Research and development   |   Pest monitor   |   Small grains   |   Kleingraan: Bolwurm (Swartland)

Kleingraan: Bolwurm (Swartland)

Week Datum Dankbaar Langgewens
39+ 20/9/04 26 (3.7/nag) 16 (2.3/nag)
40+ 29/9/04 22 (3.1/nag) daagliks moniteer
41 7/10/04 15 (2.1/nag) daagliks moniteer

Week 39 (20 September 2004)

By Pools is gedurende die afgelope week reeds 12 bolwurmlarwes per vierkante meter gevind wat aandui dat beheer toegepas kan word. Die drumpel lê by 8 larwes per vierkante meter. Daar moet net onthou word dat hoe jonger die larwes is, hoe beter sal beheer vekry word.

Verder verdroog onkruide nou so vinnig dat lande gedurig gemoniteer moet word vir die voorkoms van bolwurmlarwes oor die hele Swartlandgebied.

Week 40 (29 September 2004)

Bolwurm-aktiwiteite het by Porterville (14 per vierkante meter) en Dankbaar (12 per vierkante meter) voorgekom. Dit is by beide lokaliteite bo die drumpel van 8 larwes per vierkante meter. Daar sal veral op lande waar die koring nog redelik groen is, gekonsentreer moet word en ook die grootte van die larwes (1 cm) is belangrik ten opsigte van die besluit of daar gespuit sal moet word. Groot larwes vreet nie meer nie aangesien hulle in voor-papiestadium is.

Week Datum Langgewens
40 27/9/04 - 1/10/04 30, 5, 2, 3, 2
41 4/10/04 - 8/10/04 4, 1, 2, 1, 1
42 11/10/04 - 4

last modified:


Copyright | Disclaimer | Print page | www.elsenburg.com

©2004 Elsenburg