| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, bestuur: 11 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die uitleg van die eenheid bestaan uit n hok van ongeveer 50
m2 met n aangrensende stoor en/of voerkamer. Die braaikuikens word in die hok gehuisves vanaf dag-oud tot bemarking.
Die eenvoudige konstruksie behels n goedkoop sinkdak op kreosoot pale. Die hokgedeelte word gedeeltelik toegebou met sementblokke. Die stoorkamer word geheel toegebou met n buitevenster sowel as n venster vir toesig na die hok. Die hele gebou word voorsien van n betonvloer wat goed afgewerk is vir effektiewe skoonmaak. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die oriëntasie van die hok is belangrik vir effektiewe ventilasie in die warm seisoen, maar ook vir beskutting in die koue, nat seisoen. Dit word bepaal deur heersende wind en reënrigtings en word gereguleer met behulp van oprolgordyne. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die hok word voorsien van twee groottes voerbakke om beide klein kuikentjies asook grotes te huisves en waterbakke wat geskik is vir alle kuikens. Daar is verskillende tipes bakke beskikbaar en sorg moet gedra word dat die regte hoeveelheid bakke gekoop word vir die spesifieke aantal kuikens. Verder word n gasverwarmer voorsien wat hitte verleen aan tot 600 klein kuikentjies. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die gebruik van gas voorkom die afhanklikheid van elektrisiteit en is ook op die lang duur goedkoper. Skoon lopende water moet te alle tye beskikbaar wees.
Die bestuur van die eenheid is belangrik om maksimum produksie en minimum mortaliteit te verseker. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die dag-oud kuikens word aanvanklik beperk tot n area rondom die verwarmer en gaandeweg word dit vergroot tot die hele hok uiteindelik gebruik word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Voer- en waterbakke moet daagliks skoongemaak word. Skoon drinkwater moet gereeld beskikbaar wees. Vullis en ander afval moet gereeld uit voerbakke verwyder word.
Siek kuikens moet afsonderlik hanteer en dooie diere dadelik verwyder word. Onder geen omstandighede mag kuikens van verskillende ouderdomme in dieselfde hok aangehou word nie. Ná bemarking op ongeveer sewe weke word die hok skoongemaak en gesteriliseer en vir ten minste n week leeggehou waarna die nuwe groep kuikens inkom. Toegang tot die hok word tot die hanteerder beperk om optimum higiëne te verseker. 12 braaikuikens per vierkante meter vloerspasie kan aangehou word. Met doeltreffende bestuur kan so n hok dus 600 kuikens elke twee maande produseer. |
S Rautenbach
ELSENBURG / PORT
ELIZABETH Landbou-ingenieurswese