| Resource Utilisation | | | Agri-Outlook | | | Climate for November 2002 |
Statistics for November 2002
This report is currently only available in Afrikaans.
Statistiek vir November 2002
| Reënval (mm) Maandelikse totaal |
Temperatuur (ºC) Gem. daaglikse maks. |
Temperatuur (ºC) Gem. daaglikse min. |
|||||||
| Plek | 2002 | 2001 | LT | 2002 | 2001 | LT | 2002 | 2001 | LT |
| BOLAND | |||||||||
| De Rust (Grabouw) | 49.2 | 4.7 | 72.3 | 30.4 | 23.0 | 22.8 | 15.3 | 11.5 | 11.6 |
| Elsenburg | 27.4 | 21.4 | 41.7 | 25.6 | 26.3 | 24.5 | 10.0 | 13.4 | 11.8 |
| Môrewag (Paarl) | 8.3 | 17.9 | 47.4 | 26.4 | 27.8 | 24.4 | 13.1 | 16.7 | 13.3 |
| De Keur (Ceres) | 21.0 | * | 22.5 | 23.7 | * | 23.6 | 7.6 | * | 9.2 |
| Nuy (Worcester) | 7.4 | 14.8 | 18.9 | 27.2 | 27.4 | 26.3 | 9.8 | 14.0 | 11.9 |
| Goudini | 18.5 | 6.8 | 19.4 | 28.3 | 29.4 | 26.1 | 9.7 | 14.8 | 12.5 |
| Robertson | 7.8 | 5.2 | 30.0 | 29.0 | 28.1 | 26.9 | 9.8 | 15.9 | 13.1 |
| SWARTLAND | |||||||||
| Langgewens2 (Malmesbury) | 11.6 | 10.4 | 16.6 | 26.8 | 28.3 | 26.9 | 11.8 | 14.6 | 13.5 |
| Porterville | 9.7 | 19.1 | 23.9 | 28.5 | 29.5 | 28.1 | 11.3 | 15.0 | 13.0 |
| Afgunst (Redelinghuys) | 4.4 | 30.6 | 7.6 | 29.5 | 29.7 | 29.0 | 9.2 | 13.8 | 11.5 |
| Riviera (Sandveld) | 9.4 | 37.8 | 14.3 | 29.1 | 27.6 | 29.4 | 8.2 | 12.9 | 11.6 |
| Koperfontein (Hopefield) | 3.5 | 8.0 | 18.8 | 27.4 | 28.7 | 27.2 | 9.0 | 13.6 | 12.3 |
| Durbanville | 25.9 | 20.7 | 36.5 | * | * | * | * | * | * |
| KLEIN KAROO | |||||||||
| Oudtshoorn2 | 0.0 | 2.6 | 21.6 | 29.9 | 28.2 | 27.5 | 9.3 | 13.5 | 12.1 |
| Misgund (Joubertina) | 79.4 | * | 85.9 | 23.2 | * | 21.0 | 7.1 | * | 8.1 |
| Weltevrede (Barrydale) | 8.9 | 20.8 | 25.4 | 27.9 | 27.6 | 26.9 | 7.7 | 12.6 | 10.2 |
| Beaufort-Wes | 0.0 | 28.0 | 39.0 | * | * | * | * | * | * |
| Laingsburg | 0.0 | 29.0 | 10.0 | * | * | * | * | * | * |
| SUIDKUS | |||||||||
| Outeniqua2 (George) | 40.5 | 189.0 | 72.5 | 22.2 | 21.7 | 21.5 | 10.5 | 13.4 | 11.9 |
| Tygerhoek2 (Riviersonderend) | 19.4 | 94.0 | 38.3 | 27.6 | 25.8 | 26.2 | 9.2 | 14.3 | 12.3 |
| Jonaskraal (Bredasdorp) | 10.3 | 27.3 | 23.9 | 25.2 | 24.2 | 24.8 | 8.3 | 14.1 | 12.0 |
| NOORDWESTE | |||||||||
| Nortier2 (Lambertsbaai) | 2.6 | 15.1 | 10.1 | 23.2 | 22.9 | 22.4 | 10.3 | 13.8 | 11.7 |
| Citrusdal | 6.4 | * | 33.5 | 31.7 | * | 27.5 | 9.7 | * | 13.5 |
| Klawer | 1.7 | 15.8 | 8.3 | 30.6 | 29.9 | 29.1 | 13.8 | 16.5 | 14.4 |
| Ebenhaeser | 6.4 | * | 10.0 | 25.1 | * | 24.7 | 10.3 | * | 12.6 |
| Lutzville | 3.2 | 10.5 | 6.3 | 28.1 | 27.8 | 27.6 | 10.3 | 13.9 | 12.5 |
LT = Langtermyngemiddelde 2 = Proefplaas * = data ontbreek
Klimaat in die onderskeie streke vir November 2002
| REËNVAL | ||
| BOLAND | Rëenval vir November was minder as die langtermyn gemiddeld met Stellenbosch weereens die uitsondering. Die rëenval was hoofsaaklik versprei in drie groepe, die eerste, van die
3de tot ongeveer die 10de van die maand, met die meeste van die rëenval
wat op die 3de aangeteken is. Rondom die 20ste en
die 28ste was daar ook neerslae in die Stellenbosch distrik.
Stellenbosch en die Koue Bokkeveld het naby aan gemiddelde rëenval gemeet met onderskeidelik 1.5mm meer en minder rëen as die gemiddeld vir November. Robertson het net n totaal van 7.8mm gemeet, dit is 74% ondergemiddeld, terwyl die Worcester distrik ook minder as 10mm gemeet het, wat 61% ondergemiddeld was. Hoewel hierdie syfers heelwat laer as die langtermyn gemiddeld is, is meeste van hierdie rëenvalsyfers hoër as in November verlede jaar. |
|
| SWARTLAND | Verspreide reëns het op 4, 9, 20 en 29 November geval. Ondergemiddeld vir November. | |
| KLEIN KAROO | November was n baie droë maand in die hele streek. In die Groot Karoo het die meeste reënvalstasies geen neerslae aangeteken nie. In die Klein Karoo was die situasie feitlik dieselfde en die meeste reënvalstasies het minder as 5mm aangeteken. | |
| SUIDKUS | Ná feitlik geen reën vanaf 11 September het ligte neerslae in die eerste week (Caledon, Bredasdorp en Riversdal) en tweede week (Swellendam, Mosselbaai en George) van November voorgekom. Reënval wissel van 27% tot 60% van die langtermyngemiddeld vir November. | |
| NOORDWESTE | Ondergemiddeld vir November. |
| TEMPERATUUR | ||
| BOLAND | Vir November was die gemiddelde daaglikse temperature vir die Boland steeds ondergemiddeld, met ongeveer 4 - 12% (0.73°C - 2.23°C). Hierdie lae daaglikse gemiddelde temperature kan hoofsaaklik toegeskryf word aan lae minimum temperature. In Robertson was die minimum temperature 3.29°C (25.11%) ondergemiddeld.
Die kleinste afwyking was by Elsenburg, waar die minimum temperature 1.82°C (15.42%) ondergemiddeld was. Die maksimum temperature was bo-gemiddeld, met die uitsondering van Stellenbosch (Nietvoorbij) wat 1.5°C (6%) ondergemiddeld was. Van die ander stasies het Robertson met 2.07°C (7.7%) bo-gemiddeld die grootste afwyking getoon. Dus kan ons sien dat die koeler temperature wat die hele lente al voorkom, nog steeds met ons is selfs in November. Die temperature vir November 2002 is heelwat laer as die temperature vir dieselfde tyd verlede jaar. |
|
| SWARTLAND | Koel en warm dae het het afwisselend hierdie maand voorgekom. Die aanvoelbare temperatuur was egter koeler as normaalweg. | |
| KLEIN KAROO | Gemiddelde maksimum temperatuur by Oudtshoorn was 30°C, wat sowat 2°C hoër as die langtermyn gemiddeld is. Die gemiddelde minimum temperatuur was 9°C, wat bykans 3°C laer as die langtermyn gemiddeld is. Aansienlike temperatuurskommelinge het weereens voorgekom. By Oudtshoorn was die hoogste maksimum byvoorbeeld 42°C, terwyl die laagste maksimum slegs 17°C was. Die relatiewe humiditeit was 64% en die totale verdamping was 217mm. Hoogste maksimum en laagste minimum temperatuur in die streek aangeteken: Oudtshoorn 42°C (gelyk aan rekord vir November) en Murraysburg 2°C. | |
| SUIDKUS | Matig tot warm dae het voorgekom met koel tot koue nagte. In George het dagtemperature en nagtemperature onderskeidelik gewissel tussen 14.6°C tot 36.5°C en 6°C en 17.8°C. | |
| NOORDWESTE | Koel en warm dae het afwisselend hierdie maand voorgekom. Die aanvoelbare temperatuur was egter koeler as die normaal. |
| WIND | ||
| BOLAND | Die wind hierdie maand was wisseldend, met sterk winde in die binneland (Robertson, Worcester en Koue Bokkeveld) op die 3de van die maand. Daar was ook sterk suidoostewind op die 23ste in Stellenbosch en omgewing. | |
| SWARTLAND | Die wind het gewissel van lig tot sterk suidoos en lig noordwes. Die suidoostewind was ondernormaal vir November. | |
| KLEIN KAROO | Ietwat meer wind as normaalweg het in die Klein Karoo voorgekom, terwyl wind in die Groot Karoo abnormaal sterk vir hierdie tyd van die jaar was. | |
| SUIDKUS | Matig tot sterk oor die algemeen, met stormsterk suidoostewinde in Caledon. | |
| NOORDWESTE | Die wind het gewissel van lig tot sterk suidoos en lig noordwes. Die suidooste wind was ondernormaal vir November. |
added:
Copyright | Disclaimer | Print page | www.elsenburg.com
©2002 Elsenburg