RSG Landbou

Die Wes-Kaapse Department van Landbou vervaardig twee weeklikse radio programme vir uitsending op RSG 100-1004fm. Skakel in om te luister na RSG Landbou op Vrydae oggende om 05:40 en Saterdae oggende om 11:45. Eloise Pretorius, radio-omroeper, voer onderhoude met interessante mense oor huidigie tendense in landbou oor die hele land.

Indien u die MP3 wil aflaai, regs-kliek op 'Luister hier', en kies "Save link as" opsie.

The Western Cape Department of Agriculture produces two weekly radio programmes broadcasted on RSG 100 - 104fm. Tune in to listen to RSG Landbou on Friday mornings at 05:40 and Saturday mornings at 11:45. Eloise Pretorius, radio presenter, interviews interesting people on current affairs in agriculture across the country.

If you want to download the MP3, right-click on 'Luister hier', and choose "Save link as" option.

 

Eloise Pretorius
Radio Presenter
021 808 7612

Name: 
Eloise Pretorius
Telephone number: 
+27 21 808 7612
June
26
11h45
RSG LANDBOU, SATERDAG 26 JUNIE 2021

In die laaste van ons Jeugmaand-programme gesels ek vanoggend met ‘n jong man, wie se naam jy sekerlik al gehoor het. Dalk nie in landbou-geledere nie, maar dis verrassend dat dit juis by die boere van ons land is waar hy sy inspirasie vind.

Bekroonde kletsrymer Early B, is besig om die land aan die brand te sing, en om die een eerbetoon op die volgende te verdien. Die begeesterde kunstenaar praat vanuit ‘n dankbare plek in sy hart, en vir vele jong Suid-Afrikaners is hy ‘n woordvoerder van inspirasie en hoop. Sy grootwordjare was diepgewortel in die landbou, en vir hom is boeregoed hartsgoed.


Early B is the young singing sensation joining us on RSG Landbou. He shares with us his own agricultural dreams and how the farming community in South Africa remains his biggest inspiration.

Luister / Laai af hier

June
25
5h40
RSG LANDBOU, VRYDAG 25 JUNIE 2021

Op RSG Landbou vind ons meer uit oor ‘n inisiatief wat daarop gemik is om voornemende landboustudente touwys oor geleenthede binne die sektor te maak, wanneer ons met Operasionele Bestuurder by AgriExpo, Breyton Milford gesels.

Voorstitter van die nasionale dieregesondheidsforum, Dr Chris van Dijk sluit ook by ons aan.


The South African wine industry is currently experiencing unprecedented challenges, but a low often also provides opportunities for growth. That was the theme of Agri-Expo's first SIYABONGA Day for 2021, which followed the success of their first three SIYABONGA Days presented in 2020. Breyton Milford from Agri-Expo explains.

Dr Chris van Dijk is the chief executive of the Milk Producers’ Organisation (MPO). He qualified as a veterinarian in 1982 at the University of Pretoria and completed a master’s degree in bovine herd health at the same university in 1998. Following a successful career as a practising veterinary specialist in bovine herd health, and 15 years at one of the world’s leading veterinary pharmaceutical companies, he joined the MPO in May 2015. Now, newly elected Chairperson of the National Animal Health Forum.

Luister / Laai af hier

Radio Elsenburg Alert

If you would like to receive details of the programmes to be broadcasted before hand, kindly fill in the form below.

Request to receive details on the weekly radio programmes per email: