‘n landbou-omgewing is daar vele veranderlikes wat in ag geneem moet word. Dit sluit onder andere in veerkragtigheid in die toekoms en verantwoordbare regeerkunde om boere so goed moontlik by te staan. Die Direkteur van Besigheidsontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik die oorsaak-en-gevolgmodelle waarop daar in strategiese beplanning besluit is, en hoe die departement reeds besig is om die weg te baan na 2050.
Saterdag, 26 November 2022
Daar word ongewone kos-idees voorgesit. Dis moontlik ‘n paar van vele wat vir ons voorlê waar daar herbesin moet word oor hulpbronne. Die storie is een vir die kosboeke, en dis so dat jong Suid-Afrikaners se entoesiasme oor die toekoms ‘n inspirasie is. Produkontwikkeling, voedselwetenskap en die toekoms van die voedselbedryf is dinge waaroor dr. Maricel Krugel van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch graag saamgesels.
Vrydag, 2 Desember 2022
Die impak van beurtkrag op Suid-Afrikaanse plase word van nader bekyk. Die vordering van ontwikkelende tegnologie kom onder bespreking, en ons hoor hoe boere innoverend te werk gaan om te midde van ‘n energie-risis kop bo water te hou. Volgens Jannie Strydom, bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, is daar genoegsame skakeling tussen georganiseerde landbou en Eskom se topbestuur. Hy gee ook ‘n oorsig oor die huidige stand van sake. Daneel Rossouw, die hoof van Nedbank se landbou-Afdeling, sê daar is goeie nuus oor die koste van sonpanele en batterystelsels. Hy praat oor fotovoltaïese energie en die gebruik van biomassa in kragopwekking.
Saterdag, 3 Desember 2022
Die Covid-19-pandemie het daartoe bygedra dat aanlynhandel toegeneem het. Nile.ag Marketplace is ’n aanlynplatform wat die handel in onder andere varsprodukte oor grense heen vergemaklik. Dit bied aan handelaars die geleentheid om hulle produkte aan kommersiële kopers in Suid-Afrika en die res van Afrika te verkoop. Louis de Kock het die platform saam met Eugene Roodt en Rick Kleinhans op die been gebring. De Kock het op ’n groenteplaas naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap grootgeword, en was voorheen die kategoriebestuurder van varsprodukte by Amazon in Amerika. Hy sluit by ons aan.
Vrydag, 9 Desember 2022
Die adjunk-direkteur-generaal van landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, vertel van ‘n gratis landboupublikasie. Adele du Toit van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê die organisasie is heeltyd beskikbaar om boere en lede van die publiek met praktiese wenke en raad te bedien.
Saterdag, 10 Desember 2022
Boere lys hulle produkte op ‘n platform met die naam Nile.ag volgens die gradering en groottes wat deur regulasies voorgeskryf word, en verskaf ook foto’s. ’n Onafhanklike inspekteur tree as arbiter op wanneer produkte wat gelewer word, nie met regulasies ooreenstem nie. Sedert dit in November 2020 bekend gestel is, is miljoene kilogram varsprodukte op die platform verkoop, en die huidige vraag oortref die stigters se verwagtinge. Louis de Kock is een van die drie stigters van die besigheid. Hy verduidelik hoe boere hierby kan baatvind.
Vrydag, 16 Desember 2022
Die Wes-Kaapse veterinêre laboratoriums ondergaan op die oomblik ‘n uitgebreide opknappingsprojek. Francois Dreyer, tegniese bestuurder van veterinêre diagnostiese dienste, verduidelik hoe dit klante in die volgende paar maande sal raak. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller praat oor die voorkoms van aarskroei op koring.
Saterdag, 17 Desember 2022
Suiwelboer Johannes Loubser van Fair Cape Dairies in Durbanville is vanjaar weer gekroon as die Landbounavorsingsraad se Meestersuiwelboer van die Jaar. Dié eer het Loubser ook in 2020 te beurt geval. Die kompetisie vier uitstaande prestasie deur Suid-Afrika se top kommersiële en kleinskaal suiwelboere, en word deur verskeie sleutelrolspelers as ‘n hoogtepunt op die land se landboukalender gesien. Die geleentheid is aangebied deur Agri-Expo namens die Nasionale Melkaantekening- en Verbeteringskema van die LNR. Ons hoor ‘n storie van generasie-oordrag van kennis en hoe ‘n familiebesigheid van krag tot krag bly gaan.
Vrydag, 23 Desember 2022
Janika de Beer is ‘n gekwalifiseerde veekundige. Sy is op die oomblik besig met haar tweede jaar as Meesterstudent in veekunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy vertel van haar navorsing wat verband hou met kleinboere. Veral klein melkboere sal baatvind by haar studies en bevindings. Die jaarlikse Agri’s Got Talent Sangkompetisie is een waar agriwerkers gehuldig word, en waar uitsonderlike stemme gekoester word. Vanjaar se wenner, Jasmine Bones, deel haar planne vir die toekoms, en wat die kompetisie vir haar beteken het.
Saterdag, 24 Desember 2022
Vreemde weerverskynsels en die wiskunde van die atmosfeer is van die weerkantoorstaaltjies wat prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria met ons deel. Hy vertel dat dit boere is wat hom nog altyd met van die interessantste data voorsien het. Van kleintyd af is hy gefassineer deur hemelgebonde aktiwiteite van die natuur.
Vrydag, 30 Desember 2022
Ons gesels met ‘n plantpatologienavorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Gert van Coller, oor die voorkoms van poeieragtige meeldou op koring. Ons hoor ook wie om te kontak indien jy raad wil hê of meer wil uitvind oor hierdie en ander plantsiektes. Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum deel praat oor ‘n onlangse navorsingsverslag wat verband hou met omgewingsbestuur. In ons laaste Vrydag-kuier van die jaar, ondersoek ons die waarde van agritoerisme, met ‘n voorstel of twee wat jy dalk nog in jou vakansie kan inpas.
Saterdag, 31 Desember 2022
Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land, en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wêreld. Hy vertel van sy onlangse navorsing en sy seisoenale voorspelling vir die eerste kwartaal van 2023. Hy verduidelik hoe ons gerus meer gereeld kan afkyk by Suid-Amerikaanse weerpatrone om meer lig op ons eie te werp.
1 January 2022
Wynand Steyn is professor in siviele ingenieurswese en departementshoof by die Universiteit van Pretoria. Hy is ook voorsitter van die skool vir ingenieurswese by Tukkies in die fakulteit bou-omgewing- en inligtingstegnologie. RSG Landbou hoor by hom hoe 3D avokadopeerboere van nuttige inligting voorsien.
7 Januarie 2022
Ons praat met spesialis-wetenskaplike prof. Robin Meeske oor melkbeeste en weiding, en bespreek van die navorsingsprojekte wat by die Outeniqua Navorsingsplaas naby George gedoen word. Ons vind ook uit hoe melkboere hierdeur bevoordeel word.
8 Januarie 2022
Wynand Steyn is professor in siviele ingenieurswese en departementshoof by die Universiteit van Pretoria. Hy was in 2021 deel van ‘n span wat 3D avokadopere en tamaties ontwerp het om sodoende nuttige inligting oor uitvoerprosesse te bekom. Ons hoor wat die volgende fase van ontwikkeling behels. Ons maak ook kennis met ‘n robothond wat besig is om handige take op Suid-Afrikaanse plase te verrig.
14 Januarie 2022
Bertus Myburgh is ‘n navorsingstegnikus by die Outiniqua Navorsingsplaas naby George. Hy vertel van hulle Anguskudde en die navorsing wat hulle doen. Shane Rudolph is ‘n landbou-ekonoom by Agri Enterprises. Sy is ook hoof van navorsing en ontwikkeling. Sy verduidelik die huidige tekort aan glyfosaat, wat dit is, en hoe dit boere raak.
15 Januarie 2022
‘n Digitale tweeling is iets waaraan ‘n groep slimkoppe in Pretoria op die oomblik mee woeker. Wat is dit, en hoe sal dit vir boere van waarde in die toekoms? In ‘n vorige episode het ons kennis gemaak met Suid-Afrika se heel eerste robothond, Smoof. Om Smoof se maag vol te hou, is in hierdie stadium ‘n uitdaging.
21 Januarie 2022
Dr. Chris de Brouwer is die wetenskaplike bestuurder van die veekundedirektoraat by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Dié departement het onlangs ‘n veer in die hoed verdien vir iets wat met wolgradering tew make het.
22 Januarie 2022
Lehman Lindeque is bestuurder by die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprojek, en is verantwoordelik vir volhoubare grondbestuur. Hy bespreek die toekoms van hommeltuie in landbou. Tamiko Sher van die African Institute for Entrepreneurship was een van die sprekers by ‘n hommeltuigkonferensie. Volgens haar is daar oneindig baie geleenthede vir toekomsoperateurs, met die potensiaal om werksgeleenthede te skep. Este Matthew van die EWT was ook by die konferensie, en het die belangrikheid van die oewerkonyn se voortbestaan verduidelik aan die hand van die gebruik van hommeltuigtegnologie in bewaring.
28 Januarie 2022
Prof. Eugene Cloete, viserektor by die Universiteit Stellenbosch, kyk terug op 2021, en deel ‘n interessante teorie oor ‘n ekostelsel onder druk, hoe dit landbou raak, en waarom hy goeie dinge vir Suid-Afrikaanse boere voorspel in die jaar wat voorlê.
29 Januarie 2022
Cobus Meyer is ‘n boer van Leeudoringstad in Noordwes. Volgens hom was sy destydse besluit om ‘n Kalahari Red Goat-stoet aan te skaf een van die beste sakesbesluite wat hy nog geneem het. Hy verduidelik waaraan hy sy suksesse toeskryf. Este Mathew van die Trust vir Bedreigde Spesies was onlangs ‘n gas by ‘n hommeltuigkonferensie buite Stellenbosch. Volgens haar is die gebruik van hommeltuie aan die toeneem. Wynand Steyn is professor in siviele ingenieurswese en departementshoof by die Universiteit van Pretoria. Hy is hy ook ten gunste van digitale gebruike op plase, en die allerbelangrike inligting wat dit aan boere voorsien.
4 Februarie 2022
Volgens Marthane Swart van die SA Rooibosraad lê daar besige en opwindende maande voor vir rooibosboere. Ons het by haar gaan aanklop om te hoor wat aan die broei is. Hannes Meyer is wynmaker by Lomond in die Kaap Aghulas-wynstreek. Die plaas het nie minder nie 18 verskillende grondsoorte! Ons hoor by hom hoe hierdie ongewone verskynsel die wynmaakproses beïnvloed.
5 Februarie 2022
Chris Burgess is ‘n man vir wie sy werk as joernalis vir hom ‘n lewenstaak is. Ná meer as ‘n dekade se verbintenis met die ikoniese Afrikaanse handelsmerk, Landbouweekblad, kyk hy terug. Chris is onverskrokke in sy visie om ‘n betekenisvolle en positiewe bydrae tot die landbougesprek in Suid-Afrika te maak. Met meer as ‘n honderd jaar se argiewe is dit ‘n voorreg om aan te sit by ‘n tafel waar boerestories vrygewig gedeel word.
11 Februarie 2022
Dr. Gert van Coller, ‘n plantpatologie-navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel hoe toedienings van swamdoders in die departement se deposisieproewe toegepas word, en watter navorsing onlangs in dié verband gedoen is. Suid-Afrika het in onlangse jare omgedraai van ‘n netto-invoerder na ‘n netto-uitvoerder in die rooivleisbedryf. Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, bring hulde aan ‘n groot landbougees wat waardevolle bydraes in dié sektor gemaak het.
12 Februarie 2022
Malan Heyns boer onder andere met hoenders op sy plaas Kleinbegin in die Vrystaat. Hy is passievol oor landboutegnologie, en volgens hom het outomatisering sy besigheid ‘n hupstoot gegee. Hy vertel hoe ‘n tornado destyds verwoesting op sy plaas gesaai het, en wat dit geverg het om van dié terugslag te herstel. Hy brei gesels ook oor roofdiere wat hy op sy plaas versorg.
18 Februarie 2022
Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land, en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wêreld. Hy vertel van onlangse navorsing wat hy behartig het, en van sy seisoenale voorspelling vir die eerste kwartaal van 2022. Hy verduidelik ook hoekom ons meer gereeld na Suid-Amerikaanse weerpatrone moet kyk om meer lig op ons eie te werp. Dr. Leana Janse van Rensburg is ‘n staatsveearts in die Suid-Kaap verbonde aan die Wes-Kaapse Departement Landbou. Sy praat oor die voorkoms van Afrika-varkpes.
19 Februarie 2022
Prof. Johnnie van den Berg van Noordwes-Universiteit is bestuurder van die geïntegreerde plaasbestuurprogram in die Eenheid vir Omgewingswetenskap by die universiteit. Hierdie bekende entomoloog gesels oor maniere wat boere op grondvlak kan help om insetkoste in toom te help hou.
25 Februarie 2022
Ons praat oor slange en ander Suid-Afrikaanse somer-realiteite. Hoe gemaak as ‘n bakkop in jou voortuin verskyn? Ons gesels met dr. Elizna Boag van AfriVet hieroor , en omseil dalk in die proses ‘n probleem of twee.
26 Februarie 2022
Hoewel die Suid-Afrikaanse wynbedryf geruime tyd sal neem om ten volle van die Covid-19-handelsbeperkings te herstel, beur wyndruifprodusente voort deur hulle met die jongste inligting en kundigheid toe te rus en voortdurend hulle benadering in die wingerd aan te pas. Yvette van der Merwe van die Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -stelsels deel opwindende nuus in dié verband.
4 Maart 2022
Prof. Johnnie van den Berg van Noordwes-Universiteit is ‘n bekende entomoloog. Hy is een van die sprekers by die Landbouweekblad Herlewingslandbou-konferensie wat op 10 Maart op Ottosdal plaasvind. Hy gee ons ‘n voorsmakie. Pieter de Klerk van Bloemfontein beskryf homself as ‘n groente-entrepreneur. Hy is afgetree, maar sy landboupad is nog lank nie klaar nie. Hy gee raad aan ander wat poog om dieselfde te doen.
5 Maart 2022
Landboufokusskole wat landboutegnologie aanbied kom onder die soeklig. Die direkteur van besigheidsontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik hoe ‘n vennootskap tussen twee staatdepartemente daartoe gelei het dat hommeltuigonderrig in al sy fasette vir graad 8 tot 12 leerders by skole in die Wes-Kaap aangebied word. Die nuwe loopbaangeleenthede wat heirdeur ontstaan, word ook bekyk.
11 Maart 2022
Frits van Oudtshoorn is ‘n Limpopo-boer en onafhanklike weidingskonsultant. Die verbetering van weidingstelsels en metodes om drakrag te verhoog, interesseer hom veral. Hy deel die navorsingsresultate wat verband hou met ultrahoëdrukbeweiding en weidingsbestuur. Hy verduidelik ook hoe boere slangbos se getalle met sukses kan beheer. Prof. Stephanie Midgeley praat oor die waarde en betekenis van die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Smart-Agri Plan. Sy is verbonde aan die Departement Hortologie aan die US en dien as navorser en wetenskaplike vir klimaatsverandering en risikobestuur by die departement.
12 Maart 2022
Wingerdkundige Rosa Kruger van die Ou Wingerd-projek gesels oor plaaslike wynoeste van die afgelope jaar. Sy verduidelik hoe daar tydens die grendeltyd innoverend te werk gegaan moes word om uitdagings die hoof te bied. Sy vertel ook hoe ‘n Franse wynafvaardiging onlangs verrassende navorsingsresultate in Suid-Afrikaanse wingerde bespeur het.
18 Maart 2022
Die Direkteur van Besigheidsontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik hoe hommeltuigonderrig by landboufokusskole ‘n legio nuwe werksgeleenthede skep. Francois Viljoen, wat die afgelope 36 jaar as wingerdboukundige praktiseer, het die prys ontvang vir wingerdbou en wynskepping by die jaarlikse Wynoesherdenking op die Kaapse wynlandgoed, Groot Constantia.
19 Maart 2022
Dis heerlik om ‘n glasie te klink in die geselskap van ‘n bekende wingerdkundige. Mens weet goed hoe trots ons kan wees op plaaslike wyn, wat telkens kenners dwarsoor die wêreld bekoor. Om ou wingerde te koester is kosbaar. Nie net is dit ‘n eerbetoon aan die natuur nie, maar ook ‘n teenvoeter vir klimaatsverandering. Maar van watter ouderdom af word wingerde as oud beskou? Rosa Kruger is by uitstek die beste persoon om te vra.
25 Maart 2022
‘n Plantpatologienavorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Gert van Coller, vertel van die navorsing wat beplan word vir 2022. Huibre Schreuder is ‘n tweede jaar PhD-plantpatologiestudent by die US. Haar navorsing fokus op swartstam by canola.
26 Maart 2022
Ons kuier by ‘n man wat mense op elke vasteland inspireer. Sy liefde vir die boere van Afrika en sy eerstehandse kennis daarvan, is opvallend. Dis ook deels rede waarom avonturier Riaan Manser elke jaar vyf matrikulante op ‘n ovengeetlike reis neem.
Saterdag, 30 April 2022
Dr. Albert Strever van die Fakulteit Landbouwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch beskryf hoe die 2035-verslag lig werp op hoe landbou van die toekoms daar sal uitsien. Doris Viljoen, Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die US se Besigheidskool, verduidelik hoe onlangse navorsing in dié verband van groot waarde vir boere is.
Vrydag, 29 April 2022
‘n Bilaterale ooreenkoms tussen die Kaliforniese Departement van Kos en Landbou en die Wes-Kaapse Departement van Landbou het betekenisvolle uitruiling van kennis tot gevolg. Die Direkteur van Besigheidsontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, sê veral klimaatslim boerderypraktyke was prominent in die gesprekke. Avonturier Riaan Manser neem later vanjaar vyf matrikulante Antartktika toe. Die doel hiervan is om onder andere maniere na te vors om aardverwarming te bekamp.
Saterdag, 23 April 2022
Dr. Adriaan Smit is Hoof van die South African Gourmet Mushroom Academy. Volgens hom is daar heelwat gesondheidsvoordele verbonde aan die insluit van sampioene in mens se eetplan. Voordele waarvan baie van ons nie eens bewus is nie. Die tuisverbouing van sampioene is ook ‘n winsgewende stokperdjie. Jy moet egter op jou hoede wees om nie sekere foute in die proses te maak nie. Hy bespreek dit volledig op RSG Landbou.
Vrydag, 22April 2022
Staatsveearts dr. Vivian Malan praat oor die take en verantwoordelikhede van mense wat in die veeartsenydienste van verskeie departemente van landbou dien, veral in die lig van die feit dat vyf uit nege provinsies bek-en-klouseergevalle het. Toit Wessels van Nampo het goeie nuus. Ná ‘n afwesigheid van twee jaar kan ons weer vere regskud vir die grootste landbou-tentoonstelling in Afrika.
Saterdag, 16 April 2022
Dr. Adriaan Smit van die South African Gourmet Mushroom Academy verduidelik hoe tuisverbouing van sampioene ‘n baie winsgewende landboubedryf kan wees vir agri-entrepreneurs. Volgens hom kan mens dit met sukses by jou huis aanpak, mits jy die regte kennis het. Hy vertel ook dat mense met uiteenlopende agtergronde graag aantree vir opleiding in dié verband.
Vrydag, 15 April 2022
April staan bekend as Kaasmaand op die kalender van Agri-Expo. ‘n Ekstra dag van vanjaar se SA Kaasfees is ook by Sandringham buite Stellenbosch gevoeg. Breyton Milford, Operasionele Bestuurder by Agri-Expo, verduidelik waarna ons vir die res van die maand kan uitsien, kort op die hakke van vanjaar se gesogte Suiwelkampioenskap-kompetisie.
Saterday, 9 April 2022
Renosterveld is Suid-Afrika se mees bedreigde habitat, en die 5% wat oorbly kom meestal op plase in die Overberg voor. Die Overberg Renosterveld Bewaringstrust werk met boere om hierdie oorblywende gedeelte te beskerm. Hulle het pas 10 jaar oud geword. Die span het al baie bereik, byvoorbeeld 6 000 hektaar word nou vir altyd bewaar deur serwituutsooreenkomste tussen die trust en boere. Tog is dit belangrik om aan te hou werk met boere om verdere verliese te probeer verhoed. Grant Forbes, die trust se bewaringsbestuurder, sluit by ons aan.
Vrydag, 8 April 2022
Daar is steeds ‘n ernstige toename in die sprinkaanplaag. Veral dele van die Oos-, Wes- en Noord-Kaap loop deur. Agri Wes-Kaap se bestuurshoof, Jannie Strydom, werp lig op die situasie. Thea van Zyl van Hortgro sluit by die program aan om te gesels oor vanjaar se Agri’s Got Talent-sangkompetisie.
Saterdag, 2 April 2022
Die bekroonde SA Kaasfees keer ná twee jaar terug. Kaas- en wynliefhebbers kan uitsien na ‘n splinternuwe ervaring – ‘n maandlange ontdekkingsreis van kaas en meer! ‘n Reeks van vier SA Kaasfees Opwip-pieknieks vind oor vier naweke in April 2022 by vier gewilde bestemmings plaas – van die Wynland en Walkerbaai tot aan die Weskus en weer terug na die Wynland. Die Operasionele Bestuurder by AgriExpo, Breyton Milford, sluit by ons aan op RSG Landbou.
Vrydag, 1 April 2022
Op 24 Februarie 2022 het president Wladimir Poetin oorlog teen Oekraïne verklaar, ‘n beduidende geopolitieke risiko wat skokgolwe oor die hele wêreld gestuur het. Wêreldwyd is Rusland en Oekraïne landbou-wêreldmoondhede. Shane Rudolph, ‘n landbou-ekonoom by Agri Enterprises, verduidelik wat die uitwerking hiervan op Suid-Afrikaanse boere kan wees. Die adjunkdirekteur-generaal: landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaap Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, vertel van ‘n gratis landbou-publikasie.
Saterdag, 28 Mei 2022
Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe is die mees gesogte en grootste suiwelgebeurtenis in die land. Die kompetisie, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word, is oop vir groot, medium en klein suiwelvervaardigers, en spog met meer as 100 kategorieë vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander suiwelprodukte waarvoor vervaardigers kan inskryf. Wenners van die onderskeie kategorieë word as SA kampioen bekroon. Johan Ehlers van Agri Expo verduidelik hoe daar innoverend te werk moes gaan om te verseker dat die kompetisie te midde van die pandemie kon voortgaan.
Vrydag, 27 Mei 2022
Liezl McKenzie, ‘n geografiese inligtingstelsel-tegnikus by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, het onlangs ‘n internasionale toekenning losgeslaan. Arie van Ravenswaay verduidelik waarom dit ‘n besonderse veer in die hoed is. Plantpatologienavorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Gert van Coller praat oor die navorsing wat onlangs op graangewasse gedoen is.
Saterdag, 21 Mei 2022
Na afloop van vanjaar se Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe is menigte produsente vereer vir hulle wêreldklas produkte. In die proses het heelwat besighede ook ‘n hupstoot gekry. Die proses van beoordeling is ‘n interessante en komplekse een. Die bestuurshoof van Agri Expo, Johan Ehlers, gee vir ons ‘n idee hoe die kampioene in die bedryf gekroon word.
Vrydag, 20 Mei 2022
Dr. Chris de Brouwer, die waarnemende hoof van navorsing en tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, verduidelik die belangrikheid van die Wêrelddag vir Innovasie, veral in ‘n tyd van van Covid. Grant Forbes, die bewaringsbestuurder by die Overberg Renosterveld Bewaringstrust, sê daar is baie geleenthede vir indiwidue om as vrywilligers by die organisasie aan te sluit. Die dekaan van die Fakulteit Agriwetenskappe by Universiteit Stellenbosch, prof. Danie Brink, verduidelik hoe voornemende studente kan inskryf by die universiteit se nuwe skool vir klimaatstudies.
Saterdag, 14 Mei 2022
Lindy Kraak-de Vos en Henryetta Sass is twee Wes-Kaapse kleinboere wie se paaie destyds met die South African Agri Academy gekruis het. Hulle het ‘n nederige begin gehad tot waar hulle vandag deel is van die nuwe sogenaamde Voedpad. Vir hierdie vroueboere is gemeenskapsontwikkeling sentraal tot hulle landbou-ideologie.
Vrydag, 13 Mei 2022
Die tuisverbouing van sampioene is besig om talle agri-entrepreneurs se beursies te laat swel. Dr. Adriaan Smit van die South African Gourmet Mushroom Academy verduidelik watter ander voordele daar aan dié betrokke landbou-aktiwiteit verbonde is. Veranderende werksomstandighede in die landbou is onlangs nagevors, met bevindings wat in die 2035-verslag vervat is. Doris Viljoen van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die US se Besigheidskool, verduidelik waar boere dit in die hande kan kry, en hoe ons seker kan wees dat landboubedrywe anders sal lyk binne die volgende paar jaar.
Saterdag, 7 Mei 2022
Die South African Agri Academy in Jamestown buite Stellenbosch het 21 jaar gelede sy ontstaan gehad. Hierdie sosiale entrepeneurskap-organisasie het oor die jare vele kleinboere se landboubedrywighede handomkeer verander. Lindy Kraak-de Vos en Henryetta Sass is twee van hierdie boere.
Vrydag, 6 Mei 2022
Die dekaan van die Fakulteit Agriwetenskappe by Universiteit Stellenbosch, prof. Danie Brink, vertel van hulle nuwe skool vir klimaatstudies. Legio nuwe loopbaangeleenthede word ook bespreek.
Saterdag, 25 Junie 2022
By die onlangse Giant Pumpkin-kompetisie op Heidelberg in die Wes-Kaap, is ‘n nuwe rekord opgestel. ‘n Bielie van ‘n pampoen, wat die skaal op 904,5 kg laat kreun het, het met die louere weggestap. Ná maande se vertroeteling en harde werk was dit die beloning vir ‘n jong plaasbestuurder van Ruiterbos by Mosselbaai. Sy liefde vir landbou en sy toegewydheid is opvallend. Dit is ‘n storie van ‘n passievolle jong man, wat sedert sy geboorte ‘n liggaaamlike uitdaging met dapperheid in die oë moes kyk. Willem le Grange se verhaal is ‘n inspirasie.
Vrydag, 24 Junie 2022
In die voorlaaste program in ons Jeugmaand-reeks, sluit Agri Wes-Kaap se uitvoerende hoof, Jannie Strydom, by ons aan om te vertel van die jaarlikse Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie. Toit Wessels van Nampo kyk terug na die grootste landbou-tentoonstelling in Afrika wat, vanjaar met groot sukses plaasgevind het.
Saterdag, 18 Junie 2022
Hy het geweet sy pampoen sal ‘n wenner én ’n Suid-Afrikaanse rekordhouer wees. Volgens Willem le Grange, ’n plaasbestuurder van Ruiterbos buite Mosselbaai, het hy vertroue gehad in sy reuse pampoen van 904,5 kg wat vanjaar as die wenner op die Giant Pumpkin-fees in Heidelberg in die Wes-Kaap aangewys is.
Vrydag, 17 Junie 2022
Prof. Stephanie Midgeley van die Departement Hortologie aan die Universiteit Stellenbosch het onlangs ‘n reis deur die Wes-Kaap onderneem waartydens sy deelhouers en boere besoek het. Sy vertel wat sy bevind het. Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum deel die inhoud van ‘n navorsingsverslag oor omgewingsbestuur. Lina Keyter, direkteur en stigterslid van die South African Agri Academy in Jamestown buite Stellenbosch, het ‘n woord van bemoediging vir kleinboere.
Saterdag, 11 Junie 2022
Stel jou voor ‘n kosproe-roete waar jy van die mees outentieke Suid-Afrikaanse disse eerstehands kan beleef, daar waar dit vandaan kom. Hierdie droom het in April ‘n realiteit geword toe die South African Agri Academy in Jamestown buite Stellenbosch onder leiding van Lina Keyter, die Voedpad bekendgestel het.
Vrydag, 10 Junie 2022
Pieter Botha, ‘n areabestuurder vir besigheidsbankdienste in die Noord-Kaap, verduidelik waarom die rosynbedryf baie belowend lyk. Deona Strydom, ‘n gemeenskap-ontwikkelingsbeampte by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel wat dié dienste behels, en gee besonderhede oor vanjaar se Wes-Kaap Prestige Agri-kompetisie. Dr. Johann Strauss, ‘n seniornavorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou, gesels oor opwindende navorsingsprojekte waarmee die departement besig is.
Saterdag, 4 Junie 2022
In die eerste van ons Jeugmaand-reeks is daar ‘n storie wat jou sal bybly en inspireer. Alwyn Uys was destyds betrokke by sitrusuitvoere. Sy landbou-agtergrond en wat hy daar geleer het sou later ‘n bron van hoop wees nadat sy lewe agt jaar gelede onherroeplik verander het. Hoor hoe hy bykans onmoontlike uitdagings oorkom het, en hoe grense met dapperheid oorbrug kan word.
Vrydag, 3 Junie 2022
Dr. Dirk Troskie, direkteur van Sake-ontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, sluit by ons aan om die eerste van twee deelhouer-vergaderings van die jaar te bespreek. Tydens die vergadering het die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, sy jaarbegroting bespreek. Troskie verduidelik ook watter positiewe uitkomste die byeenkoms tot gevolg gehad het, wat verband hou met landbou in die provinsie.