| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, bestuur: 17 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Wanneer skaap- en lamsvleis skaars is, gebeur dit gewoonlik dat vleispryse styg. Dit raak dan winsgewend om lammers in die
voerkraal af te rond, mits voerpryse nie te hoog is nie. In ander gevalle is dit soms noodsaaklik om diere in voerkrale af te rond wanneer weiding skaars is, en lammers nie in staat is om n gewenste slagmassa op weiding alleen te bereik nie.
In gevalle waar die produsent baie meerlinglammers speen, is dit ook soms noodsaaklik om van die lammers in voerkrale af te rond. Die afronding van lammers onder intensiewe toestande eis egter hoë bestuursinsette om dit winsgewend te maak. Die sukses vir die afronding van lammers hang dan ook af van bestuursfaktore soos behuising, voeding en siektevoorkoming. |
Die winsgewendheid van afronding berus hoofsaaklik op die verhouding tussen die vleisprys en die voerprys (vleis:voer prysverhouding). In gevalle waar diere vir afronding aangekoop word, speel die aankoopprys van die diere ook n deurslaggewende rol.
Die verandering in wins bo voerkoste met n verandering in voerprys en/of vleisprys met die aannames vir slagmassa, uitslagpersentasie, vrektes, massatoename, voeromset en aankoopprys en/of beginwaarde van lammers, word as Aanhangsel A aangeheg.
Gewenste ouderdom en speenmassa
Vroeg gespeende lammers kan vanaf agt weke ouderdom in die voerkraal geplaas word. Hoe jonger die lam, hoe beter voeromset kan in die voerkraal verwag word. Hoe langer die lam op die weiding bly, hoe minder is die totale koste van afronding egter. Lammers moet liefs nie ligter as 15 kg wees nie. Die rede waarom die voeromset van lammers afneem met n toename in ouderdom/massa, kan daaraan toegeskryf word dat meer vet relatief tot vleis in die karkas neergelê word.
Die ideale bemarkingsouderdom van lammers verskil tussen rasse, maar SA Vleismerinolammers word gewoonlik op ± 40 kg bemark. Dorperlammers word effe vroeër (± 38 kg) bemark weens n probleem met oorvet karkasse op n hoër massa. Weens n verswakking in voeromset en die risiko van swakker gradering as gevolg van oorvet karkasse, moet diere met bemarking nie te swaar wees nie.
![]() Kliek om te vergroot! |
BEHUISING
Vloertipe Die tipe vloer moet van so n aard wees dat urine nie aansamel en nat, morsige toestande laat ontstaan nie. Indien moontlik kan voerkrale ook teen n helling gebou word om nat toestande te verhoed. Voerkrippe Wanneer skape ad lib gevoer word, moet ten minste 4 -10 cm vreetspasie per skaap toegelaat word. Krippe moet van so n aard wees dat vermorsing beperk is en dit moet ook teen reën beskerm wees. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Waterkrippe
Waterkrippe moet so ver as moontlik van voerkrippe geplaas word. Krippe mag nie lek en sodoende n teelaarde vir parasiete skep nie. Nat toestande is ook gunstig vir vrotpootjie. Kraalgrootte Verkieslik word groepe van 30 - 50 skape per kraal toegelaat. Groepe van dominante vreters, gemiddeldes en skaamvreters moet geskei word waar moontlik. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Vloeroppervlakte
Ongeveer 1.8 m2 per skaap word benodig in oop krale. Op hortjiesvloere is ongeveer 0.4 m2 per skaap voldoende. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Skadu
Ongeveer 0.4 m2 per skaap word benodig. |
VOER VAN LAMMERS IN DIE VOERKRAAL
Aanpassing
Diere moet aangepas word wanneer hulle in die voerkraal geplaas word. Gedurende die eerste week moet voldoende hooi plus 300g konsentraat per skaap per dag voorsien word. In die tweede week moet 500g konsentraat plus hooi per dag voorsien word. Daarna kan konsentraat op n ad lib-basis voorsien word. Diëte moet so min as moontlik verander omrede dit tot aanpassingsteurnisse kan lei. Dit moet ook in ag geneem word dat diere ongeveer 2 weke neem voordat hulle op n spesifieke dieet aangepas is. Ruvoer moet altyd beskikbaar wees om spysverteringsteurnisse te beperk.
Voedingsbehoefte
Vir maksimum doeltreffendheid moet die dieet vir jong lammers aan die volgende vereistes voldoen:
Dit is belangrik dat die dieet gebalanseerd moet wees. Alhoewel n gebalanseerde dieet somtyds duurder mag wees, is dit gewoonlik meer doeltreffend.
![]() Kliek om te vergroot! |
Fisiese vorm
Die maal of prosessering van grane het n beperkte waarde by skape, en dit is selfs verkieslik dat graan heel gehou word, aangesien dit asidose teenwerk. Verpilling het n merkbare voordeel op inname en diereprestasie, maar waar afronding nie as praktyk beoefen word nie, mag die groot kapitaaluitgawe om die nodige implemente aan te skaf, nie geregverdig wees nie. Ruvoer kan gemaal (12 18 mm-sif) of gekerf wees, aangesien dit vermorsing verminder en produksie bevoordeel. Dit is noodsaaklik om n bindmiddel by gemaalde rantsoene te voeg om stowwerigheid te voorkom. |
Verrykte grane
Groot sukses word behaal met die voer van verrykte graan of sjokoladegraan. Die prosesseringskoste is gering, terwyl verrykte graan goed gebuffer en dus veilig vir diere is. Die volgende algemene wenke is van toepassing by die voorsiening van verrykte graan:
Tipe graan
Mielies is tradisioneel as graanbron in diëte van skape gebruik. Sekere tipes kleingrane kan egter ook met groot sukses in die voeding van skape gebruik word. Alhoewel die energie-inhoud van kleingrane laer is as dié van mielies, is die proteïeninhoud daarvan hoër. Dit blyk oor die algemeen dat gars, koring en triticale sonder probleme in diëte van lammers aangewend kan word. Hawer het egter n lae energie-inhoud en is nie geskik om as enigste graanbron in diëte van lammers te gebruik nie. Rog is relatief onsmaaklik, terwyl dit ook sekere anti-voedingsfaktore bevat. Rog kan ook moontlik met ergot besmet wees, wat die waarde daarvan as komponent in diëte van lammers beperk.
Ruvoerkwaliteit
Die kwaliteit van ruvoer speel n belangrike rol by die droëmateriaalinname, asook by die groeitempo van lammers in n voerkraal. n Afname in die inname en groeitempo van lammers vind gewoonlik plaas wanneer hoë kwaliteit ruvoer in rantsoene met lae kwaliteit ruvoer vervang word.
Hoëkwaliteit-proteïen
Indien jong lammers gevoer word, is dit noodsaaklik om n hoëkwaliteit-proteïen (laag degradeerbare bron) in die dieet in te sluit. Goeie resultate word behaal met die insluiting van ± 4 persent vismeel in die dieet. Die insluiting van oliekoekmeel (byvoorbeeld sojaboon- of katoensaad- oliekoek) lei ook tot bevredigende prestasie.
Kruipvoer
Wanneer lammers in n voerkraal geplaas gaan word, is dit goeie praktyk om kruipvoer in die voorspeense periode te voorsien om aanpassingsprobleme te beperk.
Voerbymiddels en groeistimulante
Verskillende voerbymiddels en groeistimulante is beskikbaar om produksie te bevorder. Dit behels:
VOERKRAALPROBLEME
Asidose (suurpens)
Asidose is n algemene probleem van herkouers in n voerkraal. Die toestand ontstaan wanneer diere te veel styselryke voere inneem en die rumen-pH vinnig daal. Dit kan bo en behalwe skielike vrektes ook probleme soos diarree en laminitis (seer voete) veroorsaak. Asidose kan voorkom word deur diere lank genoeg aan te pas en n buffer (voerkalk, gebluste kalk, bentoniet, koeksoda) in die dieet in te sluit. Dit kan ook voorkom word deur voldoende ruvoervoorsiening.
![]() Kliek om te vergroot! |
Bloednier
Skape is geneig om bloednier te kry met voerverandering. Diere moet dus geënt word wanneer hulle in die voerkraal geplaas word. Blaasstene Blaasstene kom dikwels by hamel- en ramlammers in die voerkraal voor. As voorkomende maatreël moet 0.5 - 1.0 persent ammoniumchloried in die rantsoen ingemeng word. Die voorkoms van blaasstene hou verband met n té hoë inname van fosfaat en n Ca:P verhouding nouer as 2:1. Inwendige parasiete Dit is raadsaam om diere met n breëspektrum-middel te doseer wanneer hulle in die voerkraal geplaas word om hulle skoon te maak van parasiete. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Lewerabsesse
Indien diere te min ruvoer ontvang, mag dit tot irritasie van die rumenwand lei, en lewerabsesse kan later ontwikkel. Die insluiting van Tilosien of soortgelyke middels in die dieet kan die toestand help voorkom. Longinfeksies Indien urine nie verwyder word nie, lei dit tot die opbou van ammoniakgas, wat longprobleme in die hand werk. Goeie ventilasie is dus krities by afrondfasiliteite. |
Vergiftiging
Waar ionofore en/of groeistimulante in rantsoene ingesluit word, moet sorg gedra word dat die regte hoeveelhede gebruik word, en dit goed in die dieet gemeng word. Hierdie stowwe kan dodelik wees indien nie by die aanbevole dosis gehou word nie. Ureum is ook giftig en kan slegs tot n maksimum van 2 persent in n dieet ingesluit word. Sorg moet veral gedra word dat voere met ureum nie natreën nie. Ureum kan in staande water oplos en lei tot die inname van toksiese vlakke deur skape.
Kopervergiftiging
Sorg moet gedra word dat die dieet nie meer as 10 dpm koper bevat nie, aangesien hoë innamevlakke daarvan toksies vir skape is.
Vitamien B1 (tiamien)-tekort
Indien graan oor lang tydperke aan diere gevoer word, kan n tiamientekort ontwikkel. Die toestand kan voorkom word deur 5 - 10 g tiamienhidrochloried per ton voer in die mengsel in te meng. n Dosering van 1g tiamienhidrochloried per skaap per dag kan gegee word as tekorte voorkom.
| VOERPRYS | VLEISPRYS | ||||||
| 12.00 | 13.00 | 14.00 | 15.00 | 16.00 | 17.00 | 18.00 | |
| 0.40 | 107.68 | 125.32 | 142.96 | 160.60 | 178.24 | 195.88 |
213.52 |
| 0.45 | 102.68 | 120.32 | 137.96 | 155.60 | 173.24 | 190.88 | 208.52 |
| 0.50 | 97.68 | 115.32 | 132.96 | 150.60 | 168.24 | 185.88 | 203.52 |
| 0.55 | 92.68 | 110.32 | 127.96 | 145.60 | 163.24 | 180.88 | 198.52 |
| 0.60 | 87.68 | 105.32 | 122.96 | 140.60 | 158.24 | 175.88 | 193.52 |
| 0.65 | 82.68 | 100.32 | 117.96 | 135.60 | 153.24 | 170.88 | 188.52 |
| 0.70 | 77.68 | 95.32 | 112.96 | 130.60 | 148.24 | 165.88 | 183.52 |
| 0.75 | 72.68 | 90.32 | 107.96 | 125.60 | 143.24 | 160.88 | 178.52 |
| 0.80 | 67.68 | 85.32 | 102.96 | 120.60 | 138.24 | 155.88 | 173.52 |
| 0.90 | 57.68 | 75.32 | 92.96 | 110.60 | 128.24 | 145.88 | 163.52 |
| 1.00 | 47.68 | 65.32 | 82.96 | 100.60 | 118.24 | 135.88 | 153.52 |
| 1.10 | 37.68 | 55.32 | 72.96 | 90.60 | 108.24 | 125.88 | 143.52 |
| 1.20 | 27.68 | 45.32 | 62.96 | 80.60 | 98.24 | 115.88 | 133.52 |
| 1.30 | 17.68 | 35.32 | 52.96 | 70.60 | 88.24 | 105.88 | 123.52 |
| 1.40 | 7.68 | 25.32 | 42.96 | 60.60 | 78.24 | 95.88 | 113.52 |
| 1.50 | -2.32 | 15.32 | 32.96 | 50.60 | 68.24 | 85.88 | 103.52 |
Tabel 1: Die invloed van veranderde voerprys en veranderde vleisprys op die wins bo voer- en aankoopkoste van lammers
Beraamde inkomste (Verkoopprys)
Slagmassa x Uitslagpersentasie x Vleisprys x Persentasie bemark
Direkte uitgawe (Voerkoste)
Massatoename x Voeromsettingsdoeltreffendheid x Voerprys
Beginwaarde
Beginmassa x Aankoopprys
Wins bo voerkoste
Beraamde Inkomste - Direkte uitgawe - Beginwaarde
Voorbeeld
| Beginmassa | : | 20 kg |
| Eindmassa | : | 40 kg |
| Massatoename | : | 20 kg |
| Uitslagpersentasie | : | 45% (0.45) |
| Vleisprys | : | R8.00 / kg |
| Voeromsettingsdoeltreffendheid | : | 5.00 kg voer benodig per kg massatoename |
| Vrektes | : | 2% (0,02) |
| Persentasie bemark | : | 98% (0,98) |
| Voerprys | : | 50c/kg (R500/ton) |
| Beginwaarde | : | R3.20 / kg lewende massa |
| Beraamde inkomste | : | 40 x 0.45 x 8.00 x 0.98 |
| (Verkoopprys) | = | R141.12 |
| Direkte uitgawe | : | 20 x 5.0 x 0.50 |
| (Voerkoste) | = | R50.00 |
| Beginwaarde | : | 20 x 3.20 |
| (Aankoopprys) | = | R64.00 |
| Wins bo voerkoste | : | R141.12 - R50.00 - R64.00 |
| (Per lam) | = | R27.12 |
Ander faktore wat in ag geneem moet word, is:
Vervoerkoste (indien van toepassing)
Kapitale uitgawe vir fasiliteite
Onderhoud en arbeid
Medisyne
Tabel 1 gee die verandering in wins bo voerkoste weer met n verandering in voerprys en/of vleisprys met bostaande aannames vir slagmassa, uitslagpersentasie, vrektes, massatoename, voeromset en aankoopprys en/of beginwaarde van lammers.
TS Brand & B Aucamp
ELSENBURG / Navorsing