| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Diere, siektes: 5 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Lamsiekte kom wydverspreid in Suid-Afrika voor. Beeste, skape en bokke is vatbaar. Diere van enige ouderdom kan die siekte opdoen, maar dié met hoër voedingsvereistes soos dragtige ooie en speenlammers, is geneig om aas te vreet en kan die siekte dus makliker opdoen. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Ontbindende karkasmateriaal is n uitstekende groeimedium vir die kiem
Clostridium botulinum. Enkele gevaarlike situasies waar lamsiekte voorgekom het, is byvoorbeeld waar n kat in n hooimied ontbind het, rotte in lande uitgeroei is, of
n bobbejaankarkas in n reservoir vergaan het. Skilpadkarkasse is ook n algemene bron van swaar besmettings van die bakterie. Hoendermis kan n baie goeie bron van proteïene vir vee wees, maar dit hou n groot risiko van Lamsiekte in, aangesien dooie hoenders dikwels in die hoendermis beland.
Fosfaattekorte in sekere dele veroorsaak pika, of n honger na vreemde stowwe wat tot gevolg het dat vee dikwels ou bene in die veld vreet met noodlottige gevolge. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Soos die siekte vorder, loop die dier later styf en stokkerig en gaan gou lê. Spierswakheid tree eerste in en ontwikkel tot algemene verlamming. n Slap stert sonder enige tonus en n kakebeen wat maklik oopgemaak word, is tipiese simptome. Wanneer die tong uitgetrek word, bly dit dikwels buite hang. Aangesien die slukderm aagetas word, stik die dier maklik wanneer medisyne toegedien word. Die inhoud van die grootpens kan vir die toksien getoets word om die toestand te bevestig. |
![]() Kliek om te vergroot! |
As gevolg van die verlamming in die agterbene kan die dier mettertyd nie meer opstaan nie, bly lê en vrek uiteindelik. Die mortaliteit van Lamsiekte is baie hoog. Behandeling van die diere met antiserum is baie duur en nie altyd suksesvol nie. Voorkoming deur gereelde inenting met die goedkoop Lamsiekte entstof is een van die belangrikste aksies wat veeboere jaarliks moet doen. |
MP van Aardt
ELSENBURG / SPRINGBOK
veeartsenydienste