RSG Landbou Archives
The RSG Landbou Archive. Right click on the audio and select Save As. This allows you to download the sound clip to your device.
2026 Archive
Vrydag, 2 Januarie 2026
Marline Burger, kuddebestuurder van die Percheron-perdestoet by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, gesels oor die herkoms van dié diere, en hedendaagse boere wat steeds sin daarin het om hulle as werksperde op plase in te span. Sy bespreek ook die melkkudde se bestuur op die Elsenburg-navorsingsplaas buite Stellenbosch. Dr. Ronald Heath, direkteur van navorsing en beskerming by Bosbou Suid-Afrika, praat oor die gebruik van hommeltuie in die bosboubedryf.
Saterdag, 3 Januarie 2026
Wat weet jy van merries en hingste? Die Percheron is ‘n dier wat homself al eeue lank bewys het as ‘n beeldskone lewende standbeeld. Wanneer jy hoor wat telers vir hierdie perde vra, besef jy gou dat trou nie sommer duurder as perdekoop is nie.
Vrydag, 9 Januarie 2026
Dr. Mike Ferreira’n ‘n spesialiswetenskaplike by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, praat oor die jongste verwikkelinge met buffergewasse, biomassa-deklae en beheermaatreëls met onkruidbestryding. Wian Smith, ‘n seniorgewasadviseur, gesels oor die voorkoms en bekamping van rooispinnekop.
Saterdag, 10 Januarie 2026
Ons vind meer uit van kunsmatige intelligensie-toepassings wat van waarde vir produsente kan wees. Ferdie Endemann, ‘n landbouvoorligter in akwakultuur, verduidelik hoe om die ouderdom van reptiele te bepaal, aan die hand van krokodille en skilpaaie wat al ouer as 120 jaar is.
Vrydag, 16 Januarie 2026
Prof. Willem Landman van die Universiteit Pretoria werp lig oor wat die res van die somerreënseisoen vir Suid-Afrika inhou. Prof. Johan Fourie van die Departement Ekonomie by Universiteit Stellenbosch beklee die leerstoel vir ekonomie, geskiedenis en beleid. Hy is ook skrywer van die boek, SKATRYK: WAAROM ONS BETER LEEF AS ONS VOORSATE. Hy beskryf die unieke bewysbare eienskappe van Suid-Afrikaanse boere. Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika se Sitrus Sekondêr-program skep ‘n geleentheid vir leerders om ‘n reeds erkende plantproduksie-kwalifikasie op hoërskool te behaal.
Saterdag, 17 Januarie 2026
Marline Burger is kuddebestuurder van die Percheron-perdestoet by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Sy vertel die storie van die eerste virtuele perdeskou waarby sy betrokke was. Sou dit jou droom wees om met perde te boer, het Marline bruikbare wenke oor kursusse in dié verband.
Vrydag, 23 Januarie 2026
Ná onlangse brande in die Franschhoek-omgewing vind ons uit wat die uitwerking op veral wyndruiwe en produksieprosesse is. Die keldermeester by La Motte, Edmund Terblanche, verduidelik ook waaraan vanjaar se vroeë oes toe te skryf is. Andrew Hofmeyr van die Stigting vir Persone met Gestremdhede verduidelik hoe die insluiting van persone met gestremhede in landbou nie ‘n bysaak is nie. Dit lê op die kruispunt van armoedevermindering, voedselsekuriteit, innovasie en klimaatsveerkragtigheid.
Saterdag, 24 Januarie 2026
Jannie Strydom, die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, het die jongste nuus oor bek-en-klouseer. Hy praat ook oor die Wes-Kaap se damme, en verduidelik hoe gebeure buite die landsgrense plaaslike boere raak.
Vrydag, 30 Januarie 2026
Die afgelope ry-gewasseisoen sal onthou word as een waarin wisselvallige en ongewone reënval produsente in sekere produksiegebiede gedwing het om vinnig aan te pas. Volgens ry-gewas-spesialis, Gerrie Ludick, is dit juis nou die tyd vir produsente om terug te kyk én vooruit te beplan. Die Reisende Klaskamer is ‘n skool wat na kinders toe gaan. Twee mobiele rekenaar- en biblioteekklaskamers reis deur die wynlande en besoek 19 laerskole op ‘n tweeweeklikse basis. Ree du Toit vertel van hierdie inisiatief, wat onlangs ‘n internasionale toekenning ontvang het.
Saterdag, 31 Januarie 2026
Shannon Robertson van die Boschendal-wynlandgoed is die Wes-Kaap se Landbouwerker van 2025. Dié toekennings word jaarliks deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou aangebied. Landbouwerkers word in 11 afdelings vereer, nie net vir hulle bydrae tot die landboubedryf nie, maar ook vir hulle eie unieke bydrae tot ‘n gesonde werksomgewing op hulle plase. Shannon is die jongste wenner in die geskiedenis van die kompetisie.
Vrydag, 6 Februarie 2026
Die Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnolgie-ontwikkelingsdienste by die Departement Landbou Wes-Kaap, dr. Filicity Vries, vertel waarna boere in 2026 kan uitsien met KI-toepassings. Veekundige dr. Chris de Brouwer praat oor die verantwoordelikhede van veeartse en veekundiges. Hy verduidelik ook die waarde van vrugbaarheid in vleisbeeskoeie.
Saterdag, 7 Februarie 2026
Dr. Willem Botha is die uitgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hy verbreed ons landbou-leksikon, enhoor watter Afrikaanse woorde en uitdrukkings hulle bestaan te danke het aan landbou.
Vrydag, 13 Februarie 2026
Die hoof van Agri Wes-Kaap, Jannie Strydom, praat oor belangrike datums op die landboukalender. Hy benadruk ook die rol van naspeurbaarheid in die konteks van bek-en-klouseer. Bertus Myburgh, ‘n navorsingstegnikus by die Outeniqua-navorsingsplaas, vertel van die Anguskudde op die plaas, en die navorsing wat verband hou daarmee.
Saterdag, 14 Februarie 2026
Ons ontmoet ‘n jong landbouleier met ‘n hart vir diere en ‘n oog op die toekoms. In ons Valentynsdag-uitgawe hoor ons ‘n landbouliefdesverhaal. Shannon Robertson is ‘n assistent lewendehawebestuurder by die Boschendal-wynlandgoed. Die belangrikste lesse wat sy in haar lewe geleer het, verewig sy as tattoeëermerke op haar linkerarm. Sy gesels oor haar landboudrome.
Vrydag, 20 Februarie 2026
Dr. Albert Strever, hoof van die Departement Wingerd en Wynkunde by die Universiteit Stellenbosch, praat oor studenteopleiding in landbou – van spesialiste in dissiplines tot veerkragtigheid in ‘n moderne werkplek en in industrieë met uitdagings. Hy vertel hoe universiteitsopleiding moet aanpas by die werkplek van die toekoms.
Saterdag, 21 Februarie 2026
In ‘n spesiale aflewering van RSG Landbou vier ons boere-humor – sêgoed en staaltjies oor Suid-Afrikaanse plase en die mense wat daarop woeker. Ons stel ondersoek in na idiome met ‘n landbouherkoms, van ‘n kapokhaan tot ou koeie in die sloot.
Vrydag, 27 Februarie 2026
Professor Stephanie Midgley, spesialiswetenskaplike in klimaatsverandering by die departement van landbou in die Wes-Kaap, was ’n spreker by COP, die VN se konferensie oor klimaatsverandering. Sy praat oor die moontlike implikasies vir Suid-Afrika sou reënwoude in die tropiese gebiede van Suid-Amerika tot niet gaan. Ná ‘n onlangse sneeustorting in Kalifornië vind ons ook uit of sneeustortings as natuurramp geklassifiseer word.
Saterdag, 28 Februarie 2026
In ‘n snel veranderende landbou-omgewing is daar heelwat uitdagings waarmee boere te kampe het. Hoe verstaan ons die rol van private veearste in die huidige voorkoms van bek-en-klouseer? Hoe maak ons sin van beleggingsgeleenthede en die belofte van groei? Daneel Rossouw, hoof van verkope in landbou by Nedbank, werp lig op die kwessies.
Vrydag, 6 Maart 2026
Word kurrikulums aangepas en hersien weens die huidige voorkoms van bek-en-klouseer? Marietjie Cornelissen, adjunkdirekteur van kwaliteitsbestuur by die Elsenburg Landbou Opleidingsinstituut, praat hieroor.
Saterdag, 7 Maart 2026
Wilfred Fortuin is aangewys as die wyn-agriwerker van die jaar deur die departement van landbou in die Wes-Kaap. Op ouderdom 31 het hierdie kelderassistent hom reeds gevestig as leier en mentor in die bedryf. Hy ag sy ouers as sy rolmodelle, en leef daarvoor om ‘n verskil in die lewe van ander te maak. Sy grootste droom is om self wynmaker te wees.
Vrydag, 13 Maart 2026
Saterdag, 14 Maart 2026
Vrydag, 20 Maart 2026
Saterdag, 21 Maart 2026
Vrydag, 27 Maart 2026
Saterdag, 28 Maart 2026
Vrydag
Saterdag
Vrydag
Saterdag
Vrydag
Saterdag