Water uit die woestyn

Droogte is geensins ’n vreemde verskynsel in Afrika nie, maar met erge droogtes kan innovasie die verskil tussen sink of swem beteken. Suid-Afrika kan gerus die voorbeeld van ander wêreldleiers in waterherwinning volg.

Teen dié tyd is die hele Wes-Kaap op hol oor die spoedig dalende damvlakke en moes jy letterlik die afgelope jaar onder ’n klip geleef het om nie te weet van die groeiende waterkrisis nie. Talle industrieë, waaronder die wynbedryf, is geweldig afhanklik van water en produksie word uiteraard kwaai deur droogtes geraak. Die afhanklikheid van oppervlakwater word onderstreep deur die situasie waarin die Wes-Kaap hom tans bevind en die soeke na alternatiewe waterbronne is noodsaaklik.

Sou ’n mens verder as bloot net Suid-Afrika kyk, is dit duidelik water geniet globale fokus. Tydens ’n aanbieding verlede jaar deur Tako van Croonenborgh van Nalco Water by Simei@drinktec in München, Duitsland, is daar talle onrusbarende stellings oor water gemaak. “Die Wêreld- Ekonomiese Forum het water as die grootste uitdaging vir die volgende dekade bestempel,” sê Tako. “Die huidige varswatervoorraad is onder toenemende druk weens bevolkingsgroei – teen 2050 sal die wêreldbevolking met 50% gegroei het. Oor die volgende twee dekades sal wateraanvraag die voorraad met 40% oorskry en teen 2030 sal 47% van die wêreldbevolking in gebiede met hoë waterstres bly.”


To Read more please visit Vinpro

Leave a Reply