You are here:
Saterdag, 8 Augustus 2009
Onderwerp:
Die staatsplaas Nortier word begrens deur die dorp Lambertsbaai, die see aan die Weskus en die interessante buurplaasname Sopieshoogte en Deurspring. Dit is vernoem na dr Lafras Nortier wat hom beywer het vir grondbewaring en veldherwinning. Die latere soutbosaanplantings in die geweste is terug te voer na navorsing op Nortier. Na 50 jaar word veldnavorsing op die plaas voortgesit saam met inheemse saadproduksie asook kruisteling by skape en voedingsproewe met Bonsmaras.
Gaste:
- Christie Rheeder, bestuurder Nortier (027 432 9903)
- Ilse Trautmann (dr), Direkteur navorsing en ontwikkelingsdienste, Departement Landbou Wes-Kaap
Tydsduur:
11 minute 57 sekondes
Luister:
f090808.mp3 (5.02Mb, 44MHz @ 56kbs)
Indien u probleme ondervind met die aflaai van die bydrae, regs-klik asb daarop, en kies die "Save as" opsie eerder as "Open".
Plantnavorsing op Nortier
Nortier geleë langs die Weskus
Die plaas se ingang net buite Lambertsbaai