home about contact us news
Inligtingstukke   |   Elsenburg infopaks   |   Bome: 2

Die kweek van eie bome Engels | Xhosa

Kliek om te vergroot!
Indien ’n boer bome op groot skaal wil plant en jy ver van ’n kwekery is, kan dit die moeite werd wees om self bome te kweek. Indien wel, moet eerstens gekyk word na die geskikste terrein vir die kwekery.
  • Die terrein moet redelik gelyk wees, goed gedreineer, met ’n permanente bron van water.
  • Die kwekery sal ook naby ’n bron van goeie grond of groeimedium moet wees.

Kliek om te vergroot!
  • Die kwekery moet goed beskut wees teen wind en nie te veel blootgestel wees aan hitte en ryp nie.
  • Die kwekeryterrein moet omhein wees om diere uit te hou.

Kliek om te vergroot!
  • In gebiede waar hael voorkom, moet die kwekery beskerm word deur nette, ogiesdraad, 

Kliek om te vergroot!

of horisontale latwerk.


Kliek om te vergroot!
Die groeimedium kan bestaan uit grond, verrotte saagsels, fyngemaakte dennenaalde, bas of grondboontjiedoppe. ’n Sanderige leemgrond met ’n ligte tekstuur en ’n redelike humusinhoud is baie geskik. Die grond moet verkieslik gesteriliseer word met metielbromied om van swamme, onkruide en insekte ontslae te raak.

Saad kan self versamel word, of vanaf die Departement Waterwese en Bosbou, Posbus 727, Pretoria, bestel word. Sekere saad moet behandel word om ontkieming te verseker. Saad met harde doppe, soos die Akasia spesies, moet eers in warm water, by ’n temperatuur net onder kookpunt, geweek word. Ander sade soos die akkersoorte moet so gou moontlik na rypwording gesaai word. Die vlesige deel van sade veroorsaak dikwels dat hulle nie ontkiem nie en moet eers verwyder word.


Kliek om te vergroot!
Ander redes waarom saad moontlik nie sal ontkiem nie, is dat die saad te veel of te min water kry, die grond nie klam genoeg is nie, of die saad is te diep gesaai. Sade kan op ’n diepte van ongeveer twee keer die deursnee daarvan gesaai word, dit wil sę nie meer as twee tot vyf millimeter onder die grond nie.

Die vraag is of ’n mens bome vanaf steggies kan kweek? Beslis ja. Steggies moet bó en ónder die boonste en onderste uitloopsel of ogie van die takkie, gesny word.

Wenke om siektes en peste in die kwekery te voorkom is die volgende:

  • Steriliseer die grond
  • Moenie die saad te dig opmekaar saai nie
  • Moenie die saailinge op die warmste tyd van die dag natmaak nie
  • Moenie die plante te veel water gee nie
  • Die grond moet goed gedreineer wees
  • Verwyder siek plante en vernietig dit
  • Vermy die gebruik van vars mis of kompos.

S Steyn
ELSENBURG / WES-KAAP bosbouvoorligting