home about contact us news

Home: Information sheets

Inenting teen veesiektes

Also availabe in English | Xhosa

Elkeen van ons is kleintyd geënt teen siektes. Baie van ons dra nog die merke van die entteken op ons bo-arms. Dit is gedoen sodat ons liggaam weerstand kan opbou teen aansteeklike siektes soos pokkies.

By diere gebeur dieselfde ding. As ek my dier inent, bou sy liggaam weerstand op teen siektes soos besmetlike misgeboorte, knopvelsiekte, miltsiekte en lamsiekte. Ons stem dus saam dat diere ingeënt moet word. Met inenting moet ons egter die volgende onthou:



Lees asseblief die aanwysings op die entstofbottel baie goed. Moet nie ’n entstof na die vervaldatum gebruik nie. Dit het geen waarde nie en jy bluf net jouself.

Entstowwe kan gekoop word by landboukoöperasies of by privaat veeartse. Hulle sal jou ook raad gee oor watter entstowwe om te gebruik.

Onthou - saam met die gebruik van entstowwe gaan die boer se bestuur van sy diere. Dit beteken goeie voer en weiding, skoon water, ’n skoon melkplek en skoon stalle.

G Brand
ELSENBURG Veterinary Services