home about contact us news
Inligtingstukke   |   Elsenburg infopaks   |   Gewasse, groente: 1

Besin voor jy groente produseer Engels | Xhosa

Kliek om te vergroot!
Besin voor jy met groente begin!

Reg sal jy s - ek het reeds besluit wat ek gaan saai of plant, ek het my grond voorberei, ek het mis of kunsmis gegee, ek kan my land besproei en ek het darem ’n goeie kennis van insekte en plae.


Kliek om te vergroot!
Gestel nou jy het besluit om met pampoen te begin. Alles verloop reg tot oestyd. Jy staan voor die land en jy verwag ’n opbrengs van 80 ton op ’n hektaar. Wat nou gemaak?

Maklik sal jy s - ek gaan laai my oes by die mark af en wag vir my langverdiende tjek. Dit is egter dikwels waar die probleme begin.


Kliek om te vergroot!
Wie is my mark? Waar en hoe ver is daardie mark? Is die mark nie op daardie tydstip oorlaai met pampoen nie? Watter soort en in watter vorm wil die koper verkieslik sy pampoen h - ’n heel pampoen, ’n half pampoen of net skywe, ’n klein of ’n groot pampoen? Diegene van julle wat al voor die markdeur gestaan het met sy oes op die vragmotor of bakkie ken al die vrae.

Terug dus na my opmerking: besin voor jy met groente begin.


Kliek om te vergroot!
’n Goeie vertrekpunt is om die mark te ken. Wanneer is pampoen op sy skaarste want dit sal grootliks die prys daarvan bepaal. Kan ek op daardie bepaalde tydstip pampoen aan die mark voorsien? Watter tipe pampoen verlang die mark? Kan ek op die regte stadium van daardie spesifieke saad in die hande kry van ’n betroubare saadhandelaar?

Verder - het ek enige vorige ondervinding van die verbouing van daardie spesifieke soort pampoen - presies wanneer moet ek plant, hoe lank neem die groeiseisoen, hoeveel pampoene word per plant gedra, hoe sal die soort pampoen opberg, hoe groot word die soort pampoen in my omgewing?

Vrae en nogmaals vrae en geen antwoorde nie sal jy seker s! Dit is egter presies wat ek in gedagte het met my opmerking: BESIN.

Ek moet eers my kop laat werk voordat ek my hande laat werk. Tesaam kan die twee bydra tot my sukses as groenteboer en natuurlik die wins wat ek aan die einde van die dag in my sak kan steek.

CL van Rooyen
ELSENBURG / CALEDON Voorligting