
Description:
Die Sentraal Karoo verteenwoordig hoofsaaklik ‘n somerreëngebied met karoo-agtige plantegroei binne die Nama Karoo bioom. Die gemiddelde reënval wissel tussen 100 – 600 mm en die area kan beskryf word as aried tot semi-aried van wes na oos. Alle veldtipes is sensitief vir verkeerde beweidings-praktyke en is dit dus uiters belangrik dat goeie weidingsbestuur toegepas sal word om die bewaring van die veld deur benutting te verseker.