| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Gewasse, groente: 11 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die kweek van groente onder beskerming in plastiektonnels het in die vroeë sewentigerjare in die Republiek van Suid-Afrika begin en na die noordelike gebiede versprei waar die grootste oppervlakte onder groente en blomme vandag voorkom. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die voordele van die gebruik van n waterkultuur (hidroponika metode) om groente onder beskerming te kweek is dat die groente baie voedsaam is en hoë opbrengste van hoë kwaliteit verkry word.
Die metode vereis die volgende basiese riglyne:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Om grondgedraagde siektes wat plante aanval te vermy, word plante in swart plastieksakke met n inhoud van 15-20 liter en met dreineringsgate 2,5 cm vanaf die basis van die sak geplant. Die sak word gevul met vermikuliet, perlite of verrotte dennebas. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Dit is egter baie duur en daarom word dennehoutsaagsels, gemeng met skaafsel, as groeimedium gebruik. Die saagsels-/skaafselmengsel moet afkomstig wees van onbehandelde dennehout. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Ten einde saailinge te verkry, word die saad in plantblokkies / n saadlaai gesaai wat met n saailing groeimengsel gevul is. Die saad word een-een in elke kompartement van die saadlaai gesaai, effens met die saailing medium bedek en nat gehou. Die saailing bly in die saadlaai totdat dit n hoogte van ongeveer 10 cm bereik het. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Dit word dan in die plantsak geplant en nat gehou. Rankplante word met n tou na n oorhoofse draad opgelei. Die onderpunt van die tou word in die plantgat geplaas. Die plantjie word bo-op die tou geplaas en saam met die groeimedium ferm gedruk om lug om die wortels te verwyder. Daarna word die tou aan die oorhoofse draad vasgemaak. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Tamaties, komkommers, rissies, boontjies, en spanspek kan almal op die wyse met n tou opgelei word tot by die draad wat bokant die rye loop en aan die dak van die tonnel vasgemaak is. Die tou word voortdurend om die plante se hoofstam gedraai. Dit geld vir alle plante behalwe rissies, waar 3-4 stamme gebruik kan word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Alle kunsmis moet by die water gevoeg word waarmee die plante 3 tot 5 maal per dag benat word. Die water met die kunsmis moet toegedien word tot dit onder die sakke begin uitloop.
Die kunsmis wat gebruik word is "SOL-U-FERT", plus Microfeed plus kalsiumnitraat. Die mengsel moet n pH van 6,5 hê en n geleiding van 2,0 milli-Siemens per cm vir komkommers en 2,5 milli-Siemens per cm vir tamaties. Plante in plastiektonnels word dikwels deur insekplae lastig geval. Gevolglik is n spuitprogram noodsaaklik. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Tamaties, Engelse komkommers en groenrissies word tans in tonnels verbou. Groenrissies en tamaties kan ook onder skadunet verbou word. Kropslaai, spinasie en seldery word hoofsaaklik onder skadunet verbou. In dié geval word die gewasse in gruisbeddings verbou en nie in tonnels en plantsakke nie. |
PC Maree
ELSENBURG / Universiteit van STELLENBOSCH