| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, siektes: 8 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Newcastlesiekte is wêreldwyd een van die ernstigste siekteprobleme by veral hoenders, terwyl ander pluimvee, kouvoëls, wilde voëls en volstruise ook aangetas word. Die siekte lei nie alleen tot grootskaalse vrektes nie, maar bedreig ook n land se uitvoerstatus vir pluimvee en volstruise en hul produkte. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die siekte word deur n virus veroorsaak en is dus onbehandelbaar. Voorkomende enting en goeie bestuur is die aangewese beheermaatreëls.
Virus-bevattende uitskeidings en afskeidings van besmette voëls, byvoorbeeld mis, hoes, bloed, eiers, vleis, ensovoorts, kan kos, water, klere of skoene, gereedskap en hokke en die omgewing besmet en sodoende die siekte aan vatbare voëls oordra. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Siek voëls toon tekens van asemhalingsnood met slymerige oog- en |
![]() Kliek om te vergroot! |
neusafskeidings en gepaardgaande diarree en senusimptome soos |
![]() Kliek om te vergroot! |
n krom nek, sirkelbewegings en verlamming. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die dood tree binne enkele ure of dae in. In erge gevalle kan tot 100% van n besmette trop voëls afsterf.
Beheer is gebaseer op twee aksies, naamlik die enting van veral jong voëls en die aanmelding van enige vermoede van die siekte. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Enting
Voëls kan reeds vanaf dagoud geënt word met n veilige oogdruppel of drinkwater entstof. Die entstof moet liefs nie by jong volstruise gebruik word voor een maand ouderdom nie. n Eenvoudige program by pluimvee kan soos volg wees: Ent op dagoud en herhaal op dag 7, 18 en 31 en daarna 6-maandeliks in geval van lê-henne. By volstruise: Ent op 3-6 weke en herhaal op 12 en 24 weke en jaarliks daarna indien nodig. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Ander beheermaatreëls
Newcastlesiekte is n beheerde siekte ingevolge die Wet op Dieresiektes, 1984 (Wet 35 van 1984). Daarvolgens is dit n plig om enige vermoede van die siekte by die naaste staatsveearts of dieregesondheidstegnikus aan te meld. |
Intussen moet n persoon voorsorg tref dat hy of sy nie die siekte verder versprei nie deur die hande, klere, voertuie (wiele, bak) en gereedskap deeglik te ontsmet met n virusiede middel en bewegings van pluimvee en volstruise vanaf die grond onmiddellik te staak. Dooie voëls moet nie vernietig word voordat die staatsveearts ondersoek ingestel het nie aangesien die veearts dit mag benodig vir monsters om die diagnose te bevestig.
DH de Lange
ELSENBURG / GEORGE Veeartsenydienste