| Information sheets | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, bestuur: 24 |
Die luis wat die Suid Afrikaanse wolproduksie die meeste affekteer is die skaap en bok liggaamsluis, nl. Bovicola ovis en Damalinia limbata. Die parasite voed op die vetuitskeidings wat die veloppervlak bedek. Skaap en bokluise veroorsaak intensie irritasie vir geaffekteerde diere wat getrekte en gekoekte wol, veral rondom die flanke, tot gevolg het.
Die volwasse wyfie lê eiers wat aan die wolvesels geheg is. Hierdie eiers broe na 9-10 dae uit, en ontwikkel deur drie nimf-stadia voordat hulle sowat drie weke later self volwasse is. Eiers kan gelê word binne die volgende 3-4 dae. Die volledige lewenssiklus kan dus binne 34 dae verloop onder gunstige omstandighede. Volwasse luise kan vir 1-2 maande leef maar onder sekere omstandighede kan hulle tot 14 weke lank oorleef.
Die ekonomiese implikasie van luise op die Australiaanse skaapindustrie van 1990-91 was geskat op oor die $300 miljoen. Luise reduseer inkomste uit wol deurdat die wolgewig verminder word, sowel as swakker kwaliteit wol wat gelewer word. Ge-infesteerde bokke en skape vryf en byt aan die wol wat nog verdere skade veroorsaak. Die vrywery kan dan ook die skaap blootstel aan vliegbyte, wat die ekonomiese verliese vererger.
Navorsing in Australia het aangetoon dat self 'n ligte infestasie verliese van R7.47 per kop (gebaseer op 1908c/kg skoon) en swaar besmettings kan lei tot verliese van tot R42.75/kop!

Skaap en bokluise is obligatoriese parasiete: Skoon skape en bokke kan slegs luise kry van direkte kontak met besmette skape of dmv meganiese oordraging (klere, voertuie, ens.) Luisbesmettings kan vinnig opbou op individuele skape en bokke en kan vinnig deur 'n trop versprei.
Dit is gedemonstreer dat met die invoer van twee besemette skape in 'n trop van vyftig, al die skape besmet was binne 16 maande. Teen daardie tyd het sowat die helfte van die skape 'n medium tot swaar besmetting.
Om voldoende beheer van beide Damalinia limbata en Bovicola ovis op skape en bokke is die korrekte aanwending van produkte noodsaaklik.
Tradisioneel, na skeer, het die dip met 'n orgaanfosfaat (bv. Dazzel nf) of pyrethroid (e.g. Zeropar) dip die luise voldoende beheer, maar in die afgelope jare het populasies met weerstand teen hierdie produkte kop uitgesteek, en ordentlike beheer word nou slegs bereik deur di gebruik van insek groei reguleerders (IGR).
Insek groei-reguleerders (bv Triflumuron (Zapp)) affekteer nie die volwasse luise nie. Volwasse luise kan dus tot 14 weke neem voordat hulle uitvrek. 'n Vinnige afname in luisgetalle kan waargeneem word oor die tydeperk omdat die IGR die larwes en nimfe bheer.
Elke produk, hoe effektief ookal, moet korrek aangewend word om 'n luis-vrye trop te verseker. Aandag aan detail is belangrik.