RSG Landbou

Die Wes-Kaapse Department van Landbou vervaardig twee weeklikse radio programme vir uitsending op RSG 100-1004fm. Skakel in om te luister na RSG Landbou op Vrydae oggende om 05:40 en Saterdae oggende om 11:45. Eloise Pretorius, radio-omroeper, voer onderhoude met interessante mense oor huidigie tendense in landbou oor die hele land.

Indien u die MP3 wil aflaai, regs-kliek op 'Luister hier', en kies "Save link as" opsie.

The Western Cape Department of Agriculture produces two weekly radio programmes broadcasted on RSG 100 - 104fm. Tune in to listen to RSG Landbou on Friday mornings at 05:40 and Saturday mornings at 11:45. Eloise Pretorius, radio presenter, interviews interesting people on current affairs in agriculture across the country.

If you want to download the MP3, right-click on 'Luister hier', and choose "Save link as" option.

 

Eloise Pretorius
Radio Presenter
021 808 7612

Name: 
Eloise Pretorius
Telephone number: 
+27 21 808 7612
September
11
11h45
RSG LANDBOU, SATERDAG 11 SEPTEMBER 2021

Emmie Heathman het in die 1990’s met kapitaal van R5 000 begin om ou stowe te herstel. Die onderneming het stadig gegroei. Die boere het hierdie vrou met ’n bakkie sien aankom om hul stoof reg te maak en hul kop geskud. Hulle het in en onder die bakkie vir die man gekyk. Haar vakmanskap het hulle gou oortuig. “My werk spreek vanself en my pryse is redelik. Ek het aan die begin geadverteer, maar nou is dit nie meer nodig nie.”


Travelling all over South Africa, Emmie Heathman responds to the call of the dead or dying AGA’s that lie dotted over the South African countryside, and lovingly restores them. If you have an AGA or any other anthracite stove that is no longer in working condition the Stove Whisperer is the lady to call. Emmie now has two books which you may want to purchase – one is a book full of tips and troubleshooting advice on what to do with your AGA to get her and keep her in good health. The other is a copy of a 1940’s cookbook.

Luister / Laai af hier

September
10
5h40
RSG LANDBOU, VRYDAG 10 SEPTEMBER 2021

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse Minister van Landbou, sê rooibos is een van die Wes-Kaap se mees ikoniese produkte en die insluiting daarvan op die Europese Kommissie se register vir beskermde aanduiding van oorsprong is ’n aanduiding van sy unieke eienskappe. Dit laat die bedryf ook toe om die EU-handelsmerk op sy verpakking aan te dui, wat sal aandui dat dit ’n unieke, eksklusiewe produk is. Hy sê dit skep beter bemarkingsgeleenthede in die EU vir die bedryf. Die rooibosbedryf voorsien werk en inkomste aan sowat 8 000 mense. Meyer sê die EU se besluit bied ’n geleentheid vir die rooibosbedryf om te groei.

Marthane Swart van die SA Rooibosraad en Direkteur van Besigheids-ontwikkeling en Strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, Dr Dirk Troskie sluit by ons aan op RSG Landbou om die voordele van die insluiting te bespreek.


Dr Dirk Troskie Director: Business Planning and Strategy Department of Agriculture and Marthane Swart from the SA Rooibos Council joins us on RSG Landbou. The European Commission has approved the registration of the designation 'Rooibos'/'Red Bush' in its register of protected designations of origin and protected geographical indications.

Luister / Laai af hier

Radio Elsenburg Alert

If you would like to receive details of the programmes to be broadcasted before hand, kindly fill in the form below.

Request to receive details on the weekly radio programmes per email: