| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Bodem: 2 |
Daar bestaan verwysings na geskrifte van ouer as 4500 jaar wat handel oor grondvrugbaarheid en plantvoeding, en ouer as 2500 jaar waarvolgens die waarde van dierlike misstowwe as plantvoedsel (die kos van plante) ingedeel is.
Alle plantegroei materiaal bestaan uit water en n verbrandbare gedeelte wat na verbranding as oorlaat. Hierdie bestanddele word deur plantwortels uit die grond opgeneem. Aanhoudende verwydering, sonder terugplasing daarvan, verarm die grond stadigaan sodat voedsel, vesel en voerproduksie ook afneem.
Alle plantvoedsel wat uit die grond opgeneem word, word in opgeloste vorm deur water opgeneem. Hierdie plantvoedsel (ook plantvoedingstowwe of plantkos genoem) word deur die plante se wortels uit groot oppervlaktes van die grond opgeneem in klein hoeveelhede wat in die bo-aardse groei gekonsentreer word.
![]() Kliek om te vergroot! |
Op hulle beurt vreet diere hierdie plante in groter hoeveelhede as wat hulle nodig het wat dan weer in die diere se mis uitgeskei word. Wanneer hierdie
misstowwe op die grond teruggeplaas word, veroorsaak dit dikwels merkbare verbeterde plantegroei.
Namate die landbouwetenskap gevorder het, het mense daarin geslaag om die bestanddele van dieremis en plantreste te ontleed. Hieruit het die suksesvolle vervaardiging van kunsmisstowwe met hoë konsentrasies van plantvoedingstowwe ontstaan. |
Kunsmisstowwe word in twee groepe ingedeel. Die een groep word in groot hoeveelhede deur plantegroei benodig en word makro- plantvoedingstowwe genoem. Die ander groep word in baie kleiner hoeveelhede deur plante gebruik en word mikro-elemente genoem.
Die volgende is die belangrikste van hierdie twee groepe:
| Makro-elemente | Mikro-elemente | ||
| N | Stikstof (Nitrogen) | Cu | Koper (Copper) |
| P | Fosfor (Phosphorus) | Zn | Sink (Zinc) |
| K | Kalium (Potassium) | Mn | Mangaan (Manganese) |
| S | Swawel (Sulphur) | B | Boor (Boron) |
| Ca | Kalsium (Calsium) | Fe | Yster (Iron) |
| Mg | Magnesium (Magnesium) | Mo | Molibdeen (Molybdenum) |
Al hierdie elemente is in verskillende hoeveelhede noodsaaklik vir normale plantegroei. Elkeen het ook n spesifieke rol in plantvoeding. Ek verwys egter net na die drie belangrikste plantvoedingselemente, of soorte plantkos naamlik stikstof, fosfor en kalium of N, P en K.
![]() Kliek om te vergroot! |
Hoekom is die drie plantvoedingstowwe so belangrik?
N - Stikstof Hierdie plantvoedingstof kom voor in die verbrandbare deel van droë plantmateriaal. As plante genoeg N opneem, bevorder dit vinnige blaargroei met n gesonde groen kleur. As plante té veel N opneem veroorsaak dit dat die plante se groeiseisoen verleng en rypwording vertraag word. Dit kan ook té vinnige en geil groei veroorsaak met verswakte plantstamme wat deur n swaar drag blare, sterk wind of reën platgedruk kan word en sodoende verliese kan veroorsaak. Te veel N kan ook plante se weerstand teen siektes verlaag. n Tekort aan N veroorsaak blare met n ligte geelgroen kleur. Dit is veral duidelik op ouer blare. Plante bly ook verdwerg en gee lae oeste. Plante wat genoeg stikstof opneem, lewer groot oeste met n hoë kwaliteit. Twee van die belangrikste maniere waarop plante N kry, is uit verrottende plantoorblyfsels soos mis en kompos of uit N-bevattende bemestingstowwe. Die twee belangrikste vorms van N, naamlik nitraat of ammonium, is baie oplosbaar in water en kan dus deur te veel reën of besproeiingswater uit die grond gewas word. Daar moet dus gesorg word dat daar voortdurend genoeg N in die grond is vir opname deur die plante. N-bevattende bemestingstowwe kan hiervoor gebruik word. Om plante vinnig te laat groei, moet n deel daarvan reeds voor saai of plant in die grond ingewerk word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
P - Fosfor
Dit is n bestanddeel van plante se as. Die meeste gronde in Suid-Afrika is baie arm aan P en voorsien nie genoeg vir normale plantegroei nie. P is noodsaaklik vir die groei van alle plante, maar in kleiner hoeveelhede as N. P is noodsaaklik vir die verdeling van selle aan die groeipunte van plante se wortels onder die grond, asook vir die groeipunte van bogrondse groei. Indien plante te min P opneem, groei dit stadig en bly dit klein, en word die rypwording van veral graansade vertraag. Omdat P belangrik is vir seldeling, word baie P in sade gestoor, waaruit nuwe groei ontwikkel. P-bemesting en voldoende P in die grond vir plantvoeding is dus nodig vir vinnige en sterk wortelgroei sodat die plante die ander plantvoedingstowwe en water in die grond kan gebruik. Hierdeur word plante meer bestand gemaak teen droogtes en plantsiektes. Té veel P in die grond of deur bemesting hou nie juis skadelike gevolge vir plantegroei in nie, behalwe dat dit onnodig duur is. Fosfor gebreke ontstaan by herkouers op P gebrekkige weidings. Die diere vermaer, koeie kalf ongereeld, jong diere groei swak, diere ontwikkel vergroeiings aan die kloue en loop baie moeilik. Die massiewe onttrekking van P uit die skelet word in bene waargeneem. Afwykende aptyt veroorsaak dat vreemde voorwerpe soos blikke, pype, klippe en bene gekou word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
K - Kalium
Dit is n bestanddeel van plante se as. Kalium vorm nie n belangrike deel van plantweefsel nie, maar speel n belangrike rol in die plantsappe binne in die plantselle, deurdat dit die plant help om sekere ander stowwe te vervaardig wat belangrik is vir groei. By mielies en ander graansoorte gee voldoende K-opname deur die plante goeie stamsterkte en staan die plante sterk teen wind. By groentesoorte gee voldoende K goeie kwaliteit, houvermoë en grootte. Plante neem kalium maklik uit die grond op saam met water, dikwels in hoeveelhede wat meer is as wat nodig is vir normale groei. By alle plantsoorte is voldoende N, P en K dus nodig om groot oeste te gee. Wanneer oeste en plantmateriaal soos weiding van gronde verwyder word, word die plantvoedingstowwe uit gronde verwyder. As N, P en K nie aan die grond teruggegee word in die vorm van bemestingstowwe, mis of kompos nie, verarm die grond stadigaan en sal dit gaandeweg al minder kos vir mens en dier produseer. Wanneer daar dus van N, P en K gepraat word, verwys ons na plantvoedingstowwe en bemesting wat noodsaaklik is om groot oeste te gee. |
![]() Kliek om te vergroot! |
S - Swawel |
![]() Kliek om te vergroot! |
Ca - Kalsium |
![]() Kliek om te vergroot! |
Mg - Magnesium |
![]() Kliek om te vergroot! |
Cu - Koper |
![]() Kliek om te vergroot! |
Zn - Sink |
![]() Kliek om te vergroot! |
Mn - Mangaan |
![]() Kliek om te vergroot! |
B - Boor |
![]() Kliek om te vergroot! |
Fe - Yster |
![]() Kliek om te vergroot! |
Mo - Molibdeen |
CP de L Beyers
ELSENBURG / Nitrophoska