home about contact us news
Inligtingstukke   |   Elsenburg infopaks   |   Diere, bestuur: 10

Varkeenheid vir kleinboere Engels | Xhosa

Kliek om te vergroot!
Die basiese uitleg bestaan uit vyf hokke van drie meter wat om die beurt gebruik word vir kraam, speen en groeivarke.

Aangrensend aan die ry hokke is ’n loopgang wat toegang verleen aan kampe voor elke hok. Skaduwee in die kampe is noodsaaklik. Hierdie kampe bied akkommodasie aan die droë sôe en beer.


Kliek om te vergroot!
Die eenvoudige konstruksie behels ’n goedkoop sinkdak op kreosootpale en sementblokke.

Kliek om te vergroot!
Die betonvloere het ’n helling na die hekopening vir dreinering na die loopgang, wat tegelyk dien as afvoerkanaal vir waswater.

Kliek om te vergroot!
Die oriëntasie van die hok is belangrik vir effektiewe ventilasie in die warm seisoen, maar ook om effektiewe beskutting in die koue en nat seisoen te verseker.

Dit word bepaal deur heersende wind- en reënrigtings en word gereguleer met behulp van vensterflappe.


Kliek om te vergroot!
Elke hok word voorsien van ’n voerbak wat ook dien as ’n waterbak as waternippels nie gebruik word nie.

Kliek om te vergroot!
’n Watertenk moet geïnstalleer word om voltyds drinkwater, verkieslik onder druk, beskikbaar te hê.

Kliek om te vergroot!
Die plasing van hekke moet hantering tussen hokke en kampe vergemaklik.

Die bestuur van die eenheid is uiters belangrik om maksimum deurset te verseker.

Indien die beer in ’n kamp gehou word, moet skaduwee voorsien word aangesien hoë temperature vrugbaarheid negatief beïnvloed.

Die aanbevole vloerspasie vir ’n kraamhok is ’n minimum van 8m2 en groeivarke benodig ± 1.0m2 elk.

Vir optimale benutting van vloerspasie word dieselfde hok om die beurt vir verskillende fases aangewend:

Die sog word na die beer gebring vir paring 5 tot 7 dae na speen. Daarna word die dragtige sog in die kampe aangehou. Drie dae voor kraam word die sog in ’n hok geplaas. Speen vind tot 42 dae na kraam plaas, waarna die sog uit die hok verwyder word. Die 3 m x 3 m hok kan nou verdeel word om twee werpsels speenvarkies te akkommodeer.

Ná 70 dae word die groeivarke in ’n werpsel per hok (of 10 varke per hok) aangehou. Bemarking volg op ± 150 dae, afhangende van die gewig. Met goeie bestuur kan die eenheid 5 sôe akkommodeer en dus 100 groeivarke per jaar produseer.

Afvalhantering moet sover moontlik droog geskied om vloeibare afval te beperk. Soliedes word eers met ’n graaf en kruiwa vir kompos en bemesting verwyder waarna die vloer met ’n tuinslang en besem gewas word.

S Rautenbach
ELSENBURG / PORT ELIZABETH Landbou-ingenieurswese