| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, bestuur: 4 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Hoefversorging is belangrik vir veral twee redes:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Wat bedoel ons met goeie hoefversorging?
Dit beteken dat die hoewe van die trekdier so na as moontlik aan die natuurlike vorm en hoek behou moet word. Ons sal dus van basiese hoefgereedskap soos n hoefkrapper, n hoefmes, n rasper en n knipper gebruik moet maak. Ook moet die soepelheid van die hoef behou word deur te nat of te droë toestande te voorkom. In dié geval kan n goeie hoefolie baie handig wees. As trekdiere oor lang afstande en op klipperige terrein gebruik word mag die aansit van hoefysters noodsaaklik wees. Vullens van trekdiere moet van jongs af geleer word om hulle pote op te tel sodat hoefversorging gedoen kan word. Begin met die hoefkrapper en krap alle los materiaal soos klippies en mis uit die hoef. Hoewe wat stink is n aanduiding van verrotting. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Gebruik die hoefmes en sny alle dooie weefsel weg sodat die hoef van onder skoon en wit vertoon. Let veral op bloedblase en krake waaruit etter vloei. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Knip dan die oortollige hoef af - dit is dié gedeelte wat bokant die sool van die hoef uitstaan. By perde word die voorpunt van die hoef nie korter as viervinger diktes geknip nie. Ten einde die hoefhoek onveranderd te laat word minder van die agterkant van die hoef geknip. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die hoefhoek is dié hoek wat gevorm word deur die middel van die kootbene en die hoef. Die ideale hoef lyk asof dit n verlenging van die middel van die koot is. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Nadat die hoef op die vereiste lengte en korrekte hoek geknip is, word dit aan die onderkant gelyk
gerasper. Om te voorkom dat die hoef onnodig bars, word die hoefrande rond gerasper.
Basiese beginsels om te onthou is die volgende:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
|
![]() Kliek om te vergroot! |
n Laaste gedagte: as jy vir jou trekdier omgee, sal jy sy hoewe altyd goed versorg. |
AG Erasmus
ELSENBURG / KLEIN KAROO LOS