home about contact us news
You are here:

Home: Radio Elsenburg: ELSENBURG FORUM ARCHIVE

Saterdag, 12 Maart 2007

Onderwerp:

Is daar 'n persepsie by boere dat hulle die veld verbeter deur wild in te bring ten koste van vee? Is die wildboer wat ingestel is op ekotoerisme genoodsaak om sekere diere in te bring vir die aantrekkingskrag wat dit vir die toeris inhou?

Gaste:



Tydsduur:

12 minute 11 sekondes

Luister:

f070512.mp3 (5.12Mb, 44MHz @ 56kbs)

Indien u probleme ondervind met die aflaai van die bydrae, regs-klik asb daarop, en kies die "Save as" opsie eerder as "Open"


Gesonde wild (soos die Hartebees) en gesonde veld is die ideaal. Korrekte wildbestuur laat hoogs vreetbare gewasse soos rooigras toe om te herstel. Foto: Jan Vlok

Natuurbewaringsowerhede se voorgestelde translokasiekaart vir die Vaalribbok. Die dier word deur munisipale distriksgrense in ses onderskeie populasies verdeel wat oor tyd geneties in subspesies kan verander en dit moet beoordeel word teen die grondslag van ekologiese biodiversiteit.

Vrylating van ontoepaslike wildsoorte plaas druk op die wildsoort aangesien natuurlike voedingsbehoeftes nie vervul word nie en dit hou kommer in vir die toekoms van die veldtoestand. Foto: Jan Vlok

'n Jong Njalabul in 'n soetdoringruigte. Sowat 50 jaar gelede was dit karoobossieveld waar Springbok en Rooihartbees gewei het. Verandering van habitat en die verbossing met houtagtiges weens aardverwarming kan meebring dat dierspesies moet verander en/of dat ander diersoorte as voorheen nou dič habitat kan en moet beset. Foto: Deon Furstenberg