WELKOM! by milkproduction@elsenburg.com
Hierdie bladsye is geskep met die oog daarop om vir melkbeesprodusente die beste moontike navorsingsinligting beskikbaar te stel op 'n wyse wat in u behoeftes voldoen.
These pages are currently being translated to English, and will soon be available in both English and Afrikaans.
Visie:
Navorsing en tegnologie-ontwikkeling op internasionale vlak in diepte en toepaslik vir plaaslike produsente
Missie:
Bevordering van die ekonomiese welstand van die plaaslike primęre melkprodusente en hul arbeiders deur middel van:
- toepaslike, praktykgerigte en wetenskaplik korrekte navorsingsprojekte
- optimale benutting van die melkbeeskuddes op Elsenburg vir navorsing, voorligting en demonstrasies aan produsente en die wye publiek
Fokus areas:
- Melkbeesvoeding: Optimale voeding van melkbeeste deur die maksimum benutting van plaaslik geproduseerde ruvoere en grane
- Melkbeesteling: Die verhoging van die doeltreffendheid van produksie deur doelgerigte teling en seleksie van melkbeesbulle en –koeie
- Melkbeesreproduksiebestuur: Die verhoging van melkproduksie deur die korrekte toepassing van reprodusiebestuursprogramme in melkbeeskuddes
- Melkbeesbehuisingstelsels: Die verhoging van melkproduksie deur die benutting van korrek ontwerpte en bestuurspraktyke in intensiewe behuising-stelsels vir melkbeeste en -kalwers
Besoek gerus: