home about contact us news
Inligtingstukke   |   Elsenburg infopaks   |   Diere, bestuur: 6

Hoenderboerdery op kleinskaal Engels | Xhosa

Kliek om te vergroot!
Wanvoeding kan maklik hokgeslaan word deur die aanhou van ’n paar lêhenne by ’n huishouding. 12 henne in lêkoue wat onderdak aangehou word, kan sowat 11 eiers per dag lewer. 

So ’n eenheid kan baie maklik deur ’n familie gehanteer word en dit verskaf ’n aanvulling van die noodsaaklike proteïenbehoeftes van die gesin, terwyl die res van die eiers verkoop kan word vir ’n ekstra inkomste. 

Dit kan ook vir die hoenders se lêmeel betaal.


Kliek om te vergroot!
Die aanhou van hoenders op die manier vind veral byval by vroue. Dit vereis baie min tyd, is ’n voortdurende voedselbron in haar agterplaas en die eiers wat sy verkoop leer haar die basiese beginsels van bemarking.

Kliek om te vergroot!
Ten einde die plaaslike pluimveebedryf uit te brei na voornemende kleinboere is ’n skakeling tussen Australië en Suid-Afrika bewerkstellig. Volledige besonderhede insake die oprigting van die hokke sowel as die verkryging en versorging van die jong lêhenne, is verkrygbaar van die Australiese-Suid Afrikaanse onderneming.

Kliek om te vergroot!
Normaalweg begin die jong henne binne 3 weke nadat hulle in die koue geplaas is, eiers te lê, en met goeie versorging kan hulle vir 10 maande of meer aanhou lê. Die henne kan daarna verkoop word om geld te bekom om weer jong henne aan te skaf.

Kliek om te vergroot!
Die henne moet altyd skoon en koel water kan drink en daar moet altyd lêmeel in die kosbak wees. ’n 50 kg sak lêmeel is voldoende vir een maand se voer. Lêmeel kan by koöperasies en voerhandelaars gekoop word. Lêpille kan ook gevoer word, maar dit is duurder.

Kliek om te vergroot!
Benewens die voorsiening van die basiese materiaal, voer en lêhenne, maak die Australiese-Suid-Afrikaanse skakeling ook voorsiening vir opleiding van voornemende hoenderboere. Kursusse word aangebied in die bestuur van lêhenne asook die grootmaak van braaikuikens en jonghenne.

J du Preez
ELSENBURG / Privaat inisiatief