home about contact us news
Inligtingstukke   |   Elsenburg infopaks   |   Diere, soorte: 1

Melkbokke Engels | Xhosa

Kliek om te vergroot!
Bokke is eeue gelede al aangehou vir die produksie van melk vir menslike gebruik. In vroeër jare, toe die mediese wetenskap nog nie so ver ontwikkel was nie, was bokmelk ’n erkende middel in die behandeling van spysverteringsmoeilikhede by ou mense en kinders, veral in die geval van maagswere by volwassenes en allergieë by kinders.

Bokmelk kom feitlik in alle opsigte ooreen met beesmelk, behalwe dat dit makliker verteerbaar is.


Kliek om te vergroot!
Die betreklik lae koste verbonde aan die onderhoud van die bok maak dit die aangewese dier waar ruimte en voer beperk is.

Kliek om te vergroot!
Die volgende is ongewenste bouvorm eienskappe waarvoor ’n boer moet oplet:
  • ’n ooi met ’n hol rug, holtes agter die blaaie, hase lêers en ’n hangkruis, 

Kliek om te vergroot!
  • vergroeide kloue, foutiewe bene, swak hakke en kote, asook 

Kliek om te vergroot!
  • oorvet of te maer ooie.

Ander eienskappe wat ongewens is, sluit in abnormale of afwesigheid van een of albei teelballe by ramme, dubbelspene en/of te groot of te klein spene by ooie.


Kliek om te vergroot!
Die volgende is ’n paar nuttige wenke by die aankoop van ’n melkbok:
  • Koop slegs diere wat afstam van hoë produseerders of wat self ook ’n hoë melkproduksie lewer.
  • Ondersoek die uier van die ooi deeglik om seker te maak dat dit nie harde plekke of klonte het nie. Harde klonte is gewoonlik ’n aanduiding dat die ooi op een of ander stadium uierontsteking gehad het - sy kan selfs nog ’n draer van die siekte wees. Moet ook nie ooie koop wat uitwendige swere of groeisels aan die uier of spene het nie.
  • Kyk goed na die uiervorm van die ooi. ’n Algemene en baie ongewenste fout by melkbokke is die sogenaamde hanguier. Ooie met sulke uiers doen maklik uierontsteking op en het gewoonlik ook ’n kort produksielewe.
  • Koop verkieslik jong ooie of ooie met rekords wat aandui dat hul gereeld gelam het.

Kliek om te vergroot!
Om ’n hoë melkproduksie oor ’n lang tydperk te verkry, is die volgende belangrik:
  • Laat die ooi opdroog minstens twee maande vóór sy weer moet lam.
  • Die melkbok is ’n herkouer met ’n spysverteringstelsel wat spesiaal ingerig is om groot  hoeveelhede ruvoer in te neem en te verteer. Ruvoer is noodsaaklik om die werking van die rumen gesond te hou. Dit dra ook deels by tot bottervetverhoging. Melkbokke lewer relatief meer melk per eenheid voer as koeie, en vereis daarom voer van besonder goeie gehalte.
  • Voer die ooi sodat sy ’n maksimum hoeveelheid voer per dag vreet. Ruvoer van goeie gehalte prikkel gewoonlik die eetlus, terwyl ’n swak gehalte, stokkerige, stowwerige voer asook ’n oormaat kragvoer die teenoorgestelde uitwerking het. As net een of twee bokke aangehou word, is dit beter om liewer minder kragvoer te voer en meer goeie ruvoer.
  • Volwasse bokke benodig sowat 3 kg voer per dag bestaande uit gelyke dele lusern en mielies, aangevul met ’n beenmeel : soutmengsel in ’n 60 : 40 verhouding per massa wat vrylik beskikbaar moet wees. Diere moet geleidelik op hierdie rantsoen aangepas word.
  • Skoon drinkwater moet altyd beskikbaar wees. Ooie in volle produksie drink meer as 20 liter water per dag. Drinkwater moet vrylik beskikbaar wees om maksimum melkproduksie te lewer. Die beskikbaarheid van drinkwater het baie te doen met die hoeveelheid melk wat ooie produseer. Vuil drinkwater in vuil bakke, met mis, hare en stof daarin is ongesond en word swak deur bokke gedrink.
  • Bokke moet twee keer per dag op vaste tye gemelk word.

ELSENBURG / OOS-KAAP voorligting