You are here:
Saterdag, 23 Februarie 2008
Onderwerp:
Die Percheron is 'n Franse perd wat wêreldwyd beskou word as een van die beste trekperdrasse. Die gewildheid van die ras strek vandag oor die hele land en kan grootliks toegeskryf word aan die perd se aanpasbaarheid en rustige temperament wat dit geskik maak as ryperd in die behandeling van gestremde kinders asook in agritoerisme. In Elsenburg Forum gesels die voorsitter en ondervoorsitter van die Percherontelers Genootskap oor die huidige belangstelling in diè perderas en verneem ons ook van die Percheron wêreldkongres in 2009.
Gaste:
- Gerrie van Zyl, Elskloof, Breëriviervallei (voorsitter) (023 344 3746 / 076 104 3450)
- Johan vd Merwe, Elsenburg (o/voors) (082 650 7818)
Tydsduur:
12 minute 23 sekondes
Luister: |
f080223.mp3 (5.21Mb, 44MHz @ 56kbs) |
Indien u probleme ondervind met die aflaai van die bydrae, regs-klik asb daarop, en kies die "Save as" opsie eerder as "Open"