home about contact us news
Inligtingstukke   |   Elsenburg infopaks   |   Diere, siektes: 15

Drie-dae-stywesiekte Engels | Xhosa

Drie-dae-stywesiekte is ’n insek-oorgedraagde virussiekte van beeste en waterbuffels wat gekenmerk word deur ’n kort duur, koors, styfheid en traagheid om te beweeg, maar wat gewoonlik binne ’n paar dae tot volkome herstel lei.

Oordraging

Die virus is gevoelig vir omgewingstemperatuur en het dus ’n kort lewensduur buite die liggaam. Liggaamafskeidings en -uitskeidings of weefsel speel geen rol in die verspreiding van die siekte nie.

Aangesien die virus deur insekte oorgedra word, kom dit hoofsaaklik in die laatsomer en herfs voor. Hoe die virus oorwinter is onbekend, alhoewel daar al in wildsoorte soos die buffel, waterbok, wildebees en hartebees teenliggaampies gevind is.

Siektetekens

Die inkubasieperiode is 3-5 dae. Die aanvang is gewoonlik skielik en gaan gepaard met ’n hoŽ koors, alhoewel slegs 2-3 persent van die kudde gewoonlik aangetas word.

Diere wat lÍ, verloor hul slukrefleks en ontwikkel speekselvloei en blaas dikwels op.

’n VroeŽ teken by melkkoeie is ’n skielike drastiese afname in melkproduksie wat selde na normale vlakke terugkeer.

In diere wat lÍ, kan longontsteking as komplikasie ontwikkel en tot die dood lei.

Aborsies kom soms voor.

Diagnose

Waar ’n aantal beeste in ’n kudde siek word, kan ’n voorlopige diagnose volgens die simptome en die seisoen gemaak word. In die geval van ’n enkele dier is dit egter moeilik aangesien dit maklik met ander kondisies soos melkkoors, plantvergiftigings (Crotalaria spp.), lamsiekte of ’n fosfaat-tekort verwar kan word.

Die diagnose kan bevestig word met ’n verskeidenheid laboratoriumtoetse.

Behandeling

  • Rus en beskutting teen die elemente, byvoorbeeld reŽn en wind.

  • Wanneer tekens soortgelyk aan melkkoors voorkom, kan kalsiumboroglukonaat onderhuids (soos vir melkkoors) toegedien word.

  • Moet niks deur die bek ingee aangesien die dier nie behoorlik kan sluk nie en medisyne in die longe mag beland.

Beheer

Soos met die meeste virussiektes is voorkomende enting die beste beheermaatreŽl. Ent in die lente sodat diere ’n goeie immuniteit (souting) gedurende die daaropvolgende somer en herfs sal hÍ. Ent kalwers van ongeŽnte koeie op enige ouderdom en die van geŽnte of herstelde moeders vanaf 6 maande ouderdom. Herhaal jaarliks in September / Oktober.

DH de Lange
ELSENBURG / GEORGE Veeartsenydienste