| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Meganisasie: 2 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Boogsweiswerk is die proses waar metale gelas word met behulp van n elektriese boogvlam tussen die metaal wat gelas moet word of moedermetaal, en n bruikbare smeltpoeier wat die vuller-draaddek of elektrode genoem word. Die hitte van die boogvlam smelt die moedermetaal en die elektrode. Die mengsel is na afkoeling n aaneengeslote soliede massa. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Voordat gesweis kan word, is n geskikte kragbron nodig. Twee tipes elektriese sweismasjiene is beskikbaar, naamlik gelykstroom en wisselstroom. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Wisselstroom sweismasjiene is gewoonlik van die transformator-tipe, terwyl die gelykstroom masjiene van die generator-tipe is.
Om te kan sweis moet:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
ONTHOU: Waar die verbindingspunte nie gemerk is nie, kan enige verbinding vir "werk" of "elektrode" gebruik word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Kom ons kyk na die sweistegniek. Vir suksesvolle sweiswerk let op die volgende:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Vervolgens kyk ons na die sweisstroom. Met n te lae stroom is dit moeilik om die korrekte boogvlam te verkry en so te behou, want die elektrodes kleef aan die werk vas, indringing is swak en gee n
ronde sweislaag. n Te hoë stroom veroorsaak oorverhitting van die elektrode, die wegbrand van die moedermetaal of die deurbrand van die moedermetaal en die oormatige spat van gesmelte metaaldruppels.
n Normale stroom vir n gegewe werk is die maksimum wat gebruik kan word sonder om die moedermetaal deur te brand, of die elektrode te laat oorverhit, of n rowwe, gespatte oppervlakte oor te hou. Die algemeen aanbevole stroomsterktes is n 3.25 mm (no. 10) elektrode met n stroomsterkte van 80 - 135 ampere. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die boogvlam lengte word verkry deur die elektrode liggies oor die werk te skraap. Die regte lengte van die boogvlam is die kortste lengte wat n goeie oppervlakte aan die sweislas gee. n Boogvlam wat te lank is, verminder indringing, veroorsaak spat en veroorsaak n growwe oppervlakte by die sweislas. n Boogvlam wat te kort is, veroorsaak die vassit van die elektrode en growwe neerslae.
Vir afdraendsweis word n boogvlam- lengte verkies wat nie groter as die deursnit van die sweisdraad is nie. n Oorhoofse sweis benodig n kort boogvlam, sodat die minimum hoeveelheid metaal verlore gaan. |
![]() Kliek om te vergroot! |
n Elektrode hoek van 40°-45° word aanbeveel om n gladde, egalige oordrag van metaal te verseker. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Laastens is dit belangrik dat die werk / metaal deeglik vir sweiswerk voorberei moet word. |
WD Simpson
ELSENBURG / Opleiding