NOG ‘N JAAR VAN EFFEKTIEWE BOERDERY DEUR SATELLIETDATA!

Die 2018-19 FruitLook seisoen is hier! Die Wes-Kaapse Departement van Landbou finansier weereens FruitLook hierdie seisoen, om boere in hul water- en produksiebestuur te help deur middel van intelligente satellietdata-produkte. Dit beteken dat boere weer voordeel kan trek uit FruitLook teen geen koste nie!

FruitLook gebruik die nuutste satelliet-gebaseerde tegnologie om produsente te help om plante se groei en watergebruik akkuraat te monitor en te bestuur. FruitLook bied gewasgroei en werklike watergebruiksinligting, toon hoe doeltreffend die watergebruik is en of enige plantstres (ET tekort) voorgekom het. Terugvoer van produsente dui daarop dat FruitLook ‘n uiters waardevolle hulpmiddel is om ‘n oorsig te gee van die gewaswater gebruik en vereistes op blokvlak. In ‘n vraelys wat in 2018 gesirkuleer is, het 71 van die 100 respondente aangedui dat die gebruik van FruitLook hul waterbestuur verbeter het.

Gedurende 2017-18 het FruitLook 776 gebruikers ondersteun om 16 507 blokke en 53 049 hektaar te bestuur. Die omvang en impak van FruitLook is uniek wêreldwyd. FruitLook verskaf inligting vir alle groot produksiegebiede in die Wes-Kaap. Van Vredendal tot Hermanus en Stellenbosch tot Langkloof.

Wat is nuut in 2018-19? Gedurende die 2018-19 seisoen sal FruitLook data verskaf vir ‘n volle 12 maande tydperk: vanaf Augustus 2018 tot Julie 2019 op ‘n weeklikse basis. Met hierdie verandering ondersteun FruitLook dus nou al die landboubedrywe van die Wes-Kaap!

Aansienlike reënval gedurende die afgelope winter in baie streke het gelei tot ‘n groot verbetering in damvlakke en waterbeskikbaarheid. Maar die doeltreffende gebruik van water sal vanjaar ‘n belangrike komponent van volhoubare en verantwoordelike (besproeide) boerdery in die Wes-Kaap bly. FruitLook, tesame met verskeie ander hulpmiddels, sal weereens dien as ‘n kragtige instrument is om boere te help om watergebruik en algemene boerdery doeltreffendheid te optimaliseer. Nou en in die toekoms!

Wil jy meer leer? ‘n Praktiese opleidingsessie word aanbeveel vir die optimale gebruik van FruitLook. Opleidingsessies word elke tweede week by Elsenburg aangebied, terwyl streeks opleidingsessies op versoek aangebied word. Tydens hierdie sessies het gebruikers die geleentheid om ‘n bekende blok deur die FruitLook-lens te bekyk en ‘n beter begrip te kry van wat deur FruitLook sigbaar is. FruitLook TechCoaches is gevestig in die Wes-Kaap en is beskikbaar vir algemene navrae, plaashulp of enige verduideliking oor die data.

Maak gerus kontak met FruitLook via info@fruitlook.co.za of +27 (0) 74 322 6574. Die FruitLook webwerf kan besoek word via www.fruitlook.co.za.