| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, siektes: 17 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Dit is n aansteeklike siekte wat by inheemse skaaprasse, veral Dorpers, voorkom.
SIMPTOME n Inflammasie van die penis en die skede van die ram. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Dit kan wissel van klein sweertjies en stukkende plekkies op die penis tot n |
![]() Kliek om te vergroot! |
penis wat groot opgeswel is, bloei en stukkies weefsel wat afval. So n penis is ook gekoek met etter. Die erge toestand kom veral gedurende paartyd voor en dikwels hang die penis dan uit. Dit is so seer dat die ramme nie kan dek nie.
Die ooi doen die siekte op gedurende dektyd en toon n bloedige afskeiding en seertjies op die skaamspleet. Dit kom voor asof dit nie vir die ooi n probleem is nie en benadeel ook nie die ooi se vrugbaarheid nie. Ooie herstel vanself binne enkele weke. OORDRAGING Die kiem wat peestersiekte veroorsaak is onbekend; gevolglik ook die presiese verspreiding daarvan. Dit gebeur hoofsaaklik gedurende paartyd van ram na ooi na ram, maar die siekte is al opgemerk in jong ramme wat nog nooit by n ooi was nie. Dit wil voorkom asof tekortsiektes, swak voeding, of te veel hoë proteïenvoer die siekte vererger. |
![]() Kliek om te vergroot! |
BEHANDELING
In n sittende posisie word die ram se penis uitgetrek en met n antibiotiese aerosol gespuit. n Langwerkende antibiotikum word toegedien en die ram word vir drie weke afgesonder. Een behandeling is voldoende aangesien verdere hantering van die penis die toestand kan vererger. VOORKOMING
Bekamp bosluise op skape dwarsdeur die jaar. Dit mag n rol in die verspreiding van die siekte speel. |
AO de Kock
ELSENBURG / VREDENDAL veeartsenydiens