No Image Available

Outeniqua Information Day 2020 Booklet

 Category: Research Publications
 Description:

Die Outeniqua navorsingspan het na die suksesvolle aanbieding van die Outeniqua inligtingsdag in 2019 hulle navorsing met toewyding voortgesit en die beplanning vir vanjaar se dag begin. Min het ons geweet watter groot uitdaging Suid-Afrika in die gesig sou staar – die COVID-19 pandemie met al die gepaardgaande uitdagings en geleenthede.
Die landbousektor is gekonfronteer met nuwe en amper onverstaanbare en onnatuurlike uitdagings, maar ook het landbou ‘n kernrolspeler geraak in die bekamping van hierdie virus met voedsel ondersteuning in areas waar voedselnood so groot was. En hiervoor bedank ons u opreg!
Ons eie twee navorsingsmelkerye het deelgeneem aan “Projek Een” van die MPO en het melk (en melkprodukte) ter waarde van R100 000, via ons melkprosesseerders Nestlé en Lactalis, aan twee nie-regeringsorganisasies in George en Kaapstad, geskenk.
In hierdie COVID tyd het die navorsing egter nie stilgestaan nie en die werk is voortgesit, alhoewel onder “vreemde” omstandighede wat sosiale distansieëring en ander reëls ingesluit het. Die aanbied van inligtingsdae in die “ou” formaat was nie moontlik nie en die span het met ‘n nuwe, vars en innnoverende aanslag gekom en met interne tegnologie en kapasiteit is virtuele inligtingsdae beplan en aangebied.
Die virtuele Outeniqua inligtingsdag, een van ons vlagskip tegnologie-oordrag geleenthede, is die vyfde van sy soort wat onder COVID omstandighede aangebied word en ons hoop dat ons nuwe aanslag en tegnologie u ook sal inspireer tot nuwe hoogtes – waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg, en ons sal met ons produsente en ander rolspelers kommunikeer oor die jongste navorsingsinligting al beteken dit alternatiewe metodes en benaderings.
Ons bring vanjaar weer vars en innoverende navorsingsoplossings ten opsigte van weiding- en melkproduksie uitdagings en hoop ons navorsing kan u eie onderneming ook tot groter hoogtes en volhoubaarheid neem.
Ons weiding- en suiwelnavorsingspan is van die bestes in die land, en ons nuwe generasie navorsers en navorsingstegnici word ook op Outeniqua opgelei om te verseker dat die navorsingsprogramme met die nodige kundigheid voortgesit kan word tot voordeel van die suiwelbedryf in die Suid-Kaap.
Geniet die virtuele dag saam met ons!
Dr. Ilse Trautmann
HOOFDIREKTEUR: NAVORSING EN TEGNOLOGIE ONTWIKKELING, DEPARTEMENT LANDBOU WES-KAAP

Other Books From - Research Publications

About the author

[books_gallery_author author=""]

Other Books By -


 Back

What's the password?

Login to your account