| Inligtingstukke | | | Elsenburg infopaks | | | Gewasse, ander: 12 |
![]() Kliek om te vergroot! |
Jojoba is n woestynbossie wat stadig groei, en sy saad bevat olie wat skynbaar besondere kommersiële belofte het. |
![]() Kliek om te vergroot! |
Jojobasaad bestaan vir byna 50% uit olie wat van gewone plantolie verskil. Dit toon belofte as smeerolie. Jojoba-olie derivate word in die vervaardiging van talle chemiese produkte gebruik. Kosmetiekmaatskappye gebruik die olie in son-, vel- en lipsorgprodukte. Dié meerjarige plante het diep wortels en leef lank, en kan saad in droë omgewings voortbring waar talle konvensionele gewasse nie kan oorleef nie. Dit is sterk, droogtebestand en kan ook die woestyn se hitte sonder veel water of skaduwee weerstaan. Jojobaplante is manlik of vroulik. Die blomme van die vroulike plante, wat die saad voortbring, is vir bestuiwing van die wind afhanklik. Een manlike plant teenoor elke vyf vroulike plante is genoeg. Die plant blom in die lente en die vrugte word in die herfs ryp. |
Plantasievestiging
Saai regstreeksGoed voorbereide grond kan vir regstreekse saai gebruik word, met dieselfde soort saaimasjiene as vir katoensaad. Die saad sal teen n temperatuur van tussen 25°C en 35°C in die lente goed ontkiem. Sowat 50% van die saad sal manlike plante voortbring. n Mens kan die saailinge in plastieksakke kweek en dan uitplant wanneer hulle sterk genoeg ontwikkel het.
Steggiesn Mens kan steggies vir voortplanting maak deur hitte toe te pas om die proses te verhaas. Steggies is duurder as saailinge, maar dit bring meer eenderse plante voort, en die geslag is bekend.
WeefselkwekingDit is ook n moontlikheid, maar die tegniek is betreklik duur, en meer gesofistikeerde vaardighede is nodig.
SpasiëringSpasiëring hang van die grootte van die volwasse plante af, maar sowat 1,000 plante per hektaar is waarskynlik n goeie gemiddelde.
Besproeiing
Vir normale produksie het jojoba minder water as die meeste bekende gewasse nodig, maar vir optimale produksie moet die plante meer as 400 mm kry. Na gelang van die grondtekstuur en die gehalte van die water kan besproeiingstelsels van oorstroming na mikrobesproeiing wissel.
Plae en siektes
Plae beskadig die plante gewoonlik nie, maar talle insekte is op die plante uitgeken.
Grond wat swak dreineer, kan wortelsiektes veroorsaak, en dus moet n mens vir die produksie van jojoba grond gebruik wat goed dreineer.
Hoewel diere miskien nie baie lief vir die jojoba-blare is nie, word tog aanbeveel dat die jojoba-landerye met heinings beskerm word.
![]() Kliek om te vergroot! |
Oes In sommige lande word meganiese oestegnieke toegepas, maar die nadeel is dat die sade nie almal terselfdertyd ryp word nie. Wanneer die saad vanself afval, is dit volwasse, ryp en reeds sonder dop. Die saad kan met die hand opgetel word. Dit is duur, maar in dié geval is die saad grootliks vry van vreemde materiaal. Daar is verskeie metodes om oes met die hand makliker en winsgewender te maak. |
Snoei
Snoei is nie baie belangrik nie, tensy n mens wil hê die struik met die saad moet op n hoogte dra wat meganiese oesmetodes vergemaklik.
Ekonomie
Die opbrengs kan van die een plant op die ander en van een jaar op die ander wissel, maar n gemiddelde van 1.8 kg saad per plant op 7 - 8 jaar lyk realisties, en die prys word op sowat R25 / kg geraam. Die plukkoste is waarskynlik die duurste deel van die produksiekoste. Bestuur speel in dié opsig n baie belangrike rol.
BFA Visser
ELSENBURG / KLEIN KAROO LOS