Turksvy Inligtingsdag |
| Oudtshoorn Navorsingsplaas |
| 30 Julie 2009 |
Welkom by die Turksvy Inligtingsdag,
aangebied deur die
Program: Tegnologie, Navorsing en Ontwikkelingsdienste,
Departement Landbou: Wes-Kaap.
Weens die groot belangstelling wat heers t.o.v. turksvye as alternatiewe gewas was daar deur die Departement van Landbou, Wes-Kaap besluit om ‘n inligtingsdag te hou op 30 Julie 2009 te Oudtshoorn Navorsingsplaas. Die gebruik van turksvye wat wild groei is ‘n praktyk wat al honderde jare voorkom, maar die kommersiële verbouing daarvan het eers onlangs tot stand gekom. Die grootste fokus van die ontwikkelende turksvybedryf is gebasseer op die doringlose “Burbank” tipes wat gedurende 1914 ingevoer is na Suid-Afrika. Die turksvye is hoofsaaklik ingevoer as veevoergewas in die Karoo streke, maar sekere van die variëteite het baie goeie vrugeienskappe getoon en is aangeplant vir vrugproduksie. Sekere variëteite is dubbeldoelig, nl. vir veevoer en vrugproduksie. Intensiewe turksvyproduksie in Suid-Afrika word vandag op 1,300 hektaar geskat met ‘n geskatte opbrengs van 15,000 ton. Proefaanplantings op die Oudtshoorn Navorsingsplaas het getoon dat sekere variëteite goed aard in hierdie streek, vrugopbrengste van tot 12 ton/ha is behaal en bladproduksie vir veevoer van tot 19 ton/ha is behaal.
Hierdie CD gee vir u die inligting soos bespreek by die Inligtingsdag. Ingeslote is kopieë van die formele aanbiedings asook elke spreker se kontakbesonderhede sou u graag die persoon wou kontak vir meer inligting. Dankie vir u bywoning van die dag. Ons glo dat die inligting en die dag vir u tot groot waarde sal wees.
Hierdie CD is ontwikkel en geborg deur die Departement Landbou: Wes-Kaap wat die Oudtshoorn Navorsingsplaas bedryf en proewe op Oudtshoorn en in die omgewing het.
Let asseblief daarop dat sekere lêers groot is en ’n rukkie sal neem om oop te maak.
Inhoudsopgawe
Kontakbesonderhede
| Persoon | Selfoon | Telefoon |
|---|---|---|
| Dr. J. Van Zyl | 082 9073398 | 021 8085302 |
| Dr. D. Troskie | 082 6586018 | 021 8085190 |
| Mnr. J.P. Potgieter | 082 8806738 | 015 2943000 |
| Prof. H.O. de Waal | 083 6458958 | 051 4012210 |
| Dr. D.S. Reed | 082 4523715 | |
| Dr. M. De Wit | 082 8744284 |
Foto's
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Departement van Landbou: Wes-Kaap / Department of Agriculture: Western Cape | |||
| Webblad: | www.elsenburg.com | |||
| Redakteur: | Dr Jacques Van Zyl | (Instituut vir Plantproduksie) | ||
| Uitleg: | F.C. Basson | (Instituut vir Hulpbronbenutting) | ||