RSG Landbou

Die Wes-Kaapse Department van Landbou vervaardig twee weeklikse radio programme vir uitsending op RSG 100-1004fm. Skakel in om te luister na RSG Landbou op Vrydae oggende om 05:40 en Saterdae oggende om 11:45. Eloise Pretorius, radio-omroeper, voer onderhoude met interessante mense oor huidigie tendense in landbou oor die hele land.

Indien u die MP3 wil aflaai, regs-kliek op 'Luister hier', en kies "Save link as" opsie.

The Western Cape Department of Agriculture produces two weekly radio programmes broadcasted on RSG 100 - 104fm. Tune in to listen to RSG Landbou on Friday mornings at 05:40 and Saturday mornings at 11:45. Eloise Pretorius, radio presenter, interviews interesting people on current affairs in agriculture across the country.

If you want to download the MP3, right-click on 'Luister hier', and choose "Save link as" option.

 

Eloise Pretorius
Radio Presenter
021 808 7612

Name: 
Eloise Pretorius
Telephone number: 
+27 21 808 7612
August
7
11h45
RSG LANDBOU, SATERDAG 7 AUGUSTUS 2021

Adri Kitshoff-Botha het verlede jaar as as uitvoerende hoof van Wildbedryf SA uitgetree. Nie net was sy een van weinig vroue wat hulle take in top-posisies verrig het in die sektor nie, maar sy deel vir oulaas op RSG Landbou van haar grootste avonture. Met vele internasionale toekennings word sy steeds vereer as baanbreker in die wild- en jagbedryf.

Looking back on her career, from KwaZulu-Natal Hunters, CHASA, PHASA, to WRSA today, Adri Kitshoff-Botha would never have dreamt almost 20 years ago that her life would be so enriched. The many friends she made, everything she learned about the South African wildlife industry and its contribution to our unique wildlife model, makes her believe that she has come full circle. She joins us on RSG Landbou.

Luister / Laai af hier

August
6
5h40
RSG LANDBOU, VRYDAG 6 AUGUSTUS 2021

Vrouemaand is altyd ‘n belangrike een op die program, tydens RSG Landbou is daar ‘n mededeling wat juis vir toekomstige landbouers van groot waarde gaan wees. Dit en baie meer word vervat in ‘n kwartaalikse tydskrif met die naam Agriprobe. Dis uiteraard ook ‘n publikasie wat aanlyn bekyk en gelees kan word. Dr. Ilse Trautmann is Hoofdirekteur Navorsing en Tegnologie Ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, en deel besonderhede hieromtrent.

Lisa Smorenburg is navorsingstegnikus by die Wes-Kaapse Departement Landbou by die Tygerhoek-navorsingplaas naby Riviersonderend. Sy is ‘n kenner op die gebied van dekgewasse en doen al ‘n geruime tyd proewe hieroor. Van die mees onlangse navorsingsresultate kom onder bespreking.

Dr Ilse Trautmann, Chief Director of Research and Technology Development at The Western Cape Department of Agriculture highlights careers in agriculture featured in the quarterly publication, Agriprobe.

Scientific Technician Lisa Smorenburg explains various recent conservation agriculture research results.

Luister / Laai af hier

Radio Elsenburg Alert

If you would like to receive details of the programmes to be broadcasted before hand, kindly fill in the form below.

Request to receive details on the weekly radio programmes per email: