| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, soorte: 3 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Van al die makgemaakte diere is die bok een van die belangrikste en dit kom wêreldwyd voor, veral in die trope en subtropiese streke. Bokke het die vermoë om hulle by alle klimaatstoestande aan te pas. Die Boerbok het sy oorsprong in die Oos-Kaap. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Bokrasse
n Wye verskeidenheid bokrasse bestaan vandag wêreldwyd: vanaf die Pigmeë in Midde-Afrika tot die Veredelde Boerbok wat in Suid-Afrika geteel is. Die populêrste melkras is die Saanenbok. Die bokke wat vir vleisproduksie aangewend word, het n kleiner bouvorm as die melkbok. Die veselproduserende bokke, soos die Angora en Kasmier, is meer bekend vir bokhaar en kasmiervesels. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Prulfoute
As daar na die eienskappe van die Boerbok gekyk word, moet die volgende in die seleksieproses uitgeskakel word: Bouvorm Kop: n hol voorkop, té regop of té plat horings, spits of skewe bek, gevoude of stywe wegstaan of te kort ore, té lang onderkaak, kort onderbek en blou oë. Nek en voorkwart: té lang dun of té kort nek met té los skouers. Middelstuk: té hol rug Agterlyf: n kruis wat té veel hang of té kort is, plat boude, té lang skenkel. Bene: X-bak- of holvoorbene, koeisekel of regophak, té dun of té vlesige dik bene, pap kote, kloue wat uit- of indraai. Vel en bedekking: te lang growwe of te donsige bedekking. Geslagsorgane: tros-, kalbas- of dubbelspene, té klein teelballe, sak meer as 5 cm gesplete. Grootte: té groot of té klein bok. Die ideale kleur is n bok met n wit liggaam, n rooi kop, ore en n bles met skakerings van ligrooi tot donkerrooi. Produkte Die hoofprodukte vanaf bokke is vleis, melk, velle en vesels. Vleisproduksie Die Boerbok word beskou as die enigste bokras in die wêreld wat uitsluitlik vir vleis geteel word. Slagmassa wissel van 35 tot 40 kg vir ramme en 30 tot 35 kg vir ooie en volwasse diere. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Melkproduksie Die aanspraak word gemaak dat bokmelk beter is as koeimelk vir menslike gebruik. n Vergelyking tussen bok- en menslike borsmelk, toon die volgende:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Veselproduksie
Boerbokke produseer fyn en growwe vesel. n Baie fyn vesel, bekend as kasjmier, ontwikkel op die vel onder n langer tipe haar. Die lang haar word gekam. Enige langtand kam kan gebruik word. Kam afwaarts deur die bok se kop vas te hou in n staande posisie. n Wollerige nek is n aanduiding dat die bok oor die potensiaal beskik om meer kasjmier te produseer. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Hoe ligter (witter) die kleur en hoe laer die veseldikte, hoe hoër is die prys wat dit behaal. Die groei van donshaar geskied vanaf Desember tot Junie vir beskerming teen die winterkoue terwyl verharing in die vroeë lente plaasvind. Alle diere in n kudde of trop verhaar nie gelyktydig nie. Kasjmier kan vanaf ses maande ouderdom ge-oes word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Reproduksie
Die ooi: Die reproduksie tempo van die Boerbok is een van die voordeligste eienskappe as vleisproduseerder. Tweelinggeboortes en lampersentasies van 180 - 200 persent kom algemeen by die Boerbok voor. Daar is verskeie faktore wat die reproduksiepersentasie van bokooie beïnvloed naamlik: seisoen, ouderdom, liggaamsmassa en voeding.
Oor die algemeen maak die volgende aktiwiteite n direkte of indirekte bydrae tot verhoogde reproduksie in die periodes 4-6 weke voor paring:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Die ram: Een onvrugbare ooi het n geringe invloed op die reproduksie van n kudde terwyl n onvrugbare ram n baie groot invloed het. Oor die algemeen maak die volgende aktiwiteite n direkte of indirekte bydrae tot verhoogde reproduksie by ramme in die periode 2-3 maande voor paring:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Lambestuur Lamtyd is die belangrikste fase van kleinveeboerdery. Lamvrektes onder ekstensiewe toestande is n belangrike probleem wat produksie nadelig beïnvloed. Verliese van tot soveel as 50 persent kan voorkom as gevolg van swak toesighouding en onder- en oorvoeding van die ooi. Voeding en versorging van die ooi gedurende laatdragtigheid en lamtyd is gevolglik van groot belang. Goeie voeding gedurende die laatdragtige periode (dit is die laaste 6 weke van dragtigheid) is noodsaaklik, want die ooi moet in hierdie periode 7-9 kg in gewig toeneem. Laatdragtige ooie moet teen inwendige parasiete, veral neuswurm gedoseer word om te verseker dat ooie nie hul lammers verloor nie. Reuk speel n baie belangrike rol in die herkenning van die lam deur die ooi en daarom moet die neus skoon gehou word. Toediening van vitamien A in dié periode sal algemene gesondheid verbeter en die weerstand teen siektes verhoog asook vassit van nageboortes voorkom. Die groei en ontwikkeling van die lam van geboorte tot volwassenheid hang af van omgewingsfaktore. Wanneer suiplammers drie weke oud is, kan hulle saam met hul moeders na groter weikampe verskuif word. Die gewenste praktyk met speen is om die ooie weg te neem en die lammers te laat in die kamp waaraan hulle gewoond is, mits daar voorsiening gemaak is dat daar genoeg voeding of weiding vir die lammers is. Laat n paar ou uitskotooie agter by die lammers. Voeding Bokke het weigewoontes wat verskil van dié van skape. Die gewoontes kan lei tot die vernietiging van natuurlike weiveld as die diere nie beheer word nie. Die bok is in staat om n wye verskeidenheid van plante te benut. Met sy gespierde bolip en grypende tong kan die bok gras kort afvreet en blare, lote en selfs die bas van struike en bome benut. Die bok kan met gemak goedbeskermde plante soos braambosse, doringstruike, dissel en brandnekel benut. Die bok is ook in staat om op sy agterpote te staan om plantmateriaal wat buite die bereik van ander kleinvee is, te benut. Daar moet dus beheer oor die bok uitgeoefen word om te verhoed dat natuurlike weiding vernietig word. Die beskikbaarheid van water kan nie oorbeklemtoon word nie. Water is n belangrike bestanddeel van die dier se liggaam en bedra 60% van die totale liggaamsmassa en 75% van die sagteweefsel. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Siektes
Hoewel Boerbokke relatief siektebestand is, kan die enkele siektes waaraan hulle onderhewig is, groot verliese veroorsaak aangesien die siektes dikwels vinnig toeslaan en groot getalle vrektes kan meebring. In Oos-Kaapland is die voorkoms van baarmoedersponssiekte onder ooie baie algemeen en enting 4 maande tot 1 maand voor lamtyd is noodsaaklik. Die algemene simptome is ooie wat binne 48 uur na lam vrek, terwyl die lammers gesond is. Ander siektes wat sporadies voorkom en waarvoor geënt kan word, is
Clamydia, Pasteurella en bloednier. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Verder is Hartwater een van die grootste erosie-siektes by al die kleinvee in veral die kusgebiede en nabygeleë binneland. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Daar is verskeie behandelingsmetodes soos gereeld dip, gebruik van antibiotika asook die behandeling met hartwater besmette bloed verkrygbaar vanaf Onderstepoort Veterinêre Laboratorium. |
JC Scheltema
ELSENBURG / PORT ELIZABETH Voorligting