Resource Utilisation   |   Agri-Outlook   |   Climate projections

Climate projections (December 2002 - May 2003)

This report is currently only available in Afrikaans.


Klimaatvooruitskattings (Desember 2002 - Mei 2003)

Inleiding

Die afgelope paar maande is gekenmerk deur heelwat uiterste klimaatstoestande. Koue fronte beweeg nog gereeld oor die Wes-Kaap, maar ook oor die noordelike gedeeltes van die land. Ligte ryp het op 25 November voorgekom in die oostelike binneland. Dit is baie tipies van ’n El Niño verskynsel.

Verwagting vir reën

Sedert die tweede gedeelte van Oktober was daar ’n mate van versterking in die El Niño verskynsel. Seetemperature in die sentrale Stille Oseaan het redelik skerp gestyg en het die voorspelde temperature oortref. Daar was gebiede waar temperature tussen 3°C en 4°C warmer as normaal was. In vergelyking met die groot El Niños van 1982/83 en 1991/92 is dit egter steeds ’n swak tot matige El Niño. Tydens die 1982/83 en 1991/92-episodes was temperature tussen 5°C en 8°C warmer as normaal en het dit ook oor baie groter oppervlaktes gestrek.

Die verwagting is dat die huidige El Niño volwassenheid in Desember 2002 kan bereik, met tekens daarvan wat reeds sigbaar is. ’n Verswakkende tendens behoort te volg met ’n laagtepunt in ongeveer Maart/April 2003. Oor die langer termyn word steeds verwag dat ’n sterk herontwikkeling behoort plaas te vind vanaf Mei 2003 om in die 2003/2004 seisoen te heers. Die effek hiervan kan sterk negatief ervaar word deur die somerreënvalgebied, maar die Wes-Kaap behoort vroeë en goeie neerslae reeds in April/Mei te verwag.

Maand en sy reënvalvooruitsigte Ruimtelike voorstelling
Desember 2002

Die kanse is goed vir bo-gemiddelde reëns (groen) in die westelike en suidwestelike gebiede. Ondernormale reëns word verwag in die Beaufort-Wes en omliggende area (bruin).

kliek hier vir vergroting

Januarie 2003

Reënvalvooruitsigte verbeter oor die Suidkus gebiede (groen). Ondernormale reëns word in die westelike gebiede (bruin) verwag.

kliek hier vir vergroting

Februarie 2003

Ten minste normale reënval vooruitsigte vir feitlik die hele provinsie (geel), met bonormale reëns (groen) plek-plek, veral in die weste.

kliek hier vir vergroting

Maart 2003

Reënvalvooruitsigte strek van oorwegend onder-normaal (bruin) in die suidelike en sentrale gedeeltes van die provinsie, terwyl die res na normaal (geel) neig met bo-normale reënval-vooruitsigte (groen) plek-plek in die weste.

kliek hier vir vergroting

April 2003

Reënvalvooruitsigte is wisselend, maar oorwegend normaal.

kliek hier vir vergroting

Mei 2003

Reënvalvooruitsigte vir die suid-westelike gebiede is bonormaal (groen). Vir die res van die provinsie is dit normaal (geel) en plek-plek onder-normaal (bruin).

kliek hier vir vergroting

Sleutel: Waarskynlikheid vir ten minste normale (mediaan) reënval: bruin = ondernormaal, geel = normaal en groen/blou bonormaal

Opsomming

Die teenwoordigheid van ’n swak ontwikkelde El Niño sedert Mei/Junie 2002 was verantwoordelik vir die gereelde voorkoms van kouefronte en reën tot in die noordelike gedeeltes van die land. ’n Sterk ontwikkeling sedert die tweede gedeelte van Oktober waar die swak El Niño opgegradeer is tot ’n matige El Niño, veroorsaak steeds "wintertoestande" met koue fronte wat die land op ’n gereelde basis bereik. Toestande vir reën bly steeds gunstig oor die westlike gedeeltes van die Wes-Kaap vir Desember 2002. Met die verwagte herontwikkeling van El Niño in die herfs van 2003, kan die reënseisoen relatief vroeg in April/Mei 2003 begin.


added:


Copyright | Disclaimer | Print page | www.elsenburg.com

©2002 Elsenburg