| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, siektes: 13 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Slenkdalkoors is n besmetlike siekte van skape, bokke en beeste. Honde en katte kan ook siek word as hulle besmette vleis vreet.
Die siekte word veroorsaak deur n |
![]() Kliek om te vergroot! |
virus wat deur muskiete oorgedra word. Uitbrekings kom gewoonlik vanaf die lente tot laatsomer voor.
Dit is baie belangrik om te weet dat mense ook die siekte kan opdoen as hulle met siek diere of besmette vleis werk. Muskiete speel nie n rol by oordraging na die mens nie. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Dood as gevolg van lewerskade of blindheid kan die gevolg wees. Die siekte het in die Slenkdalgebied van Oos-Afrika ontstaan en het in die vyftigerjare vir die eerste keer in Suid-Afrika voorgekom.
Twintigduisend mense het siek geword en bykans 100,000 skape en beeste het gevrek. Met die volgende uitbreking tydens 1974/75 is nog meer mense en diere aangetas. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Simptome van die siekte
Tot 95% van dragtige diere mag aborteer. Vrektes kom algemeen voor. By jong lammers en kalwers kan tot 95 persent vrek. Ouer diere is meer weerstandbiedend, met n vrektesyfer van ongeveer 25 persent. Jong diere vrek vinnig sonder om tekens te wys. Ouer diere hou op vreet, word swak en raak agter by die trop. Hulle mag neusbloeding en n bloederige maagwerk wys, terwyl hulle oë en vel n geel kleur kan kry. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Bokke het meer weerstand teen die siekte en simptome is minder ernstig by hulle. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Nadoodse tekens
Die siekte word nadoods gekenmerk deur die voorkoms van bloedings in verskeie organe. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Veral opmerklik is bloedings in die hart, longe, lewer en galblaas. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Vry bloed mag in die borsholte voorkom. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die wande van die grootpens, |
![]() Kliek om te vergroot! |
melkpens en |
![]() Kliek om te vergroot! |
derms toon ook meermale kenmerkende gestreepte bloedings. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Lewerskade kom ook voor.
Die lewer kan geswolle wees, met n geel tot oranje kleur. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Speldekopgrootte, gryswit spikkels kan oral in die lewer gesien word waar selle afgesterf het. Waar n persoon kontak met só n karkas gehad het, moet die persoon hom-/haarself deeglik afwas ten einde besmetting te voorkom. |
Voorkoming
In skape en bokke kan n lewendige Slenkdalkoors entstof gebruik word wat die dier lewenslank sal beskerm. Dit is baie belangrik om te onthou dat dit nie aan n dragtige dier toegedien moet word nie, want beide ooi en ongebore lam kan vrek. Vir dragtige skape en bokke word die dooie Slenkdalkoors entstof toegedien. Hierdie entstof beskerm die dier vir slegs een jaar. Vir beeste word slegs die dooie entstof aanbeveel wat ook net vir een jaar beskerming bied.
Wesselbronsiekte toon groot ooreenkoms met Slenkdalkoors en kan dikwels slegs in n laboratorium onderskei word. Dit kom ook dikwels terselfdertyd as Slenkdalkoors voor. Die simptome is baie soortgelyk, maar dit is nie so dodelik nie. Aborsies kom baie algemeen voor, maar die mens word nie aangetas nie. Slegs n lewendige enstof is beskikbaar wat saam met die lewendige Slenkdalkoors entstof gebruik kan word. Dit kan egter nie vir dragtige diere gebruik word nie.
AO de Kock
ELSENBURG / VREDENDAL Veeartsenydienste