RSG Landbou

Die Wes-Kaapse Department van Landbou vervaardig twee weeklikse radio programme vir uitsending op RSG 100-1004fm. Skakel in om te luister na RSG Landbou op Vrydae oggende om 05:40 en Saterdae oggende om 11:45. Eloise Pretorius, radio-omroeper, voer onderhoude met interessante mense oor huidigie tendense in landbou oor die hele land.

Indien u die MP3 wil aflaai, regs-kliek op 'Luister hier', en kies "Save link as" opsie.

The Western Cape Department of Agriculture produces two weekly radio programmes broadcasted on RSG 100 - 104fm. Tune in to listen to RSG Landbou on Friday mornings at 05:40 and Saturday mornings at 11:45. Eloise Pretorius, radio presenter, interviews interesting people on current affairs in agriculture across the country.

If you want to download the MP3, right-click on 'Luister hier', and choose "Save link as" option.

 

Eloise Pretorius
Radio Presenter
021 808 7612

Name: 
Eloise Pretorius
Telephone number: 
+27 21 808 7612
August
28
11h45
RSG LANDBOU, SATERDAG 28 AUGUSTUS 2021

Oud-onderwyseres en boorling van Bonnievale, Ingrid Jones sluit by ons aan tydens ons laaste Vrouemaand-program. Hierdie bekende in media-kringe deel met ons haar passie vir die oprigting van skole in landelike gemeenskappe en die tegniese vaardighede wat aan veral plaaskinders geleer word, soos by die Jakes Gerwel Tegniese Skool in Bonnievale. Sy vertel ook van ‘n besonderse geleentheid waar sy met Jacky Goliath van De Fynne-kwekery buite die Paarl te doen gehad het, en hoe dit juis sy is wat boere van oraloor inspireer.


The former teacher and media personality Ingrid Jones join us on our final Women’s Month program series on RSG Landbou. Jakes Gerwel Tegnies is a school that opened its doors four years ago. Ever since hundreds of children in the Bonnievale-surrounds have been given the opportunity to change the course of their lives through the love and care of the local community. Tune in and hear how Ingrid Jones dreams to teach at these kinds of schools, and what it has meant to local farming communities.

Luister / Laai af hier

August
27
5h40
RSG LANDBOU, VRYDAG 27 AUGUSTUS 2021

Dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR van landbou, het verlede jaar ’n interdepartementele komitee vir landelike veiligheid op die been gebring om te fokus op die veiligheid van die boeregemeenskappe in die provinsie. Meyer dien ook as voorsitter van die komitee waarby die departement van landbou ook betrokke is.

Douglas Chitepo is waarnemende hoofdirekteur van landelike ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement Landbou. Hy sluit by ons aan om die verrigtinge van die betrokke program by die departement te verduidelik. Die inspan van tegnologie is ook integraal in die departement se misdaad-voorkomings oplossing.


Byron Jacobs dien as projek-koördineerder vir landelike veiligheid by dieselfde departement. Hy verduidelik hoe daar reeds sukses behaal is met behulp van digitale hulpmiddele en ‘n toegewyde span.

The overall purpose of the Rural Development Programme is to coordinate the developmental programmes by stakeholders in rural areas. Douglas Chitepo is Acting Chief Director Rural Development at the Western Cape Department of Agriculture. Byron Jacobs is currently serving as project coordinator for rural safety. Both join us on RSG Landbou.

Luister / Laai af hier

Radio Elsenburg Alert

If you would like to receive details of the programmes to be broadcasted before hand, kindly fill in the form below.

Request to receive details on the weekly radio programmes per email: