home about contact us news
Inligtingstukke   |   Elsenburg infopaks   |   Meganisasie: 4

Die hantering van ’n spuitmasjien Engels | Xhosa

Kliek om te vergroot!
’n Spuitmasjien is ’n algemene gesig op plase waar daar met gewasse geboer word. Die implement het spesiale aandag nodig en daarom is dit ook ’n spesiale persoon wat met so ’n implement werk, want nie almal stel belang om so ’n groot verantwoordelikheid op sy skouers te neem nie.

Almal is ook nie bereid om hulleself aan die gevare van giftowwe bloot te stel nie. Deur egter ’n vaste patroon te volg, kan die persoon wat met ’n spuitmasjien werk verseker dat hy nie onnodig aan gifstowwe blootgestel word nie en ook dat sy implement altyd in die beste werkende toestand bly.


Kliek om te vergroot!
Die volgende is enkele belangrike aspekte wat nagegaan moet word voordat die masjien aangeskakel word:
  • Maak seker dat die dryfas reg gekoppel is.
  • ’n Veiligheidskerm om die dryfas is noodsaaklik.
  • Die veiligheidskerm moet vas wees en nie saam met die dryfas draai nie.
  • Sorg dat pype nie op die dryfas lê waar dit kan deurskaaf nie.

Kliek om te vergroot!
  • Die tenk, vulsif en 

Kliek om te vergroot!

suigsif moet skoon wees.

  • Die spuitmasjien moet gelyk staan voor die tenk gevul word.
  • Vul die tenk ongeveer half-vol met water deur die vulsif.
  • Meng alle benatbare poeiers in aparte houers buite die tenk.
  • Voeg die gifoplossing deur die vulsif in die tenk en vul die tenk daarna verder met water.
  • Maak seker dat daar geen lekplekke is nie.

Wanneer die trekker aangeskakel is, maak seker van die volgende:

  • Die pomp en pype moet nie lek nie.
  • Kyk of die dryfas reg draai en die drukmeter en toereteller werk.

Kliek om te vergroot!
Terwyl gespuit word, let op die volgende:
  • Hou altyd die drukmeter dop vir die regte druk.
  • Moet nooit met ’n vol spuitmasjien jaag nie.
  • Moet nooit in sterk wind spuit nie.
  • Probeer om die spoed van die trekker konstant te hou.
  • Geen ander persoon moet op die spuitmasjien toegelaat word nie.
  • Moet nie die spuitmasjien leeg spuit op pad skuur toe nie. Indien dit nie leeg is nie, maak dit leeg op ’n geskikte en voorafbepaalde stortterrein.

Kliek om te vergroot!
Wanneer klaar gespuit is, let op die volgende:
  • Spoel die tenk uit met ’n seepoplossing.
  • Moet nooit enige spuitstof oornag in die tenk laat nie.
  • Spoel die spuitkar en trekker af.
  • Was alle siwwe.
  • Was die spuitplaatjies met ’n tandeborsel en moet dit nie skoon blaas of suig nie.

Aan die einde van die spuitseisoen is daar belangrike vereistes wat nagekom moet word:

  • Was die tenk baie goed.
  • Vul dit halfvol met water en seep en spuit die tenk leeg.
  • Vul die tenk daarna met 300 l skoon water. Spuit sowat 200 liter uit om van die seep ontslae te raak. Voeg 1 liter diesel by die oorblywende 100 liter water in die tenk. Spuit nou die tenk leeg. Die diesel dien as ’n smeermiddel en help teen roes.
  • Alle siwwe moet skoongemaak word.

Kliek om te vergroot!
Enige persoon wat met gifstowwe werk moet die volgende weet:
  • Indien spuitstof per ongeluk op jou vel kom, was dit onmiddellik met seep en water.
  • Moet nooit eet of drink terwyl jy met spuitstowwe werk nie.
  • Moet nooit jou oorpak uittrek terwyl jy spuit nie. Trek dit aan voordat jy die spuitstowwe meng en trek dit eers uit as die spuitmasjien skoongemaak en gebêre is.
  • Was jou oorpak nadat jy klaar gespuit het. Moet dit nie huis toe neem nie.

Kliek om te vergroot!
  • Moet nooit enige gifstof in ’n koeldrankbottel gooi en bêre nie. Dit kan iemand se dood beteken.
  • Moet nooit vrugte eet wat gespuit is nie. Dit kan jou baie siek maak of selfs tot die dood lei. Goeie raad is om te wag tot oestyd want dan is vrugte veilig om te eet.

Wat is die simptome van vergiftiging?

Gewoonlik begin dit met hoofpyn, moegheid en naarheid. Dikwels begin so ’n persoon baie sweet, hy het maagwerking en sy oë water. Indien so ’n persoon nie onmiddellik mediese hulp kry nie, ontwikkel hy stuiptrekkings en gaan in ’n koma met uiteindelike ineenstorting van die hart en longe.

Onthou dus: indien jy siek voel nadat jy met gifstowwe gewerk het, vra onmiddellik mediese hulp!

D Louw
ELSENBURG / Opleiding