| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, bestuur: 13 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Hoë brandstofkoste, hoë rentekoerse op geleende kapitaal, hoë eenheidskoste van trekkers en laer en steeds krimpende boerderywinste, is enkele faktore wat dit noodsaak om opnuut te kyk na die gebruik van
trekdiere in opkomende boerdery.
Wat is die eienskappe van n geskikte trekdier? Terloops, n trekdier hoef nie noodwendig soos n skouperd te lyk nie! |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die belangrikste eienskappe van n trekdier is n
kalm, rustige geaardheid en n paslike bouvorm.
Om n rustige geaardheid te beoordeel is nie maklik nie, maar deur bloot na die dier se oë, ore en liggaamshouding te kyk, kan n redelike afleiding van geaardheid gemaak word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Dit is n feit dat sekere perderasse meer geskik is om as trekdier gebruik te word en ander as ryperde of skoudiere. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die sogenaamde trekrasse met die kenmerkende langer koothare is n voorbeeld hiervan. Dié tipe diere is ook van geskikte grootte en bouvorm wat meer geskik is vir die teel van muile. |
![]() Kliek om te vergroot! |
By toepaslike bouvorm moet daar veral gekyk word na die hoewe en bene van die trekdiere. Gee voorkeur aan n dier met mooi hoewe wat nie skeef afslyt nie. Wees versigtig vir n dier met klein "boksvormige" hoewe of sigbare knoppe aan die bene of skewe knieë. |
![]() Kliek om te vergroot! |
n Gewone plaasperd, groot donkie of n muil kan met n bietjie afrigting n
baie geskikte en nuttige trekdier word.
n Rustige en geduldige persoon is gewoonlik suksesvol met die afrigting van trekdiere. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die volgende is van belang om trekdiere beter te verstaan en te benut.:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
|
![]() Kliek om te vergroot! |
|
![]() Kliek om te vergroot! |
n Trekdier verrig heelwat take teen n stadige stapspoed en in n beperkte ruimte. Daarom is dit nodig dat die perd op die regte wyse
gelei moet word:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Trekdiere moet geleidelik aan nuwe dinge blootgestel word. Daar moet byvoorbeeld nooit aanvaar word dat n perd wat jare lank n karretjie trek ook n ploeg of n ghrop sal kan trek nie. |
AG Erasmus
ELSENBURG / KLEIN KAROO LOS