| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, siektes: 7 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Talle siektes van diere kan na die mens oorgedra word indien sulke diere gehanteer word of die vleis daarvan geëet word. Die siektes word Soönoses genoem. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Dit kan ons ernstig siek maak of selfs die dood veroorsaak.
Kom ons gesels kortliks oor n paar van die bekendste siektes. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Omlope word van besmette honde en katte na veral kinders oorgedra wanneer hulle met die diere speel. Die swaminfeksie kan byvoorbeeld veroorsaak dat jou hare uitval en doktersbehandeling is dan nodig. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Miltsiekte kan van beeste, skape en varke na die mens oorgedra word. Die velvorm van die siekte kan byvoorbeeld opgedoen word deur die afslag van n bees wat miltsiekte gehad het. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Builepes en Salmonella word opgedoen wanneer rotte en muise skoon voedsel besmet. Dit veroorsaak kwaai maagpyn, maagwerking en naarheid. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Velmol is n wurm afkomstig van honde en katte. Wanneer die diere in sand mis en jy kom in kontak met die sand, kruip die larf van die wurm deur jou vel. Dit kruip onder die vel rond en veroorsaak erge jeuk en pyn. Ten einde hierdie siekte te voorkom, moet honde en katte gereeld ontwurm word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die vleis van diere met lintwurms in die longe en lewer moet nooit geëet word nie en ook nie vir honde gevoer word nie. Wanneer dit gebeur, kan die hond ook siek word en die siekte kan aan ons oorgedra word wanneer ons die hond hanteer. Dit is veral baie belangrik om jou hande deeglik te was indien jy aan n hond gevat het. Indien hierdie lintwurms van honde na mense versprei, kan die lintwurms tot in die longe van die mens versprei. Verder moet nie net honde nie, maar ook grootmense en kinders gereeld ontwurm word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Beesmasels lyk soos klein wit knoppies of ook soos tamatiepitte en dit kom in die vleis van beeste voor. Indien sulke besmette vleis geëet word, kry jy lintwurms wat tot in jou longe kan versprei. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Indien vleis geëet word van varke met varkmasels, vorm dit soms blasies in die kop van die mens of wurms in die maag. Dit is n baie gevaarlike siekte. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Wanneer halfgaar vleis wat met lintwurmblasies besmet is, geëet word, kan die lintwurms soms na die brein versprei. Die siekte begin as n kwaai hoofpyn en kan mettertyd algehele verlamming veroorsaak. Vir jou eie gesondheid is dit daarom belangrik om alle vleis deur n gesondheidsinspekteur of veearts te laat ondersoek voordat dit geëet word. Vleis moet ook altyd deeglik gaargemaak word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Selfs na een uur se kook kan die middelste deel van die vleis nog rou wees. Enige lintwurmblasies wat daarin mag voorkom, kan dus nog lewe en ons besmet. Onthou: jy kan nie lintwurms kry van vleis wat goed gaar is nie. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die lewensiklus van n lintwurm is soos volg: Indien jy lintwurms het, skei jy dit uit wanneer jy in die veld of in n dierehok of -stal ontlas. Die eiers in die ontlasting kan deur n vark of bees opgeneem word. Die lintwurmblasies ontwikkel in die spiere van die vark of bees. Wanneer dié vleis geëet word, ontwikkel die lintwurms in die mens. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Gebruik dus n toilet. Indien daar nie een beskikbaar is nie, maak n gat in die grond en gooi dit toe na gebruik. Dit is ook belangrik dat diere en mense ontwurm moet word indien nodig. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Tering, ook bekend as TB, word in beeste, varke, bokke en skape aangetref. Die siekte is soms sigbaar as trosse teen n dier se ribbes. Die vleis van so n karkas kan nie geëet word nie en moet verbrand word. Indien jy n dier sou slag wat tering het, of sulke vleis eet, kan jy ook die siekte opdoen. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Jy kan ook TB kry deur die melk wat jy drink. Suurmelk, dikmelk of melk wat gekook is, is egter veilig. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Diamantvelsiekte kom by varke voor. Dit word herken aan groot rooi kolle op die vel van die dier. Die siekte kan na jou oorgedra word as jy die vark hanteer of slag. |
![]() Kliek om te vergroot! |
n Tipiese simptoom van die siekte is n ledemaat wat geswel en seer is. Dit versprei na die gewrigte. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Hondsdolheid is n dodelike siekte wat vanaf honde en katte en ook ander diere soos beeste, skape en bokke na die mens versprei. n Hondsdol dier word skielik kwaai en vertoon malligheid. Slym drup uit die bek en die dier sal byt. Die teendeel gebeur met wilde diere wat skielik mak word. Wanneer jy deur n hondsdol dier gebyt word, moet jy onmiddellik na die naaste hospitaal of dokter gaan vir behandeling. Indien prakties moontlik, moet die dier wat jou gebyt het ook saamgeneem word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Om hondsdolheid te voorkom, moet diere jaarliks deur n veearts geënt word teen die baie gevaarlike siekte. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Om op te som wil ek graag die volgende noem: dit is baie belangrik om seker te maak dat die vleis wat ons en ons kinders eet, veilig en gesond is. Hoe kan ons daarvan seker maak? Die veiligste is om alle diere by n slagplaas te laat slag waar n vleisinspekteur of veearts alle vleis inspekteer om seker te maak dat dit siektevry, en dus veilig vir die mens is. |
NF Naudé
ELSENBURG Veeartsenydienste