No Image Available

Outeniqua Information Day 2019 Booklet

 Category: Research Publications
 Description:

Nog ‘n jaar is verby waarin landbou sy deel van uitdagings moes oorkom. Droogtes, hoër insetkostes, laer winsgrense en die bedreiging van klimaatsverandering wat landbou op alle vlakke in die toekoms verder gaan beinvloed.
In hierdie “druk” tyd is dit uiters nodig om nuut, vars en innnoverend na ons probleme te kyk. En nog meer belangrik is om jou te omring met kundiges wat saam met jou probleme gaan aanpak in die soeke na volhoubare oplossings.
Ons bring met vanjaar se Outeniqua inligtingsdag ‘n paar vars en opwindende oplossings ten opsigte van weiding- en melkproduksie uitdagings en ons buitelandse spreker gaan beslis ook ons navorsingsinligting verder uitbrei. Hierdie inligtingsdag is een van ons vlagskip tegnologie-oordrag geleenthede en ons spesialis navorsers, navorsers en jong wetenskaplikes poog jaarliks om die nuutste en mees toepaslike navorsingsresultate met ons boere en ander rolspelers in die Suid-Kaap te deel in ‘n poging om die Suid-Kaap en sy boerdery gemeenskap se volhoubare toekoms te help verseker. Ons weiding- en suiwelnavorsingspan is van die bestes in die land, en ons nuwe generasie navorsers en navorsingstegnici word ook op Outeniqua opgelei om seker te maak dat die navorsingsprogramme met die nodige kundigheid voortgesit kan word.
Ons hoop die nuwe inligting gaan u versterk met u ondernemings, en dat die praktiese “loop en vra (walk en talk)” sessie saam met die navorsers u nog verder gaan aanspoor om nuwe kultivars en produksie tegnieke te ondersoek. Kom ons soek saam na nuwe oplossings vir bedryfsprobleme.
Geniet die dag saam met ons!
Dr. Ilse Trautmann
HOOFDIREKTEUR: NAVORSING EN TEGNOLOGIE ONTWIKKELING, DEPARTEMENT LANDBOU WES-KAAP

Other Books From - Research Publications

About the author

[books_gallery_author author=""]

Other Books By -


 Back

What's the password?

Login to your account