| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Bome: 1 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Bome word geplant vir boumateriaal, vuurmaakhout, |
![]() Kliek om te vergroot! |
as n windskerm of n heining, vir voedsel, versiering, medisyne, skaduwee, beskutting en vir die bekamping van gronderosie en verbetering van grondvrugbaarheid. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Watter soort bome moet ek plant?
Jou doel met die plant van die bome gaan jou boomkeuse beïnvloed: bv. indien jy bome vir skaduwee plant, kies dan n boomsoort met n wye blaardak (kroon); vir vuurmaakhout kies n boom wat vinnig groei en stadig brand; plant jy bome vir boumateriaal kies dan n boom wat sterk en reguit sal groei met min sytakke. Maak seker dat die boom geskik is vir die omgewing waar jy dit wil plant! Is die bome aangepas vir droë omstandighede of het dit baie water nodig? Is die bome bestand teen ryp? Sal die boomsoort wat jy wil plant brakgronde verdra, verkies hulle diep grond of kan hulle in vlak rotsagtige grond groei? Sal die boomsoort bestand wees teen termiete? |
![]() Kliek om te vergroot! |
Hoe berei ek die plantgat voor?
Grawe n vierkantige gat van ongeveer 0,5 m diep en elke sy ongeveer 0,5 m lank. As die gat rond is, sal die boom swak groei, want die wortels sal in n sirkel groei in plaas daarvan om in die omringende harder grond te vertak. Meng die grond met n emmer vol kompos of ou droë kraalmis. Indien die grond n fosfaat tekort het, kan n halwe blikkie beenmeel by die grond-kompos mengsel gegooi word. Indien jy in n droë gebied bly, of buite die reënseisoen wil plant, is dit nodig om water tot by die wortels te kry. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die volgende is twee eenvoudige metodes:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Hoe plant ons die boom? Vul die gat met die grond-kompos mengsel sodat die boom net so diep geplant sal word as wat dit in die kwekerysakkie gegroei het. Haal die boom uit die sakkie en plaas dit in die gat. Vul die gat met die res van die grond. Gee die boom minstens 2 emmers water elke week gedurende die eerste twee jaar. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Dit is ook belangrik dat die boom beskerm moet word. Hou diere weg van die boom af deur n paar doringtakke bo-oor die boompie te pak. Moet nooit n takkie van n jong boompie afbreek of op enige ander manier beskadig nie. |
S Steyn
ELSENBURG / WES-KAAP bosbouvoorligting