home about contact us news
Inligtingstukke   |   Elsenburg infopaks   |   Diere, soorte: 4

Karakoele Engels | Xhosa

Kliek om te vergroot!
Die Karakoelbedryf is sinoniem met die ariede dele van Namibië en die Noordwes-Kaap.

Karakoelskape is nie inheems in Suid-Afrika nie. Ongeveer 750 Karakoele is aan die begin van die eeu en oor ’n periode van twee dekades vanaf Asië na Namibië ingevoer. Vandaar het die ras ook na die Noord-Kaap en aanliggende gebiede versprei.


Kliek om te vergroot!
Inheemse skaaprasse soos die Swartkop Persie en 

Kliek om te vergroot!
Namakwa Afrikaner was by uitstek geskik vir die opgradering van die Karakoel. Karakoelgetalle het vinnig vermeerder tot ’n piek van meer as 5 miljoen vir Namibië en die RSA gedurende 1979.

Kliek om te vergroot!
Die Karakoel word gekenmerk deur sy wye aanpasbaarheid by 

Kliek om te vergroot!
droë- en semi-woestyngebiede.

Kliek om te vergroot!
Kenmerkende raseienskappe is die haarbedekking en vetstert asook die hangkruis en respiratoriese voorkoms. Laasgenoemde verwys na bouvorm-kenmerke wat die ras in staat stel om by uiterste klimaatstoestande aan te pas (byvoorbeeld matige sprong van ribbe en rankerige voorkoms soos by kleiner wildsbokke). Die primêre waarde van Karakoelboerdery bo ander boerderystelsels lê daarin dat die lammers kort na geboorte vir hulle pelse geslag kan word en die ooi dus van laktasie onthef word. Tydens droogtetoestande is dit ’n groot voordeel as die ooi nie ’n lam hoef groot te maak nie - die voedingsbehoeftes van ’n lakterende ooi is ongeveer 2 keer meer as dié van ’n gusooi.

Kliek om te vergroot!
Karakoellammers word gewoonlik binne 36 uur na geboorte geëvalueer en die lammers wat aan die gehaltevereistes voldoen, word vir hulle pelse geslag.

Kliek om te vergroot!
Die pelse word deeglik onder lopende water gewas en op goiing (hessian) rame oopgetrek om droog te word.

Kliek om te vergroot!
Wanneer die pelse na 3 of 4 dae droog is, word dit van die rame verwyder en 

Kliek om te vergroot!
in pelstrommels gebêre vir bemarking.

Kliek om te vergroot!
Ooilammers wat vir verdere teling behou word, word gewoonlik met rubber ringetjies ontstert om die paringsproses te vergemaklik. Die vetreserwes, wat gewoonlik in die stert gestoor word, word nou op die kruis en in die ingewande van die ooi gestoor.

Kliek om te vergroot!
Karakoele word twee maal per jaar geskeer.

Kliek om te vergroot!
Die haarvagte word hoofsaaklik gebruik in die vervaardiging van duursame vloermatte, muurbehangsels, jasse en gordyne.

Karakoelpelse staan in die pelshandel as "SWAKARA" bekend en word hoofsaaklik in Europese- en Oosterse lande vir pels mode-artikels soos elegante jasse, baadjies en stolas aangewend. Die natuurlike variasie wat so belangrik vir enige mode-artikel is, word verkry deur verskille in krulontwikkeling en patroonvariasies.


Kliek om te vergroot!
Vier hoofkrultipes kom voor naamlik pypkrul, ontwikkelde vlakkrul, vlakkrul en watersy. Die indraaiingsgraad van die hare bepaal die krulsoort. Die mode is tans op die gladder pelse naamlik vlakkrul en watersy gerig. Vier natuurlike kleure kom voor naamlik swart, grys, wit en bruin. Ongeveer 90% van die totale produksie is swart.

SWAKARA-veilings vind twee tot drie maal jaarliks in Kopenhagen in Swede plaas. Die 1998 prys van pelse is meer as R150 elk wat die Karakoelbedryf baie mededingend met ander bedrywe maak.


Kliek om te vergroot!
Die sosio-ekonomiese waarde van Karakoelboerdery vir die droër dele van die Noord-Kaap kan nie oorbeklemtoon word nie. Die riskantheid van die boerdery as gevolg van prysskommelings in die modewêreld kan oorbrug word deur die boerderystelsel op die plaas te diversifiseer, byvoorbeeld 60% Karakoel en 40% vleisskape. Die verhouding kan aangepas word by heersende prys- en weidingstoestande.

T Steyn
ELSENBURG / UPINGTON Karakoelnavorsingstasie