RSG Landbou Archives
The RSG Landbou Archive. Right click on the audio and select Save As. This allows you to download the sound clip to your device.
2023 Archive
Saterdag, 1 Julie 2023
Vinpro, die wynbedryfliggaam verteenwoordigend van byna 2 600 Suid-Afrikaanse wynprodusente, kelders en belanghebbendes in die wynbedryf, het Conrad Schutte as nuwe bestuurshoof aangestel. Volgens Schutte is daar wysheid in ons wingerde. Veral as mens hoor van al die innovasies wat gebottel staan in plaaslike kelders, ook in antwoord op ‘n veranderende klimaat.
Vrydag, 7 Julie 2023
Plantpatologie-navorser doktor Gert van Coller van die Wes-Kaapse Departement Landbou vertel van die departement se jongste navorsingsprojekte. Ons bespreek die rol van landbou in die energieketting. Ferdie Endemann werk by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Hy is ‘n spesialisvoorligter in akwakultuur. Hy verduidelik watter uitwerking die toename in voorkoms van moordwalvisse is op akwakultuur en ekotoerisme het. Ons vind ook uit of dit moontlik is om met seekatte te boer.
Saterdag, 8 Julie 2023
Dr. Willem Botha het verlede jaar uitgetree as hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dis heerlik om jou landbouleksikon in sy geselskap te verbreed, en om uit te vind watter Afrikaanse woorde en uitdrukkings bestaan te danke aan landbou.
Vrydag, 14 Julie 2023
‘n Aardbewing aan die Oos-Rand, ‘n tornado in Durban en storms in die Wes-Kaap. Sou dit ‘n veilige aanname wees om te dink die laaste paar weke se weerpatrone is taamlik eienaardig? Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in die land, en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wêreld. Hy help ons sin maak van die ongewone weerpatrone, en deel sy seisonale voorspelling. Die Amerikaanse Assosiasie van Wyn-ekonome se konferensie is onlangs in Gordonsbaai in die Wes-Kaap gehou. Karl Storchmann van New York Universiteit is die uitvoerende direkteur en adjunkpresident. Hy verduidelik die doel van die byeenkoms, en hoe dit plaaslike markte raak.
Saterdag, 15 Julie 2023
Ontmoet Danielle Schoeman, Suid-Afrika se jongste vroulike meesterdistilleerder. Sy het Doña Distillery in 2019 gevestig met die droom om die bedryf te ontwrig, en ‘n ambisieuse doelwit om nuwe en opwindende spiritus na die plaaslike en internasionale markte te bring. Teen 2020 het Doña verskeie toekennings gewen, insluitend die trofee vir die beste drankie met lae/geen alkohol, beste gereed om te drink, en talle medaljes vir haar produkte by plaaslike en internasionale kompetisies. Sentraal tot hierdie suksesverhaal, staan ‘n Karooboer.
Vrydag, 21 Julie 2023
Dr. Ilse Trautmann van die Departement Landbou in die Wes-Kaap het met nuus oor die gratis landbou-publikasie, Agriprobe. Ons kry meer inligting oor familieboerdery-meesterklasse wat regoor Suid-Afrika aangebied word. Conrad Schutte, die nuwe bestuurshoof van Vinpro, vertel watter tegniese dienste beskikbaar is vir wyndruifboere in Suid-Afrika.
Saterdag, 22 Julie 2023
Bredasdorp is ‘n dorp in die Wes-Kaap met geen fasiliteite vir outistiese kinders nie. Alta de Wet het die DS de Wet Skool vir Outisme op Bredasdorp begin, met haar seun Daniël as die eerste leerder in dié skool in 2017. Vandag is die skool ‘n baken van hoop in die omgewing. Met hidroponika en liefde sorg Alta vir ‘n landboustorie vir die eeue.
Vrydag, 28 Julie 2023
Heinrich Kotze, ‘n navorsingsassistent by die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, is besig met sy meestersgraad. Hy stel veral belang is waterbestuur en klimaatsverandering, en het onlangs aan ‘n internasionale gevallestudie-byeenkoms in Nieu-Seeland deelgeneem. Doktor Mike Wallace. ‘n spesialis-wetenskaplike en spanleier van die Geografiese Inligtingstelsel-afdeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, het onlangs ‘n innovasietoekenning van die plaaslike regering ontvang. Hy verduidelik hoe die navorsing van waarde is vir boere landswyd. Hoe hou die landbousektor tred met die vyfde nywerheidsrewolusie? Hoe pas wetgewing aan in ‘n tyd waar die vraag lank nie meer is of ons dit kan doen nie, maar eerder of ons dit moet doen? Wat is kwessies wat verband hou met etiek in dié verband?
Saterdag, 29 Julie 2023
Dis opwindend om verslag te doen oor ‘n man op ‘n missie. Een wat handel oor byderwetse gebruike van beskikbare tegnologie op plase. Dink jou in koeie met waterbeddens, robotviervoete wat ronddraf en data inwin oor winderosie en grondgesonheid. Die toekoms is veel nader as wat mens soms dink. Arie van Ravenswaay, Assistentdirekteur van Innovasie, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, is pas terug van ‘n internasionale feitesending na onder andere Engeland. In die Wêreldbeker van moderne landboutoepassings, speel Suid-Afrika reeds in die uitkloprondtes.
Vrydag, 4 Augustus 2023
Die SKOG Boeredag vind op 24 Augustus plaas by die Langgewens Navorsingsplaas. Gert Conradie van die Wes-Kaapse Departement van Landbou het meer besonderhede. Dr. Ronald Heath Direkteur van Bosbou SA lewer kommentaar oor die sake wat by hulle jaarvergadering bespreek is. Hy bespreek die pad vorentoe, en het goeie nuus oor oplossings wat beurtkrag die hoof bied. Die grootste graanstoor ter wêreld is op Wesselsbron in die Vrystaat. Dis deel van ‘n familie-onderneming, en staan langs LFC Meule. Cobus van der Linde verduidelik hoe boere in die omgewing voordeel trek sedert die bekendstelling van dié agthoekige struktuur in April.
Saterdag, 5 Augustus 2023
In die eerste program van ons Vrouemaand-reeks, stel ons jou voor aan iemand wat die lewe onverskrokke aandurf. Op ‘n jong ouderdom het sy reeds besef dat die natuur die plek is waar sy haarself die beste kan uitdruk. Haar toegewydheid om sake aan te pak en verbeter, wat verband hou met gelykheid en omgewingsbestuur, is inspirerend. Karen Shippey, die hoofdirekteur: omgewingsvolhoubaarheid by die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake, sê geslagsgelyheid en klimaatsverandering het veel meer met mekaar toe doen as wat mens besef.
Vrydag, 11 Augustus 2023
In die eerste program van ons Vrouemaand-reeks, stel ons jou voor aan iemand wat die lewe onverskrokke aandurf. Op ‘n jong ouderdom het sy reeds besef dat die natuur die plek is waar sy haarself die beste kan uitdruk. Haar toegewydheid om sake aan te pak en verbeter, wat verband hou met gelykheid en omgewingsbestuur, is inspirerend. Karen Shippey, die hoofdirekteur: omgewingsvolhoubaarheid by die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake, sê geslagsgelyheid en klimaatsverandering het veel meer met mekaar toe doen as wat mens besef.
Saterdag, 12 Augustus 2023
Alta Eybers en Carla Hills van Babylonstoren gesels oor hulle produkte, wat onder andere van waterbuffelmelk gemaak word. Hulle amandel-en-sjokolade-gelato het ‘n SA Kampioen-toekenning gewen, en hulle halloumi-sosatie ‘n Qualité-toekenning.
Vrydag, 18 Augustus 2023
Die George Landbouskou vind plaas van 24 tot 27 Augustus. Die jaarlike Veeartsweek vind ook eersdaags plaas van 25 tot 29 September. En Wêreld Hondsdolheidsdag word op 28 September gehou. Dr. Vivien Malan, ‘n staatsveearts van die in Boland, praat oor die belangrikheid van biosekuriteit. En ons hoor van die Wes-Kaapse departement van landbou se betrokkenheid by Nampo Kaap, wat van 13 tot 16 September in Bredasdorp gehou word.
Saterdag, 19 Augustus 2023
Professor Stephanie Midgeley is verbonde aan die Departement Hortologie aan die Universiteit Stellenbosch en dien ook as navorser en wetenskaplike vir klimaatsverandering en risikobestuur by die Wes-Kaapse Departement Landbou. Dr. Ilse Trautmann is adjunkdirekteurgeneraal landbounavorsing en regulatoriese dienste by dieselfde Departement. Hulle is pas terug van ‘n feitesending na Amerika. Ons vind uit wat hulle internasionale klimaatsbestuureweknieë by hulle geleer het.
Vrydag, 25 Augustus 2023
Michelle Gouws is ‘n doktorale student aan die Universiteit Stelenbosch. Sy was onlangs deel van ‘n navorsingspan wat vlugtige olies in kalfievoeding bestudeer het. Arie van Ravenswaay van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap praat oor die praktiese gebruike van kunsmatige intelligensie vir boere ten opsigte van klimaatbeheer.
Saterdag, 26 Augustus 2023
Ons praat in Vrouemaand met vier uitsonderlike vroue in die landboubedryf.
Vrydag, 1 September 2023
Dr. Dirk Troskie van die Wes-Kaapse Department van Landbou praat oor ‘n nuwe strategiese plan wat onlangs in plek gestel is. Met aanstaande jaar se algemene verkiesing in gedagte, het die departement begin met ‘n ondersoek na die behoefte aan dienste onder boere. Die departement het onlangs ‘n klimaatsberaad vir die jeug in Oudtshoorn aangebied. Die doel hiervan was om die impak van klimaatsverandering te verduidelik, en om loopbaangeleenthede in die groen ekonomie uit te lig. Conrad Schutte van Vinpro praat oor die stand van die wynbedryf.
Saterdag, 2 Augustus 2023
Elani Heyneke’n senior voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het onlangs ‘n klimaatsberaad vir die jeug in Oudtshoorn bygewoon. Sy vertel hoe insiggewend dit was. Wat betref weervoorspellingstoepassings, lewer sy graag kommentaar. Dis interessant om te hoor hoe klimaatsverandering bestaande weermodelle beinvloed.
Vrydag, 8 September 2023
Jacques Bester, president van die Swartland Skou in Moreesburg, vertel van vanjaar se skou. Dr. Willem Botha, afgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, praat oor nuwe terminologie in landbou. Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het onlangs ‘n klimaatsberaad vir jongmense in Oudtshoorn aangebied.
Saterdag, 9 September 2023
Die Wes-Kaapse regering gaan van 25 tot 29 September die werk van veeartse en hulle ondersteuningspersoneel beklemtoon, en sal saam met die veeartse van die provinsie se Departement van Landbou deelneem aan aktiwiteite wat hulle personeel of private veeartse op ‘n daaglikse basis uitvoer. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, sluit by ons aan om die eerste provinsiale veeartseny week te bespreek. Staatsveearts dr. Annelie Cloete verduidelik wat die taak van dieregesondheidstegnici is.
Vrydag, 15 September 2023
Dr. Adriaan Olivier van die Volstruis-besigheidskamer in Oudtshoorn verduidelik wat die impak van ‘n veranderende klimaat op volstruisboerdery is.
Saterdag, 16 September 2023
Die eerste biosekuriteit- en veeartsenyweek word van 25 tot 29 September deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou aangebied. Om produsente, kleinboere en die publiek met inligting toe te rus oor sake wat verband hou met dieregesondheid, is nog nooit vantevore op dié skaal aangepak nie. Besoeke aan heelparty uiteenlopende plekke word beplan. Praktiese bystand sal veral aandag kry.
Vrydag, 22 September 2023
Karen Shippey, die Hoofdirekteur: Omgewingsvolhoubaarheid by die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake, is onlangs met ‘n provinsiale toekenning vereer vir haar leierskapsrol in die sektor. Haar navorsing sluit onder andere in die verband tussen geslagsgelykheid en klimaatsverandering. Die stand van veiligheid in landelike gebiede is veral belangrik vir haar. Elanie Heyneke, ‘n seniorvoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Kaapstad, praat oor die komende El Niño-seisoen. Denise Stubbs, die bestuurshoof van die bemagtigingsonderneming, Thokozani, en direkteur by Diemersfontein Wyne in Wellington, is in Vrouemaand vereer met ‘n nasionale toekenning vir vroue in die landbou. Sy deel ‘n boodskap van bemoediging aan voornemende landbouers.
Saterdag, 23 September 2023
Aan die voet van die mees suidelike bergreeks in Afrika, bewerk en versorg ‘n groep werkers al dekades lank grond en wingerde in die bekroonde Overbergse wynstreek. Nóú is die werkers van Akkedisberg Boerdery die trotse eienaars van ‘n eie handelsmerk én storie. Onder leiding van hulle mentor, Josef Dreyer, en hul twee direkteure, Mariette Moos en Christel Moses, stel Akkedisberg se trotse groep mans en vroue nou hulle eerste vatverouderde Southern Treasures Pinotage 2021 bekend. Dis gemaak van druiwe uit hulle eie wingerde.
Vrydag, 29 September 2023
Ons hoor wat alles by die Tulbagh Skou en die Robertson Skou gebeur. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, praat oor die belangrikheid van kommunikasie tussen boere, die publiek en dieregesondheidstegnici. Niel Bruwer is onlangs tot Agri Wes-Kaap se Jongboerkomitee verkies.
Saterdag, 30 September 2023
Danielle Schoeman is Suid-Afrika se jongste meesterdistilleerder. Op 33 is sy eienaar van Dona Distillery en die bekroonde brein agter uitvoerwhisky, vodka en Karoo-agave. Haar resep is een van slegs ‘n handvol in Afrika, wat innovering soos vakuumdistillasie insluit. Werkskepping staan sentraal tot al haar planne.
Vrydag, 6 Oktober 2023
Ons hoor wat alles by die Villiersdorp Skou en die Prins Albert Landbouskou gebeur. Die F. R. Tomlinson-gedenklesing is vanjaar aangebied Bongiswa Matoti, die Direkteur van Landbou Ekonomiese Dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou.
Saterdag, 7 Oktober 2023
Andries Wiese se sin vir humor en diep domeinkennis is diepgewortel in landbou. Hy is die hoof van landbou by ‘n internasionale versekeringsmaatskappy. In September was daar van die ergste oorstromings in mensenheugenis in die Overberg. Inwoners het gesteier. Paaie het verspoel. Mense is deur ongekende massas water gestrand gelaat, en daar was lewensverlies. Hierdie program is sewe dae voor die vloede opgeneem.
Vrydag, 13 Oktober 2023
Nampo Kaap is in September vir die vierde keer aangebied. Die organiseerder van, Toit Wessels, hou nabetragting van die geleentheid. Die hof van Nedbank se landbou-afdeling, Daneel Rossouw, vertel van sy gesprekke by Nampo Kaap oor klimaatsverandering. Ricardo Carelson van die Wes-Kaapse Departement van Landbou vertrel hoe bemagtinging deur die regering gelei het tot ‘n suksesverhaal in die Overberg. Niel Bruwer is onlangs as voorsitter van Agri Wes-Kaap se Jongboerkomitee verkies. Hy praat oor die rol en belangrikheid van georganiseerde landbou.
Saterdag, 14 Oktober 2023
Burton Francis is ‘n voormalige professionele rugbyspeler. Agt jaar se verblyf in Frankryk het hom die geleentheid gebied om landboumeesters se praktyke te bekyk. Vandag is hy ‘n agri-entrepreneur. Sy reise na uiteenlopende plekke in Suid-Afrika, het hom gemotiveer om ook ‘n onverskrokke reis na binne te onderneem.
Vrydag, 20 Oktoberber 2023
Pantone LLC, die wêreldgesag vir kleurtendense en verskaffer van professionele kleurstandaarde vir die ontwerpersbedryf, het Rooibos Pantone® uit 2 390 ander kleure gekies as een van die uitstaande kleure van 2024. Dié kleur is ook as een van die 10 beste kleure by die New York-modeweek aangewys. Marthane Swart van die SA Rooibosraad verduidelik die waarde hiervan vir boere. Jannie Strydom, die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, kyk na van die landbou-hoogtepunte van 2023.
Saterdag, 21 Oktoberber 2023
‘n Nuwe boek met 60 volstruis-resepte het onlangs die lig gesien. Die besturende direkteur van Cape Karoo International, dr. Francois de Wet, verduidelik hoe die nuwe stam van voelgriep produsente geraak het, en vertel wat in die sektor verwag kan word na aanleiding van die gebeure in die Midde-Ooste.
Vrydag, 27 Oktoberber 2023
Thea van Zyl, die projekbestuurder van Agri’s Got Talent, vertel hoe die tiende bestaansjaar van die kompetisie gevier gaan word. Christo Basson is die nuwe keldermeester by Nuy Wynkelder. Volgens hom is parsseisoene besig om te verander weens klimaatsverandering. Dr. Francois de Wet van Cape Karoo International verduidelik die belangrikheid van naspeurbaarheid.
Saterdag, 28 Oktober 2023
Ons het tydens die Rugby Wêreldbekertoernooi by landbouers aangedoen wat voorheen professionele rugbyspelers was. Burton Francis neem ons tot binne Stade de France – ‘n plek wat hy oor agt jaar baie goed leer ken het, en waar die stryd om die hoogste eer in rugby die naweek plaasvind. Dié skopper is die skepper van ‘n gelyknamige wynreeks, en vind hom vandag tuis in landbou.
Vrydag, 3 November 2023
Elani Heyneke van die SA Weerdiens praat oor die onlangse vloedskade in die Wes-Kaap, en weersake. Dr. Ilse Trautmann van die Departement Landbou in die Wes-Kaap vertel van die gratis landboupublikasie, Agriprobe. Martinus Rademeyer van Bonnievale Wines het tydens die afgelope toekenningseisoen heelwat redes gehad om breed te glimlag.
Saterdag, 4 November 2023
Kabous Pretorius, ’n veldwagter, natuurbewaarder en avontuurgids vertel van sy wedervaringe as ‘n teen-stropingsbeampte. Hy onthou ook die dag toe boere die lewe van mens en dier gered het toe ‘n wegholbrand gedreig het.
Vrydag, 10 November 2023
Mense in groot dele van Richardsbaai het onlangs alles in die stryd gewerp om ‘n brand onder bedwang te kry, wat ononderbroke by ‘n houtspaandermeule gewoed het.Toe die brandweer by die toneel aankom, was een van die houtspaanderhope reeds heeltemal deur die vlamme verswelg. Die Direkteur van Navorsing en Beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, praat oor die ekonomiese impak van die brand, en hoe dit boomboere raak. Die wynlandgoed wat die Robertson-vallei as een van Suid-Afrika se premium wynboustreke help vestig het, Bon Courage, het nog ‘n eerbewys vir sy hoëgehalte wyne ingepalm. Dit het die Grand Prix-trofee as top Suid-Afrikaanse produsent by die 2023 Michelangelo internasionale wyn-en-spiritualieë-kompetisie verower.
Saterdag, 11 November 2023
Ons besoek die bergagtigste land op aarde, met ‘n stop in die stad wat spog met die hoogste groen gebou wat ooit opgerig is. Dit neem jou slegs agt ure om met ‘n motor om dié besonderse bestemming te ry. Maar, dis veral hulle landboupraktyke wat ons ondersoek. Die Assistentdirekteur Innovasie, Tegnologie-ontwerp en -Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, is pas terug van ‘n feitesending na Taiwan. Hy bring ook ‘n proesel van Taipei se kultuur.
Vrydag, 17 November 2023
Prof. Pieter Swanepoel van die Departement Agronomie aan die Universiteit Stellenbosch verduidelik hoe boere hulle koolstofvoetspoor kan verklein deur middel van wisselboustelsels. Dr. Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou praat oor die oorskakeling van konvensionele landbou na bewaringslandbou.
Saterdag, 18 November 2023
Ferdie Endemann van Wes-Kaapse Departement van Landbou vertel van die sukses wat boere in akwakultuur behaal. Hy gesels ook spesifiek oor krokodilboere in Suid-Afrika.
Vrydag, 24 November 2023
Die gebruik van robotte in landbou is aan die toeneem. Suid-Afrikaanse tegnoloë is ook op die voorpunt van hommeltuigtegnologie. Die Assistentdirekteur: Innovasie, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, het onlangs landbouers in Taiwan gaan touwys maak oor onder andere hommeltuie. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller deel nuus oor die jongste navorsingsprojekte wat deur die departement onderneem word. Hy vertel ook waarna boere aanstaande jaar kan uitsien.
Saterdag, 25 November 2023
Ons kyk terug na van die hoogtepunte van 2023. Dr. Ilse Trautmann van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap deel stories aan die hand van vyf temas: navorsing, grond,veeartse, klimaatsverandering, en die mense wat die land se voedselmandjie met passie vol hou.
Vrydag, 1 Desember 2023
Die Nasionale Meestersuiwelboer-toekennings van die Landbou Navorsingsraad vier uitstaande prestasie deur Suid-Afrika se top-suiwelboere. Vanjaar se toekenningsgeleentheid het ‘n paneelbespreking oor volhoubaarheid ingesluit. Dr. Johann Strauss, senior navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou, vertel van ‘n internasionale geleentheid wat aanstaande jaar in Suid-Afrika aangebied word.
Saterdag, 2 Desember 2023
Vir heelwat Suid-Afrikaners lê ‘n vakansieblaaskans om die draai. Dalk het jy self planne om iewers langs die kus te gaan batterye herlaai. Die dieptes van die oseane en die lewensvorme, is iets wat die mensdom nog altyd gefassineer het. Daar is ‘n Suid-Afrikaanse verbintenis met Steven Spielberg se klassieke film, Jaws. Spesialisvoorligter in akwakultuur by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Ferdie Endemann, deel ‘n seestorie vir die eeue.
Vrydag, 8 Desember 2023
Ons hoor van die organisasie, GreenCape, se befondsingskema om veral mosselprodusente in Suid-Afrika by te staan met onafhanklike energie-oplossings. Ons hoor ook waarom daar op die oomblik ‘n verskuiwing van kreefspesies langs die kus plaasvind. Die Lesotho Hoogland-waterskema kom onder die soeklig. En, wat beteken die term, seetrekker?
Saterdag, 9 Desember 2023
Op 9 Desember 1963 het Australiër Rodney Fox ‘n haaiaanval oorleef. Later in sy lewe sou dié natuurbewaarder bekendheid verwerf as een van die wêreld se voorste haaikenners en ekskursieleiers vir avonturiers, wat saam met die diere wou vryduik. Sestig jaar ná die voorval kyk ons terug op ekotoere in Suider-Afrika, en hoe om die vakansiewater veilig te geniet. Ferdie Endeman, ‘n spesialisvoorligter in akwakultuur by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, deel wyshede, staaltjies en ander ongewone landboulekkertes.
Vrydag, 15 Desember 2023
Gedurende 2023 het GraanSA heelparty inligtingsdae aangebied. Boere het innoverende oplossings bespreek en interessante vrae onder mekaar beantwoord. Daar is veral ook ondersoek ingestel omtrent mielie produserende distrikte in warmwordende omgewings. Insigte rondom klimaat projeksies is onder andere gedeel. In RSG Landbou kyk ons opsommend daarna terug. Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in ons land, en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wereld. Hy deel sy seisoenale voorspelling vir die eerste kwartaal van 2024.
Saterdag, 16 Desember 2023
Volgens slangvanger Eduan Niemand, is dit veral geelslange en pofadders wat die tyd van die jaar hulle verskyning maak. Dit is egter ook so dat boere op hul hoede behoort te wees vir ander slang tipes. Eduan vertel van die mees ongewone plekke waar hy al sedert die begin van die somer seisoen slange verwyder het.
Vrydag, 22 Desember 2023
Statistieke Suid-Afrika het in die derde kwartaal bekend gemaak dat landbou ‘n beduidende rol in werkskepping gespeel het die afgelope jaar. Nagenoeg 960 000 Suid-Afrikaners tree daagliks aan vir ‘n pos in dié sektor. Dr. Stephano Haarhoff, ‘n landboukundige in die Agri Carbon Koolstofkredietprogram by Climate Neutral Group Suid-Afrika, praat oor kunsmisnavorsing op somergewasse binne die raamwerk van veranderende stelsels, wat bewaringslandbou insluit.
Saterdag, 23 Desember 2023
Ons luister na argiefmateriaal, herbesoek ‘n lewe in landbou, en hoor ‘n getroue dienaar van die landbousektor se sonderlinge storie. Die direkteur van sake-ontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, is onlangs deur Landbouskrywers Suid-Afrika as landboukundige van die jaar aangewys.
Vrydag, 29 Desember 2023
Adjunk Direkteur Landbou Ekonomie by die Wes-Kaapse Department van Landbou Riaan Nowers, deel nuttige data omtrent wild en landbougrond pryse. Ons bespreek veral goeie nuus vir boere wat betref wildveilings. Cobus Meiring van die Tuinroete-Omgewings Forum, Cobus Meiring deel met ons die inhoud van ‘n onlangse navorsingsverslag wat verband hou met omgewingsbestuur. Hy bespreek ook uitdagings tans is hand, asook moontlike oplossings.
Saterdag, 30 Desember 2023
Gedurende RSG Landbou het ons vanjaar formidabele mense ontmoet. Boere wat op hul stil sterk manier sorg vir ons nasie, en risiko elke dag in die oe kyk. Daar’s wysheid by die wat die grond bewerk en na aan die aarde leef. Direkteur van Besigheids-ontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou dr. Dirk Troskie bevestig dit. ‘n Man wat self op ‘n plaas leer leef het.
Vrydag, 6 Januarie 2023
Boere en bewaringsmense in die Karoo is bekommerd oor die skielike vrektes onder troetelkonyne en hase. Die Trust vir Bedreigde Dierelewe is besorg dat die omvang van die vrektes verdere druk op getalle van die bedreigde oewerkonyn sal plaas. Bonnie Schumann verduidelik wat boere te doen staan sou hulle dooie hase in die veld kry. Die bedryfshoof van die Beefmaster-groep, Gert Blignaut, praat oor beesvleisuitvoere na Saoedi-Arabië.
Saterdag, 7 Januarie 2023
Durbanville-boer en eiendomsontwikkelaar André Brink van Groot Phesantekraal, is aangewys as Suid-Afrika se Graanprodusent van die Jaar vir 2022. Brink, wat in 1985 saam met sy pa op hulle familieplaas begin boer het, het die titel verower as ‘n rolmodel in die gemeenskap en ook vir winsgewende en volhoubare graanproduksie.
Vrydag, 13 Januarie 2023
Die jaarlikse Vinpro-inligtingsdag is ‘n belangrike geleentheid vir belanghebbendes in die sektor. Vinpro se bestuurshoof, Rico Basson, vertel van die dag wat op 19 Januarie plaasvind. Ons hoor ook by hom wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf het, wat geen ander land het nie. Die assistentbestuurder van Nampo en Bemarking by GraanSA, Toit Wessels, het onlangs produsente in die Wes-Kaap besoek. Hy praat oor verlede jaar se graanoes en die 2023 produksiejaar.
Saterdag, 14 Januarie 2023
Nigel Klaasen, die juniorproduksiebestuurder van die plaas, Fruitways Glen Elgin, is in November verlede jaar aangewys as die wenner van die jaarlikse Wes-Kaap Prestige Agri-toekennings. Altesaam 994 plaaswerkers in 15 streke van die Wes-Kaap het in elf kategorieë deelgeneem. Hy sluit by ons aan.
Vrydag, 20 Januarie 2023
Danksy die Peritum Gapjaar in Landbou het skoolverlaters vanjaar ’n nuwe, opwindende opsie wanneer hulle hulle toekomsplanne smee. Studente sal vanaf Februarie tot Desember nuwe landboukennis, praktiese landbouervaring, asook noodsaaklike persoonlike en interpersoonlike vaardighede aanleer. Die nuwe HortiDemoCentre in Stellenbosch spesialiseer in beskermde tuinbou, en sal die nuutste Nederlandse tuinboutegnologie ten toon stel. Die sentrum beywer hom daarvoor om ‘n lewensvatbare besigheid te wees deur innoverende Nederlandse tegnologieë vir winsgewende, produktiewe, volhoubare en klimaatslim agronomie te implementeer en opleiding aan studente en opkomende boere te bied.
Saterdag, 21 Januarie 2023
Nigel Klaasen, junior produksiebestuurder van die plaas Fruitways Glen Elgin, is in November verlede jaar aangewys as die wenner van die jaarlikse Wes-Kaap Prestige Agri-toekennings. Hy verduidelik hoe hy sy drome laat waar word. Een daarvan is dat sy plaaslike gemeenskap moet gedy. Hy glo vas dat landbou vele van ons land se werkloosheidskwessies kan oplos.
Vrydag, 27 Januarie 2023
In ‘n tyd waar beurtkrag boere hoofbrekens besorg, is dit goed om daarvan kennis te neem dat daar tans hard gewerk word ten einde gouer as later oplossings te vind. Daneel Rossouw van Nedbank se landbou-afdeling verduidelik waarop daar in 2023 gefokus sal word. Volgens die Hortgro-boomsensus was daar 549 hektaar kersieboorde in Suid-Afrika in 2021, waarvan byna tweederdes jonger as ses jaar was. Kersie-uitvoere het meer as verdubbel van 216 ton af in 2019 tot 445 ton in 2021. Anton Rabe van Hortgro verduidelik waaraan die sukses toegeskryf kan word, en vertel van ‘n nuwe befondsingskema vir boere. Bennie Engelbrecht is ‘n stigterslid van Saffricon. Hulle is aan die stuur van die groei van die plaaslike saffraanbedryf. Engelbrecht gesels oor die uitdagings en oplossings in die bedryf. Suiwelboer Johannes Loubser van Fair Cape Dairies in Durbanville is verlede jaar gekroon as die Landbounavorsingsraad se Meestersuiwelboer van die Jaar. Volgens hom is dit uiters belangrik om gereeld met kenners te skakel. Hy verduidelik dit aan die hand van voorbeelde.
Saterdag, 28 Januarie 2023
Planne vir die ontwikkeling van die plaaslike saffraanmark is goed op dreef, en kan daartoe lei dat Suid-Afrika ʼn beduidende produsent en uitvoerder van die produk (by verre die wêreld se duurste spesery) word. Dis goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie aangesien die uitvoer van saffraan ʼn waardevolle bron van buitelandse valuta kan wees. Dit kan terselfdertyd help met die vestiging van opkomende, kleinskaal boere. Voorts bied dit kommersiële boere ʼn alternatiewe, gediversifiseerde bron van inkomste, veral in die lig van immer veranderende weerpatrone en marktendense, asook ander veranderlikes wat inwerk op boere se bestaande bedrywighede. Bennie Engelbrecht, ‘n stigterslid en direkteur van Saffricon, deel goeie nuus oor plaaslike saffraan wat onlangs ‘n internasionale veer in die hoed gekry het.
Vrydag, 3 Februarie 2023
‘n Boer van Wellington in die Wes-Kaap is onlangs op sy plaas deur ‘n Kaapse kobra gebyt. Die voorval het tydens beurtkrag plaasgevind. Eduan Niemand, ‘n bekende slangvanger van die omgewing was gou op die toneel om die slang te identifiseer, verwyder en om die boer te hulp te snel. So het hy ook die boer se lewe gered. Hy sluit by ons aan om wenke te deel oor wat mens te doen staan sou jy ‘n giftige slang op jou plaas teekom. Ons praat oor hoe om agriwerkers, boere en plaasdiere teen slange te beveilig gedurende die somermaande. Dr. Vivian Malan is staatsveearts in die Boland-kantoor en verbonde aan die Wes-Kaapse Departement Landbou. Hy bring ons op hoogte van die huidige stand van sake van hondsdolheid.
Saterdag, 4 Februarie 2023
Dr. Michael Jordaan het op 36-jarige ouderdom die hoof van FNB geword. Onder sy leiding is die bank aangewys as die mees innoverende bank ter die wêreld. Benewens sy sakebelange het hy ook ‘n hart vir landbou met belange in die wynbedryf. Jordaan was onlangs spreker by die jaarlike Vinpro-inligtingsdag, en ons het hom uitgevra oor onsekerhede en hoe mens dit die hoof behoort te bied.
Vrydag, 10 Februarie 2023
Ons kyk na die gebruik van biomassa in volhoubare energie-opwekking. Die Lotusplant is die nasionale blom van Indië en Viëtnam. Die maak van tee met hierdie plant se blomme is algemeen. Dit het kalmerende eienskappe en is effektief in die behandeling van kwale soos hoofpyn, slapeloosheid, neusbloeding, verkoue en hoes. Dit versterk ook die immuunstelsel. Liesl van der Walt is tuinier by Babylonstoren waar meer as 300 vrugte en plantvareiteite voorkom. Sy verduidelik hoe een van die oudste blomme op aarde ook plaaslik gedy.
Saterdag, 11 Februarie 2023
Dr. Rhoda Malgas is ‘n dosent in bewaringsekologie aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit landbouwetenskappe. Sy het in Desember ‘n doktorsgraad verwerf. Die onderwerp van haar tesis het verband gehou met haar persoonlike oortuiging dat die soeke na volhoubaarheid eintlik die soeke na gemeenskap is. Luister na ‘n storie oor die voorkoms van veldtee, en ‘n navorser wat met die ondersteuning van ‘n boeregemeenskap haar drome verwesenlik het.
Vrydag, 17 Februarie 2023
Inskrywings vir die Concours Mondial du Sauvignon sluit op 17 Februarie 2023. Indien jy ernstig is oor Sauvignon Blanc, het jy nou die kans om jou wyn te meet aan sowat 1 000 ander Sauvignon Blanc-wyne van regoor die wêreld. Die kompetisie vind vanjaar vir die eerste keer buite Europa plaas in Franschhoek in die Kaapse Wynlande. RJ Botha, Sauvignon Blanc SA se voorsitter, sluit by ons aan om oor die kompetisie te gesels. Hy het ook onlangs ‘n Sauvignon Blanc-werkswinkel bygewoon waar veral Nieu-Seelandse wyne ondersoek is. Volgens staatsveearts dr. Vivian Malan is daar op die oomblik ‘n tekort aan entstof vir Afrika-perdesiekte. Hy verduidelik hoe mens jou diere teen die siekte kan beskerm, gee wenke oor hoe om perde tussen provinsies te verskuif, en deel kontakbesonderhede indien jy raad soek.
Saterdag, 18 Februarie 2023
Prof. Pieter Gouws van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch gesels oor sy nuwe boek, Living with little monsters. Die boek verduidelik die voorkoms van allerlei onsigbare mikrobes – beide goed en gevaarlik. Hy gee ook wenke vir ouers oor hoe om heilsame kosblikke vir kleingoed te verseker.
Vrydag, 24 Februarie 2023
Die Wes-Kaapse Departement Landbou onderneem vanjaar weer opwindende navorsingsprojekte. Hierdie proewe by die departement se navorsingsplase sal van groot waarde wees vir veral graanboere. Die toediening van swamdoders, dekgewasse asook vele ander kwessies sal van nader bekyk word. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller praat oor die voorkoms van aarskroei op koring asook ander navorsings-nuus. Ná vele uitdagings wat die bosboubedryf die afgelope paar jaar in die gesig moes staar, is dit verblydend om te verneem dat vooruitsigte vanjaar veel beter lyk. Wat loopbaangeleenthede betref is daar goeie nuus, en daar is geleenthede vir nuwe toetreders. Die Direkteur van Navorsing en Beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, verduidelik.
Saterdag, 25 Februarie 2023
‘n Krisis-tydperk. ‘n Onsigbare gevaar. Moedverloor se vlakte. Die oortuiging van ‘n groep mense wat lief is vir landbou, wat saamgespan het om oplossings te vind. Dis die elemente van ‘n goedvoelstorie in die wynbedryf. Volgens die bestuurshoof van Vinpro, Rico Basson, het grendeltyd vele foute uitgewys. Hy sê ook dat die destydse swaarkry ‘n wedergeboorte in die wynbedryf tot gevolg gehad het. Ons vind uit wat die huidige stand van sake is met die ontwikkeling van nie-alkoholiese wyn.
Vrydag, 3 Maart 2023
Alex Bosman is landskapstegnoloog en hooftuinier by die plaas, Babylonstoren buite Franschhoek in die Wes-Kaap. Sogenaamde biologiese middels is iets waaroor hy graag sy kennis deel. Hy verduidelik wat dit behels en hoe dit vir boere van waarde kan wees. Die verdamping van plaasdamwater is veral gedurende die somermaande ‘n probleem. Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum sê dat hierdie kwessie nou aan die hand van innovasie met sukses aangepak word.
Saterdag, 4 Maart 2023
Het jy geweet daar word elke dag meer as een miljoen bottels Suid-Afrikaanse wyn wêreldwyd verkoop? Daar is min mense met diepdomein kennis oor die wynbedryf soos Vinpro se bestuurshoof, Rico Basson. Maar wat van die toekoms? Veral ná ‘n tyd waar die bedryf in die kielwater van Covid hard moes werk om nie te sink nie. Vir meer as 200 dae nie kon daar nie handel gedryf word nie. Dit was een van die vele uitdagings, nou gelukkig in die truspieël.
Vrydag, 10 Maart 2023
Die oudste Landbougenootskap in Suid-Afrika, Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap, wat handel dryf as Agri-Expo, het aan die einde van 2022 noodsaaklike herstrukturering ondergaan. Die ly van beduidende verliese as gevolg van projekte wat die laaste paar jaar geen wins gegenereer het nie, asook die swak ekonomiese klimaat, het gelei tot hierdie besluit. Breyton Milford is ná die proses as hoofbestuurder van Agri-Expo aangestel. Hy was voorheen die operasionele bestuurder. Die verkoeling van bederfbare produkte, asook die vervoer daarvan is op die oomblik ‘n uitdaging weens beurtkrag. Deon Roux is ‘n meganiese ingenieur van Pretoria. Hy verduidelik dat daar ander volhoubare praktyke en maniere is om die probleem te omseil.
Saterdag, 11 Maart 2023
Dr. Rhoda Malgas, ‘n dosent in bewaringsekologie in die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, en stigter van die studentgesentreerde Small Things Fonds, het in Desember 2022 haar doktorsgraad ontvang. Haar verhandelimg fokus op landelike gemeenskappe wat ‘n bestaan maak daaruit om inheemse rooibos- en heuningbostee te oes. Die Small Things Fonds word deur vrywilligers befonds en ondersteun studente met klein geldelike bedrae. In sommige gevalle het bydraes uit die fonds al die verskil gemaak tussen ‘n student se besluit om sy of haar studies te staak, of daarmee aan te gaan.
Vrydag, 17 Maart 2023
Die adjunkdirekteur-generaal: landbounavorsing en regulatoriese dienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Ilse Trautmann, praat oor die gratis landboupublikasie, Agriprobe. Dr. Ivan Meyer gaan eersdaags een van die sprekers wees by ‘n geleentheid wat in Laingsburg gehou word. Prof. Manie Spamer, een van die organiseerders, het die besonderhede.
Saterdag, 18 Maart 2023
Die plaas, Vaatjie, in die Melkbosstrand-omgewing is onder andere bekend vir sand. Daar is ook beeste en ‘n 4×4-baan, asook een van die mees ongewone vertakkings van landbou waaroor ons nog ondersoek ingestel het. Bekende internasionale films en TV-reekse soos The Crown is daar verfilm.
Vrydag, 24 Maart 2023
Dr. Stephano Haarhoff is landboukundige in die Agri Carbon Koolstofkredietprogram by Climate Neutral Group Suid-Afrika. Hy sluit by ons aan om die jongste tendense in herlewinglandbou-boerderystelsels te bespreek. Ons gesels oor gediversifiseerde wisselboustelsels, minimale grondversteuring en hoe om klimaatslim boerderystelsels te bou. Ons bespreek ook die waarde van grondbiologie. Die assistentdirekteur: innovasie, tegnologie-ontwerp en -oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, verduidelik hoe uitvoerkwaliteit van volstruisleer met behulp van innoverende tegnieke verhoog word.
Saterdag, 25 Maart 2023
Prof. Pieter Gouws van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch beskryf internasionale kostendense. Die lewering van gesonde, veilige voedsel begin by boere. Hy beskryf hoe daar innoverend geboer word om onder andere veganistiese kostradisies te bevorder. Klimaatsverandering het voedselwetenskapnavorsing heelwat verander in onlangse tye. Ander innovasies soos die suiwering van water sonder elektrisiteit kom onder bespreking.
Vrydag, 31 Maart 2023
Die rol van die gesondheidsinspekteur vereis dat daar deurlopend van vele veranderlikes kennis geneem moet word. Ons bespreek die beroep as moontlike werksgeleentheid, asook die belangrikheid daarvan dat daar deurgaans met produsente geskakel moet word om die aard van rou produkte te verstaan. Die effek van reën op wyndruiwe tydens die rypwordingsperiode word met ‘n wingerdkonsultant bespreek. Met Suid-Afrika se uiteenlopende klimaattipes moet mens in gedagte hou dat die maak van biltong verskillende metodes vereis, afhangend van waar mens die taak aanpak. Ons deel handige wenke in dié verband.
Saterdag, 1 April 2023
Ontwerper Natalie Green het twee jaar gelede haar breidragonderneming op die been gebring. Sedertdien is sy besig om met vesel en volhoubaarheid haar patroon vir sukses te verfyn. Sy dra haar hart op haar mou, in dié geval hoë gehalte truie, wanneer sy praat oor boere. Natalie maak slegs gebruik van plaaslik geproduseerde sybokhaar en wol. Met elke kledingstuk eer sy ook die boere wat sorg vir die spoggerige materiale waarvan sy gebruik maak, en wanneer jy met hierdie saggemanierde sakevrou kennis maak, besef jy dat die volgende hoofstuk van hierdie storie sal handel oor werkskepping en uitbreiding.
Vrydag, 7 April 2023
Dr. Yolandi Schoeman, ‘n post-doktorale wetenskaplike in ekologiese ingenieurswese, praat oor natuurgebaseerde oplossings vir klimaatsverandering. Sy verduidelik hoe ekostelsels herstel kan word deur toepassings in landbou. Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria deel sy seisoenale weervoorspelling vir die herfs en winter. Ons vind ook by hom uit of daar ‘n el niño of la niña vanjaar te wagte kan wees. Dietmar Keil boer met alpacas naby die Paarl. Hy gesels oor sy landboubedrywighede en gee raad aan nuwe en voornemende toetreders.
Saterdag, 8 April 2023
Dr. Rhoda Malgas, ‘n dosent in bewaringsekologie in die Fakulteit Agriwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, glo dat die landbousektor die plek is waar daar vele oplossings vir werkskepping gevind kan word. Volgens haar is die ouerhuis ‘n ideale wegspringplek vir die oordrag van kennis. Sy sê daar is in bewaringsekologie ook legio geleenthede vir jongmense.
Vrydag, 14 April 2023
Lukas Burger boer met boerbokke buite Griekwastad in die Noord-Kaap. Volgens hom is daar ‘n groot toekoms vir die bedryf in Suid-Afrika. Hy beywer hom vir die uitbreiding en verbetering daarvan deur onder andere van goeie rekordhouding gebruik te maak. Hy deel sy suksesresep met ons. Dr. Sarah Venter is direkteur van The Baobab Foundation. Die kremetartboom is ‘n spesiale deel van ons landskap. Sy verduidelik waarom sy haar lewe daaraan wy om dit te beskerm en om ander mense daaroor te leer. Die assistentdirekteur: innovasie, tegnologie-ontwerp en -oordrag by die Departement Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, bespreek ‘n navorsingsprojek wat nog nooit vantevore in Suid-Afrika onderneem is nie. Met gebruik van lasertegnologie en 3D-drukkers is hy besig om ‘n metode te verfyn waar volstruiskuikens mekaar met minder krapmerke laat.
Saterdag, 15 April 2023
Die plaas, Vaatjie, vind jy 40 kilometer buite Kaapstad in die omgewing van Melkbosstrand. Daar is vleisbeeste, hoenders, honde, ‘n 4×4 pad en ‘n sandmyn. Tesame hiermee, ook ‘n hele klomp nagdiere. Sommige van hulle baie raar, soos die strandjutwolf. Hettie Stoffberg Welleman verklaar sê diere is haar lewe. Ons hoor hoe sy oor 23 jaar van die mees bedreigde spesies op die plaas gered en gerehabiliteer het.
Vrydag, 21 April 2023
Die Wes-Kaapse Department van Landbou het in Maart ‘n boeredag vir groenteboere in Bredasdorp aangebied. Dis bygewoon deur sowat 60 kleinboere en voornemende boere. Dr. Ian Godie van Nooitgedacht Vars Produkte het gesels oor die ontstaan, groei en huidige stand van sake van die hidroponiese plaas by Bredasdorp Park. Die projek is in September 2019 as ‘n demonstrasie-projek vir NAMPO Kaap begin. Die eerste direkte lewering van produkte in die plaaslike markte het November 2021 ‘n aanvang geneem. Dr. Tracy Davids, ‘n landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat oor die Bruto Binnelandse Produk. Elandri Snyman, koördineerder van die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar-kompetisie, vertel wat vanjaar op die spel is en die vereistes vir die kompetisie.
Saterdag, 22 April 2023
Wat is Chat GPT en waarom het dit die wêreld aan die gons? Die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie is volgens dr. Albert Strever nie net hier om te bly nie, maar ook besig om die landbou handomkeer te verander. Strever is dosent en navorser by die Fakulteit Landbouwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Ons hoor hoe die plaas van die toekoms moontlik kan lyk.
Vrydag, 28 April 2023
Dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Departement van Landbou bespreek ‘n kannabisplan wat onlangs deur die departement bekend gestel is. Warren Bam produseer organiese tafeldruiwe wat hy na die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie, Noord-Amerika en China uitvoer. Hy boer in Saron in die Wes-Kaap. Sy uitdagings, wat beurtkrag en klimaatsverandering insluit, pak hy strategies aan. Arie van Ravenswaay van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap verduidelik hoe die opsporing van sklerotinia nou met die gebruik van kamerategnologie gedoen word.
Saterdag, 29 April 2023
Lize Erasmus sê sy is ‘n professionele student. Sy het vanjaar met haar doktorsgraad begin aan die Universiteit van Pretoria. Veekunde, spesifiek veewelsyn, is haar veld van belangstelling. Wanneer die liefde vir musiek en diere paaie kruis, sorg dit vir ‘n unieke landboustorie. Tsjaikofski vir koeie, of Mendelsohn ter wille van melkproduksie? Lize wil vasstel of stresvlakke by diere verlaag kan word met behulp van musiek, terwyl melkproduksie verhoog word.
Vrydag, 5 Mei 2023
Ons kyk na organiese onkruidbestryding, veral in die Wes-Kaap. Tienie du Plessis boer met Dohne-merinos naby Steynsburg in die Oos-Kaap. Hy het ook sy eie skeerdienste-onderneming. Du Plessis is besig om hard voor te berei om ‘n Suid-Afrikaanse rekord op te stel vir die hoeveelheid skape geskeer in 24 uur. Tesame hiermee hoop hy om geld in te samel vir borskankernavorsing. Ons gesels ook oor loopbaangeleenthede vir jongmense in dié verband. Catherine Milward-Bridges is redakteur van die SA Vrugte Joernaal. Sy sluit by ons aan om te gesels oor die publikasie se mondigwording.
Saterdag, 6 Mei 2023
Ons kuier in Namakwaland en vind uit wat die halfmens is. Ons leer spesies ken soos gifmelkbos, varkiesknol en Jan Twak. Ons loer in by ‘n termietheuwel en ondersoek die voordele van die elandsvy en haasgras. Die boere van die omgewing en die Richtersveld het volgens dr. Peter Carrick ‘n bonatuurlike kennis van die aarde. Carrick is ‘n ekoloog verbonde aan die plantbeskermingseenheid van die Universiteit van Kaapstad, en ook stigter van die Namaqualand Restoration Initiative.
Vrydag, 12 Mei 2023
Die room van Suid-Afrika se suiwelkenners het onlangs in Durbanville byeengekom vir die beoordeling van die 190e Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika. Altesaam 929 produkte van 71 Suid-Afrikaanse suiwelvervaardigers het oor twee dae by Eensgezind om die aandag van 80 beoordelaars meegeding. Graham Sutherland, ‘n suiweltegnoloog en een van die beoordelaars, praat oor die take en verantwoordelikhede van iemand wat hierdie beroep volg. Joseph Barnard van die Witzenberg Munisipaliteit verduidelik hoe die plaaslike boeregemeenskap self ingespring het om die ernstige uitdagings, wat watertekorte veroorsaak, die hoof te bied. Die verbetering in kommersiele beskikbaarheid van bokvleis kom ook onder bespreking.
Saterdag, 13 Mei 2023
Denise Stubbs is die bestuurshoof van die bemagtigings onderneming, Thokozani, en direkteur by Diemersfontein Wyne in Wellington in die Wes-Kaap. Wendy Petersen is uitvoerende operasionele bestuurder by die SA Wynindustrie se transformasie-eenheid. Om dié twee dames uit te vra oor hulle onlangse wedervarings by internasionale wynuitstallings in onder andere New York, vul mens se glas met ‘n verhaal van nederigheid en optimisme.
Vrydag, 19 Mei 2023
Die Assistentdirekteur: Innovasie, Tegnologie-ontwerp en Oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, verduidelik hoe kunsmatige intelligense-toepassings al hoe meer van waarde vir boere kan wees. As dit kom by verslaggewing of die uitbetaling van eise weens veediefstal of siekteverwante vrektes, bly die berekening van akkurate veewaardes ’n warm besprekingspunt. Algemene benaderings wat gebruik word om veewaardes te bepaal, sluit die berekening van die markwaarde of die vervangingswaarde in. Agri Wes-Kaap het ‘n simpleks radiofrekwensie by ICASA laat registreer om boere met ‘n kommunikasiemiddel te bemagtig, wat nie staatmaak op enige kragvoorsiening of selfoonsein nie. Die stelsel sal boere in staat stel om hulp te ontbied waar ook hulle hul in die Wes-Kaap bevind.
Saterdag, 20 Mei 2023
‘n Onlangse byeenkoms van boere, wetenskaplikes en regeringsverteenwoordigers het ‘n dialoog tot gevolg gehad wat jou moontlik anders sal laat dink oor kwessies soos klimaatsverandering en beurtkrag. Professor Stephanie Midgeley is ‘n navorser en wetenskaplike vir klimaatsverandering en risikobestuur by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en dr. Ilse Trautmann is Adjunkdirekteurgeneraal: Landbounavorsing en Regulatoriese Dienste by dieselfde departement. Beide van hulle het die geleentheid bygewoon.
Vrydag, 26 Mei 2023
Inskrywings is oop vir vanjaar se Prestige Agri Toekennings. Kletsbottegnologie is iets waarvan mens al hoe meer hoor. Dis ‘n sagteware-oplossing of rekenaarprogram wat menslike gesprek simuleer deur stem- of teksinteraksies. Kletsbotte is in staat om insette te verstaan in die vorm van geskrewe teks of spraak, en kan ‘n reeks antwoorde op navrae veroorsaak. Wat sou die toepassing hiervan in landbou wees? Sou mens van ‘n kletsbot kon gebruik maak om moontlik implemente te herstel? Is daar nut daarvoor vir wingerdkundiges?
Saterdag, 27 Mei 2023
Wat is die waarde van landbouskoue, veral vir plattelandse gebiede en gemeenskappe? Die direkteur van sake-ontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, verduidelik hoe die regering daadwerklike ondersteuning aan skoue van hierdie aard bied.
Vrydag, 2 Junie 2023
Santa Ferreira van Nutrifeeds deel haar ervaring van Nampo. Die Wes-Kaap Pluimveeklub hou hulle jaarlikse klubskou op die 16 en 17 Junie. Dr. Peter Carrick, ‘n ekoloog verbonde aan die plantbeskermingseenheid van die Universiteit van Kaapstad en medeskrywer van Die Ekologiese Restourasie in Namakwaland, verduidelik waarom die restourasie van Namakwaland en die Richtersveld nodig is, veral vir skaap en bokboere in die omgewing. Dr. Ilse Trautmann van die Departement Landbou in die Wes-Kaap verduidelik hoe daar sedert ‘n onlangse gesprek tussen belanghebbers ‘n aksieplan saamgestel is om boere daadwerklik by te staan met oplossings, wat betref kwessies soos klimaatsverandering.
Saterdag, 3 Junie 2023
Die boer van makro-alge en kelp is aan die toeneem. Daar is spesies in Suid-Afrika wat tot een meter per dag groei! Dr. Ferdie Endemann werk by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Hy’s ‘n spesialisvoorligter in akwakultuur. Ons bespreek watter suksesse boere in dié verband behaal. Hy verduidelik ook hoe perlemoenboere elektrisiteit bespaar, en deel ‘n spesiale boodskap aan jong boere tydens Jeugmaand.
Vrydag, 9 Junie 2023
Hoe lyk die jongste tafeldruifoes-statistiek? Mario van den Heever, ’n kommoditeitshandelaar, praat oor die ekonomiese impak van hartwater op die lewende hawe-bedryf, asook die behoefte na ‘n nuwe entstof. Wêreld Voedselveiligheidsdag was vanjaar op 7 Junie. Dr. Micaela Hartman, ‘n veearts van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel hoe die departement steun bied om seker te maak dat voedselveiligheidsregulasies nagekom word.
Saterdag, 10 Junie 2023
Ons stel ondersoek in na ontwrigtende wêreldgebeure en die impak daarvan op die plaaslike sektor. Ons vind uit wat handelsverhoudinge soos die AGOA-ooreenkoms beteken, asook wat dit verg om markte in stand te hou op ‘n volhoubare basis. Volgens die funksionele hoof van Nedbank se Landbou-afdeling, Daneel Rossouw, is Suid-Afrikaanse boere enig in hul soort om uitdagings die hoof te bied.
Vrydag, 16 Junie 2023
Catherine Milward-Bridges, redakteur van SA Vrugte Joernaal, praat oor die publikasie se mondigwording. ‘n Onlangse Nasie In Gesprek-sessie oor beurtkrag is by Nampo gehou. Daar is gesels oor praktiese oplossings, wat kombinasie-kragopwekkingsmetodes insluit. Die sluiting van twee sampioenplase in die eerste kwartaal van die jaar het gelei tot tekorte. ‘n Verwoestende brand in KwaZulu-Natal het ook bygedra tot die tekort.
Saterdag, 17 Junie 2023
Ons kyk na insekspesies wat jy moontlik nie geweet het bestaan nie – vlieë met lang tonge, reusgatige motte en ‘n paar buitelandse bye. Volgens prof. Bruce Anderson van die Universiteit Stellenbosch is die storie van bestuiwing ‘n byna onsigbare mikro wonderwêreld van stuifmeel. Hy stel veral belang in waarom plante juis lyk soos wat hulle lyk. Bloubessies, met hulle Noord-Amerikaanse herkoms, het veral ‘n interessante storie wat hiermee verband hou, en dis beslis oor veel meer as die blomme en bye.
Vrydag, 23 Junie 2023
Ons gesels met die organiseerder van Nampo Kaap, Toit Wessels oor die volgende skou van 13 tot 16 September in Bredasdorp. Ons hoor hoe kunsmatige intelligensie-toepassings boere kan help met die kwantifisering van risiko. Wêreld Melkdag is vanjaar op 1 Junie gevier. Die Departement Landbou Wes-Kaap het by die Laerskool JJ Rhode in Stellenbosch gaan kuier om die kinders touwys te maak oor waar melk vandaan kom, en watter gesondheidsvoordele dit inhou.
Saterdag, 24 Junie 2023
Sy grootwordjare is diepgewortel in landbou, en vir hom is boeregoed hartsgoed. Vandag vind jy hom meestal op sy plaas in die Vrystaat. Voorheen was hy bestuurder by die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprojek en verantwoordelik vir volhoubare grondbestuur. Lehman Lindeque weet van vooruit boer. Hoe om te maak in krisistye, is iets waaroor hy graag gesels. Wat geleenthede in landbou betref, deel hy ook ‘n besonderse boodskap aan jong landbouers.
Vrydag, 30 Junie 2023
Dr. Tracy Davids, ‘n landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat oor Suid-Afrika se werkloosheidsyfer vanuit ‘n landbouperspektief. Dr. Vivien Malan, ‘n staatsveearts in die Boland-kantoor van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, het die jongste nuus oor voëlgriep. ‘n Ayrshire Mozzarella-kaas, wat deur RFG Foods in Simondium in die Wes-Kaap gemaak word, is as die Suiwelproduk van die Jaar gekroon tydens die gesogte Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings. Robert Sudell, bedryfsbestuurder van RFG Foods, en kaasmaker Kerwick Boonzaaier sluit by ons aan.