| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, bestuur: 8 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Beeste, bokke, buffels, skape, takbokke, llamas en yaks is almal voorbeelde van melkdiere wat mense aanhou. Dit het dan ook tradisie geword om diere met die hand te melk.
Die metode van melk is basies dieselfde vir alle mense. Klein verskille kom egter voor. So byvoorbeeld melk die Engelse van die regterkant en die Suid-Afrikaners van die linkerkant van die dier. In Frankryk waar skape gemelk word, sit die melker agter. Wat ook al die metode, die melkdier word gewoond daaraan om van dieselfde kant gemelk te word deur dieselfde melker. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Gesonde melk vereis n gesonde dier en n gesonde melker moet die dier sodanig versorg dat die melk en die dier gesond bly. Kom ons gesels verder spesifiek oor die melkkoei.
n Gesonde koei vereis kos, water en skuiling teen koue wind, reën en hitte. Indien die koei koud kry, word die kos omgesit in energie om warm te bly en gee gevolglik minder melk. As sy te warm kry, wil die koei nie vreet nie en gee ook minder melk. Waar die natuur dus nie genoeg weiding voorsien asook bome vir skuiling nie, moet kos voorsien en krale met n afdak opgerig word. Krale moet gereeld skoongemaak word en dit moet ook goed kan dreineer. n Vuil en nat kraal gee aanleiding tot siektes. Koeie moet jaarliks teen tering en besmetlike misgeboorte getoets word. Beide siektes kan aan die mens oorgedra word. Alle beeste moet jaarliks geënt word teen miltsiekte, lamsiekte en jong diere teen sponssiekte. Daarby moet verse een keer geënt word teen besmetlike misgeboorte. n Staatsveearts of dieregesondheids-tegnikus sal jou ook raadgee oor siektes soos rooiwater en galsiekte. |
![]() Kliek om te vergroot! |
n Gesonde koei met genoeg kos, water en skuiling sal nie goed melk gee indien sy nie rustig en kalm is nie. Dus moet sy nie geslaan word nie - of op geskree word, of enigsins hardhandig behandel word nie.
Wat is die beste melkmetode wat die beste produksie sal lewer? Dit is belangrik om op die volgende te let:
Die melker moet ook aandag gee aan die voorkoms van die koei. Indien die flanke vol stof, modder of mis is, moet dit afgeborsel word. Lang hare om die spene moet kortgeknip word. Saam daarmee moet die uier skoongewas en met n skoon lap drooggemaak word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die regte en beste manier om te melk is met die volhand. Die speen word in die hand gehou en die melk met die vingers uitgedruk, net soos n kalf die hele speen in sy bek neem en die melk met die tong uitdruk. Geen smeersalf is op die wyse nodig nie. Onthou: die beste handmelker sal nooit die speen onnodig trek of rek nie. |
![]() Kliek om te vergroot! |
n Slegte gewoonte is om die speen tussen die vingers te trek - dit sal die speen beskadig en is ongemaklik vir die koei. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Om melk uit te trek tussen die omgevoude duim en die vingers, of tussen die vingers en die reguit duim veroorsaak skade aan die speen, maak die koei seer en befoeterd en verminder melkvloei en produksie. |
![]() Kliek om te vergroot! |
"Strip" - of liewers trek - waar die speen tussen die
duim en wysvinger gehou en dan afgetrek word behoort net gebruik te word om die eerste en laaste strale melk uit te kry. Die metode het een of ander goeie speensalf nodig.
Die beste handmelker sal nooit die speen onnodig trek of rek nie. Gereelde melktye is belangrik want koeie raak daaraan gewoond om op dieselfde tyd gemelk te word. Selfs n halfuur te vroeg of te laat kan n baie groot verskil maak aan die hoeveelheid melk en room wat n koei gee. Hoe belangrik is skoon melk vir die gesondheid van die mens? Melk is een van die beste voedselsoorte vir die mens, maar ongelukkig ook vir die kieme wat siektes by die mens veroorsaak. So kan vuil melk cholera, seerkeel, witseerkeel, maagkoors en kinderverlamming veroorsaak. Hoe gebeur dit:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Wat is gesonde en skoon melk?
Dit is melk wat van skoon, gesonde, rustige koeie kom en gemelk is deur skoon, gesonde melkers in skoon emmers op n skoon plek en daarna skoon en koud gehou word totdat dit gebruik word. Die melkemmer en melkkan moet ná gebruik met skoon water uitgespoel word. Herhaal met warm, verkieslik kookwater, waarin wassoda opgelos is (n halwe koppie wassoda op 10 liter water). Waar die water nie na wense is nie, kan dit redelik veilig gemaak word met twee eetlepels jik op 10 liter water. Laat dit vir 10 minute staan. Nadat die emmer en kan deeglik skoongemaak is, moet dit onderstebo droog drup. n Eenvoudige stellasie kan hiervoor gebruik word. Melkdoeke, afwaslappe en afdrooglappe moet na elke melktyd met seep gewas, deeglik uitgespoel en dan in jikwater laat lê word om alle kieme dood te maak. Die melk in die melkemmer word na melking deur die doek gegooi om enige moontlike vuiligheid terug te hou. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Voordat daar gemelk word, moet die volgende gedoen word:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Wanneer klaar gemelk is, moet die volgende gedoen word:
|
D Venter
ELSENBURG / Melkbeheer laboratorium