| Resource Utilisation | | | Agri-Outlook | | | Climate for November 2003 |
Statistics for November 2003
This report is currently only available in Afrikaans.
Statistiek vir November 2003
| Reënval (mm) Maandelikse totaal |
Temperatuur (°C) Gem. daaglikse maks. |
Temperatuur (°C) Gem. daaglikse min. |
|||||||
| Plek | 2003 | 2002 | LT | 2003 | 2002 | LT | 2003 | 2002 | LT |
| BOLAND | |||||||||
| De Rust (Grabouw) | 3.0 | 49.2 | 64.9 | 24.7 | 26.0 | 23.4 | 12.2 | 11.9 | 11.8 |
| Elsenburg | 5.2 | 27.4 | 27.9 | 26.6 | 25.6 | 25.6 | 11.4 | 10.0 | 12.0 |
| Môrewag (Paarl) | 0.5 | 8.3 | 36.3 | 27.5 | 26.4 | 25.3 | 14.6 | 13.1 | 13.8 |
| De Keur (Ceres) | 0.5 | 21.0 | 31.4 | 22.7 | 23.7 | 23.3 | 7.2 | 7.6 | 8.8 |
| Nuy (Worcester) | 0.0 | 7.4 | 15.7 | 27.9 | 27.2 | 26.9 | 11.9 | 9.8 | 12.1 |
| Goudini | 0.5 | 18.5 | 11.1 | 31.6 | 28.3 | 28.4 | 10.9 | 9.7 | 12.7 |
| Robertson | 0.6 | 7.8 | 21.7 | 28.4 | 29.0 | 27.6 | 12.5 | 9.8 | 13.0 |
| SWARTLAND | |||||||||
| Langgewens2 (Malmesbury) | 0.0 | 11.6 | 16.5 | 27.9 | 26.8 | 26.9 | 14.0 | 11.8 | 13.5 |
| Porterville | 0.0 | 19.7 | 23.7 | 30.1 | 28.5 | 28.1 | 13.4 | 11.3 | 12.9 |
| Afgunst (Redelinghuys) | 0.7 | 4.4 | 7.5 | 31.1 | 29.5 | 29.0 | 11.6 | 9.2 | 11.4 |
| Riviera (Sandveld) | 1.6 | 9.4 | 20.7 | 30.0 | 29.1 | 29.0 | 10.1 | 8.2 | 11.2 |
| Koperfontein (Hopefield) | 1.5 | 3.5 | 16.9 | 28.5 | 27.4 | 27.2 | 12.0 | 9.0 | 11.9 |
| Durbanville | 0.6 | 25.9 | 36.5 | * | * | * | * | * | * |
| KLEIN KAROO | |||||||||
| Oudtshoorn2 | 0.3 | 0.0 | 14.0 | 28.7 | 29.9 | 29.0 | 11.2 | 9.3 | 11.9 |
| Misgund (Joubertina) | 22.8 | 79.4 | 75.4 | 24.0 | 23.2 | 22.2 | 9.6 | 7.1 | 8.3 |
| Weltevrede (Barrydale) | 21.9 | 8.9 | 25.0 | 27.9 | 27.9 | 26.9 | 10.5 | 7.7 | 10.1 |
| Beaufort-Wes | 7.0 | 0.0 | 39.0 | * | * | * | * | * | * |
| Laingsburg | 16.0 | 0.0 | 10.0 | * | * | * | * | * | * |
| SUIDKUS | |||||||||
| Outeniqua2 (George) | 20.0 | 40.5 | 71.6 | 22.0 | 22.2 | 21.5 | 13.4 | 10.5 | 11.9 |
| Tygerhoek2 (Riviersonderend) | 5.2 | 19.4 | 43.9 | 28.8 | 27.6 | 26.7 | 11.9 | 9.2 | 12.4 |
| Jonaskraal (Bredasdorp) | 1.8 | 10.3 | 23.4 | 26.5 | 25.3 | 24.8 | 11.2 | 8.3 | 11.9 |
| NOORDWESTE | |||||||||
| Nortier2 (Lambertsbaai) | 0.0 | 2.6 | 9.8 | 24.0 | 23.3 | 22.4 | 12.4 | 10.3 | 11.7 |
| Citrusdal | 0.0 | 6.4 | 17.5 | 32.6 | 31.7 | 29.6 | 12.3 | 9.7 | 13.0 |
| Klawer | 17.1 | 1.7 | 8.1 | 30.6 | 30.6 | 29.1 | 15.2 | 13.8 | 14.4 |
| Lutzville | 0.7 | 3.2 | 6.0 | 28.0 | 28.1 | 27.7 | 11.2 | 10.3 | 12.5 |
LT = Langtermyngemiddelde 2 = Proefplaas * = data ontbreek
Klimaat in die onderskeie streke
| REËNVAL | ||
| BOLAND | Die langtermyn gemiddelde reënval vir die Boland vir November wissel tussen 21.8mm in die Koue Bokkeveld en 41.7mm in Robertson. Hierdie jaar was die hoogste reënval wat ons waargeneem het by die stasies wat gebruik word vir hierdie klimaat opsomming 5.2mm by Elsenburg in die Stellenbosch-distrik. Stellenbosch-dorp het 2.6mm gehad, Robertson en die Koue Bokkeveld het 0.6mm en 0.5mm onderskeidelik gehad, en die stasie in die Worcester-distrik het geen reën vir November waargeneem nie. In Stellenbosch het buie rondom 28ste van die maand geval terwyl dit in Robertson en die Bokkevled onderskeidelik op die 5de en 14de voorgekom het. | |
| SWARTLAND | Feitlik geen reën het voorgekom nie. | |
| KLEIN KAROO | Die Klein Karoo het tussen 0mm en 10.5mm reën gehad. Die hoogste neerslag was by Van Wyksdorp. In die Groot Karoo het neerslae gewissel tussen 0mm en 35mm. Geen algemene reën het egter voorgekom nie en n patroon van tipiese los donderbuie is ondervind. | |
| SUIDKUS | Neerslae oor die hierdie gebied was laag en derhalwe ondergemiddeld vir November. |
| TEMPERATUUR | ||
| BOLAND | Die gemiddelde daaglikse temperatuur was ondergemiddeld vir die hele Boland-streek. Die grootste afwyking van die gemiddeld was in die Koue Bokkeveld waar die daaglikse temperature 3.52°C (of 19.23%) ondergemiddeld was. Die gemiddelde daaglikse maksimum temperature was ondergemiddeld, met die uitsondering van die Robertson-distrik, waar die maksimum temperature effens bo-gemiddeld was (0.61°C of 2.2%). Die res van die stasies wat vir hierdie opsomming gebruik word se maksimum temperature was ondergemiddeld, met weereens die Koue Bokkeveld wat die grootste afwyking getoon het met 2.76°C (10.82%). Die gemiddelde daaglikse minimum was ook ondergemiddeld oor die hele gebied, met die grootste afwykings in die Koue Bokkeveld (3.95°C of 35.6%) en Stellenbosch-distrik ( 3.59°C of 23.93%). Dit wil voorkom of die somer ook effens laat is hierdie jaar as ons na die temperature kyk. | |
| SWARTLAND | Koel en warm dae het afwisselend hierdie maand voorgekom. Die aanvoelbare temperatuur was egter koeler as normaal. | |
| KLEIN KAROO | Oggendtemperature vir November by Oudtshoorn was kouer as die gemiddeld en was sowat 1°C laer as normaal. Gemiddelde dagtemperature was sowat
1°C hoër as normaal. Die relatiewe humiditeit was 53% en die totale verdamping was 200mm. Die hoogste maksimum temperatuur in die streek is by Oudtshoorn (39°C) gemeet en die laagste minimum temperatuur van 3°C by Murraysburg. |
|
| SUIDKUS | Uitermate warm dae het van tyd tot tyd voorgekom. | |
| NOORDWESTE | Baie warm dae het voorgekom. |
| WIND | ||
| BOLAND | Die wind was minder hierdie jaar as verlede jaar. Wat ook daarop dui dat daar nie werklik noemenswaardige stelsels deur die gebied beweeg het tydens November nie. | |
| SWARTLAND | Die wind het gewissel van lig suid, suidwes tot noordwes. | |
| KLEIN KAROO | Sterk winde het van tyd tot tyd voorgekom wat as bo-normaal beskou kan word. | |
| SUIDKUS | Wind was matig met enkele sterk tot stormsterk winde, veral in Caledon. | |
| NOORDWESTE | Sterk suidoostewinde het gwaai. |
added:
Copyright | Disclaimer | Print page | www.elsenburg.com
©2003 Elsenburg