| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Meganisasie: 6 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die minimum spesifikasies vir binneheinings vir verskillende veesoorte is soos volg:
Draadheinings vir grootvee
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Draadheinings vir kleinvee
a) Slegs skape
b) Gemengde kleinvee (skape en angorabokke)
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Draadheinings vir gemengde groot- en kleinvee
Enige kombinasie van gladde- en doringdrade kan vir grootvee, kleinvee of gemengde groot- en kleinvee gebruik word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Wildwerende heinings
Wild word vir dié doel in die volgende drie groepe ingedeel:
Ogiesdraad in n wildheining moet 1200 mm wyd wees en aan die grond geanker word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Ogiesdraadheinings vir die skeiding van binnekampe
Die volgende voorbeeld dien ter illustrasie: n Heining van 1200 mm benodig die volgende - 900 mm wye ogiesdraad; 3 lyndrade om die ogiesdraad in posisie te hou; 2 lyndrade bokant die ogiesdraad; 2 lyndrade bokant die ogiesdraad indien dit aan die grond geanker is. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Jakkalsheinings
Dit benodig n minimum hoogte van 1350 mm en die minimum hoogte van die bo-ent van die ogiesdraad bokant die grondoppervlakte is 750 mm. Die ogiesdraad moet op die onderste draad vasgemaak word. Daar kan n ry klippe onder die onderste staaldraad gepak word om te verhoed dat die ogiesdraad en staaldraad in die grond lê en roes veroorsaak. Die wydte van die ogiesdraad is verkieslik 1200 mm alhoewel 900 mm ook aanvaarbaar is. Met n wydte van 1200 mm word 4 lyndrade benodig om ogiesdraad in posisie te hou en 3 lyndrade bokant die ogiesdraad. Lyndrade bokant ogiesdraad moet verkieslik uit doringdraad bestaan. Die maksimum spasiëring van die lyndrade bokant die ogiesdraad is 100 mm. n Spasiëring van 75 mm is egter verkieslik. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Voorafgeweefde heinings
Spesifikasies vir trek- en lynpale is dieselfde as vir draadheinings. Sparre is nie nodig nie. Die afstand tussen lynpale in n veeheining is 16 m en n wildheining 10 m. Lyndrade om die geweefde heining in posisie te hou is nie nodig nie. Veewerende voorafgeweefde heinings mag vir veeheinings gebruik word. Hierdie tipe heining is egter nie jakkalsdig nie. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Omheiningsmateriaal
a) Trek-, hoek- en hekpale
b) Lynpale
c) Sparre
d) Binddraad
e) Ankerdraad
f) Gegalvaniseerde ogiesdraad
g) Lyndrade
|
A Erasmus
ELSENBURG / GRAAFF-REINET grondbewaring