| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Bome: 3 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Groot dele van Suid-Afrika is blootgestel aan warm, droë winde in die somer en baie koue winde in die winter. Dit maak die voorsiening van windskerms teen sterk winde vir die beskerming van vee, landbougewasse en huise noodsaaklik.
n Windskerm is n versperring wat in die pad van die wind geplaas word om die wind opwaarts te "buig". Bome is die doeltreffendste windskerm omrede dit hoog groei, redelik oud kan word en die spasie tussen die bome aangepas kan word. Wanneer die wind teen die windskerm waai, gaan n deel daarvan deur die blare en takke, terwyl die sterkste deel van die wind opwaarts buig en bo-oor die boomtoppe waai. Die waarde van n windskerm is onder meer die volgende:
|
![]() Kliek om te vergroot! |
Vervolgens kyk ons na die plant van n doeltreffende windskerm.
Maak seker dat die bome nie te naby aanmekaar geplant word nie. n Doeltreffende windskerm laat 50% wind deur die blare en takke. Die digtheid van n windskerm kan beheer word deur die soort bome wat jy plant, die spasies tussen die bome, die aantal rye wat geplant word en die afstand tussen die rye bome. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Die windskerm moet minstens twee keer hoër wees as die landbougewasse wat beskerm moet word.
n Windskerm bied beskerming oor n afstand van ongeveer tien keer die hoogte van die bome. As die windskerm byvoorbeeld 20 meter hoog is, sal dit jou oes oor n afstand van 200 meter beskerm. n Windskerm moet dus minstens elke 200 meter geplant word. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Groot openinge in n windskerm veroorsaak dat die wind teen n hoë spoed deur die gaping sal waai en die oes aan die rugkant van die windskerm beskadig.
Sommige boomsoorte is onder sekere omstandighede voordeliger as ander. In baie koue gebiede waar ryp voorkom is bladwisselende bome voordeliger as immergroen bome. Aangesien bladwisselende bome hul blare in die winter verloor, laat dit n groter lugbeweging deur die takke toe wat minder ryp tot gevolg het. Vir maksimum doeltreffendheid moet n windskerm reghoekig tot die wind wat die skade veroorsaak, geplant word. |
S Steyn
ELSENBURG / WES-KAAP bosbouvoorligting